Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 12 Augustus 2004 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Mnr Vermaak open die vergadering met gebed. Die Voor­sitter verwelkom elkeen teenwoordig, veral die nuwe lede, naamlik Me Swanepoel (DLWK), Mnre G van Coller (DLWK), K van Niekerk (MKB), C Bester (GSA), S Mbambo (Bokomo).

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr M Griessel PNS
    Dr J de Kock PNS
    Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap
    Mnr L Killian PNS Oos-Kaap
    Mnr CL Grimbeek PNS SWD
    Dr T Brand DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Me M Kellerman DLWK
    Mnr D Hanekom DLWK
    Mnr G van Coller DLWK
    Mnr HA Cerfonteyn DLWK
    Mnr C van Rooyen DLWK Caledon
    Mnr W Hofmann DLWK Vredendal
    Dr JM Laubscher DLWK
    Mnr J Bruwer SSK
    Mnr P Laubscher BNK
    Mnr K van Niekerk MKB
    Mnr K Schonken GSA
    Mnr C Bester GSA
    Mnr N Vermaak GSA
    Mnr S Mbambo Bokomo
    Mnr J Loubser Bokomo
    Mnr L Swartz Swartland Oliepers
    Mnr P Fouché Advanta
    Mnr J Kellerman Agricol
    Mnr C Cumming AVCASA
    Prof A Agenbag US
    Dr A Nel LNR-IGG
    Me L van Zyl Agri Wes-Kaap / sekreta­rieël

    Verskonings

    Mnr C van der Merwe MKB
    Mnr J Truter WPK
    Mnr G Conradie DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr H de Wet DLWK
    Mnr HF Hugo DLWK (Ekonomie)
    Mnr M Wallace DLWK (GIS)
    Dr M Hardy DLWK
    Dr I Trautmann DLWK
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Dr N Kotzé Agricol
    Mnr L Wille Agricol
    Mnr N Murray Murray Voere
    Mnr K Becker SOILL
    Mnr H Kotzé Bokomo
    Mnr D van Papendorp CBK
    Mnr W Voigt DLWK George
  3. Personalia

    Neem kennis en besluit dat die hoof van die Elsenburg restaurant beterskap na sy hart-omleidings operasie toegewens word.

    Neem verder kennis dat mnr G van Coller se dienste na herstrukturering van DLWK as plantpatoloog op Elsenburg beskikbaar is, en hy ook by die Swartstam navorsing betrek sal word.

  4. Vasstelling van die sakelys

    • 9.3.1.4Voorkoms van witroes op canola in Riversdal omgewing.
  5. Goedkeuring van die vorige notule

    Die notule van die vergadering gehou op 9 Junie 2005 is goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënvalstreek

      1. Canola

        Swartland

        Moorreesburg omgewing het goeie reën gehad, dit was egter laat. Die aanplantings lyk goed, maar kort nog reën later in die seisoen om die agterstand te oorbrug. Toestande in Porterville en WPK areas is goed, maar ook laat. Piketberg area het baie min reën gehad.

        Dit word rapporteer dat probleme met onkruid / raaigras tussen canolaplante ondervind word. Gedurende die langer tye wat geen reën val nie, kan die onkruide makliker oorleef, terwyl die gewasse swaarkry. Dit blyk dat afgesien van droogte toestande, onkruid se weerstand teen middels ook toeneem.

        Suid-Kaap

        Afgesien van Mei maand wat te droog was, het dit goed gereën – egter nie oral ewe veel en nog reën sal verwelkom word. Die plantestand lyk goed, maar in sekere areas is luise / insekte skade aangemeld. Weens onsekerheid gedurende Mei, het produsente glad nie of te laat die regte pes en plaagbeheeer toegepas. In sekere dele ly plante skade as gevolg van vogstres. In Riversdal area is witroes aangemeld.

        BNK / CRK het geringe windskade gehad.

        Suidwestelike Distrikte

        In George / Mosselbaai area is dit droog, sodanig dat onkruiddoders nie effektief werk nie.

        Oos-Kaap

        Baie min reën gehad, proefaanplantings kry swaar.

      2. Lupiene

        Swartland

        Min lupiene geplant, hoofsaaklik weens laat reën. Dit blyk dat produsente neig om meer bitterlupiene te plant, wat gewoonlik in droë grond gesaai word. Die beskikbaarheid van soetlupiensaad raak soms 'n probleem.

        Suid-Kaap

        Min lupiene geplant, maar plante lyk goed. Toestande in planttyd en vir onkruid beheer was goed.

        Suidwestelike Distrikte

        Nie baie geplant nie, aanplantings lyk goed, geringe rypskade in Julie aangemeld. Opbrengs sal laer wees as gevolg van droër toestande.

        Oos-Kaap

        Proefaanplantings gemaak.

    2. Somerreënvalstreek

      1. Canola

        Aanplantings kom sporadies voor (Lichtenburg / Prieska / Vrystaat), ongeveer 200+ha, waarvan 50ha op droëland geplant is. Volgens die saadmaatskappye is daar minder canola geplant as wat beoog was.

    3. Oesskatting

      Neem kennis dat daar volgens die Nasionale Oesskat­tingskomitee 46 000ha canola en 8 000ha soetlupiene aangeplant is.

      Produsente en landboubesighede rapporteer die volgende aanplantings:

      Canola
      MKB   3 100ha
      WPK   7 700ha (kuilvoer ingesluit)
      Boland Agri   1 700ha
      SSK 15 500ha
      BNK   7 000ha
      CRK   9 800ha
      Tuinroete Agri   1 500ha (weiding)
      Noorde      200+ha
      Totaal 46 500ha

      Soet lupiene
      MKB   2 200ha
      WPK      900ha
      Boland Agri      300ha
      SSK      250ha
      BNK      200ha
      CRK   2 600ha +
      Tuinroete      400ha
      Totaal   6 850ha
    4. Prysvooruitskatting en internasionale mark­inligting

      Dr Griessel rapporteer dat die gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) (geland in Kaapstad) na R1 821 per ton verminder het, dit wil sê het met R362 / ton verminder in 2 maande sedert vorige vergadering.

      Die belangrikste redes vir die daling kan waarskynlik aan die versterking van die Rand teenoor Dollar toegeskryf word, naamlik van R6.44 in Junie tot R6.10 op 10 Augustus 2004. 'n Verdere rede is die uitstekende oesvooruitsigte in beide VSA en Suid-Amerika, naamlik:

      VSA (2004/2005) 78,7 miljoen ton (11,95m ton meer)
      Argentinië 36,8 miljoen ton (4,6m ton meer)
      Brazilië 61,0 miljoen ton (10,8m ton meer)

      Die eindvoorraad vir 2004/2005 word geskat op 49,14m ton teenoor 39,89m ton die vorige jaar. Die totale wêreldproduksie vir 2004/2005 word op 215,35m ton geraam, dus 29,03m ton meer as 2003/2004. Die wêreldverbruik word op 206,1m ton geraam wat net 12,6m ton meer is as die vorige jaar.

      Die gemiddelde gelande prys vir sojaboon-oliekoek vir verskeping oor die volgende 12 maande is R1 821 / ton – wisselkoers op 10 Augustus = R6.10

      1. Canola

        Die afgeleide waarde vir volvet canola is soos volg:

        Pluimvee (94%) R1 712
        Varke (100%) R1 821
        Suiwel (58%) R1 056

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is as volg:

        Pluimvee (53%) R   965
        Varke (65%) R1 184
        Suiwel (60%) R1 093
      2. Lupiene

        Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg:

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 366
        R1 457
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R   965
        R   947
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R1 147
        R1 329
    5. COMBUDS – canola

      1. Aanpassing van kostegids

        Neem kennis en besluit dat Me Swanepoel via die DLWK ekonome (Dr Troskie en Mnr Hugo) sal vasstel wat die stand van sake is ten opsigte van die aanpassings van die kostes van implemente in die kostegids. Aanpassings ten opsigte van die volgende is veral noodsaaklik: trekker-ure, stroper-ure, minimum bewerking, planters en platsnyers.

        Terugvoering word afgewag.

        Me Swanepoel

      2. Finalisering van combuds vir canola

        Neem kennis en besluit dat Me Swanepoel via die DLWK ekonome sal vasstel wat die stand is ten opsigte van die combud vir canola wat in die proses van finalisering was en aan die Werkgroep sal terugrapporteer.

        Me Swanepoel

    6. Produksie area kaarte-inligting

      Neem kennis dat mnr Wallace die data van die ekonome moet gebruik om die produksie area kaarte te finaliseer. Die inligting vanaf die ekonome is nog uitstaande en daarom kan die kaarte nog nie finaliseer word nie.

      Besluit dat Me Swanepoel versoek word om via die DLWK ekonome vas te stel wat die stand van sake is ten opsigte van die produksie area kaarte, veral ten opsigte van canola en dat dit aan die Werkgroep rapporteer word.

      Me Swanepoel

    7. Stoppelbestuur van canola / swartstam

      Sien punt 7.5

  7. Navorsing

    1. Canola

      1. Nasionale cultivarproewe en chemiese ont­ledings

        1. Resultate vir 2003 chemiese ontledings

          Neem kennis van die inligting insake olie-inhoud en TRP-inhoud van canola cultivars nadat die 2003 proewe evalueer is – soos tydens die vergadering voorsien.

          Neem kennis dat mnr Hanekom sy kommer uitspreek om die olie-inhoud minder is as wat in Australië en by plaaslike produsente realiseer word. Hy vermoed dat die feit dat die proewe met nette bedek word, moontlik 'n rol kan speel.

          In die somersaaigebiede onder besproeiing, sonder nette, word 'n olie-inhoud van 31 tot 45% realiseer. In droogte toestande en wanneer temperature bo normaal is, word die olie-vormingsproses negatief beïnvloed. Canola uit die Swartland se olie-inhoud sal normaalweg laer wees omdat die temperature daar tydens die olie-vormingsproses normaalweg hoër is as in die Suid-Kaap.

          Die uitslag van die Kynoch stikstofbestuursproewe behoort ook 'n aanduiding van faktore wat 'n rol speel, te gee. Tog word daar vermoed dat plantdatum en klimaatstoestande 'n groter rol as stikstofbemesting speel.

          Die DLWK laboratorium wat die ontledings doen, gebruik die Australiese metode en ontleed ook die canola wat vir die super canola kompetisie ontleed word

          Besluit dat

          • Mnr Hanekom tydens die volgende seisoen die olie-inhoud van die kantrye wat nie onder nette bedek is nie, apart sal ontleed;
          • Mnr Hanekom tydens die volgende seisoen ook die klimaatsdata en vordering van plante sal byhou en probeer bepaal hoe dit met die olie-inhoud verband kan hou;
          • daar ook by SOILL vasgestel word wat hulle ervaring ten opsigte van die olie-inhoud van die canola wat deur hulle verwerk word, is; en
          • Mnr Hanekom uit die beskikbare literatuur sal probeer vasstel watter faktore 'n rol by olie-vorming speel en aan die Werkgroep terugvoering sal gee.

          Mnr Hanekom

        2. Cultivarproewe vir 2004

          Mnr Hanekom rapporteer oor 2004 aanplantings en probleme wat ondervind is, byvoorbeeld dat sekere lande oorgeplant moes word, weens 'n foutiewe planter. Die vogtoestande het teen daardie tyd reeds baie afgeneem (Caledon). In die Swartland moes ook proewe afgeskryf word weens die reën wat te laat was en ander probleme wat opgeduik het. Proewe wat nog voortgaan, sal in September deur Werkgroeplede besigtig kan word.

          Mnr Hanekom

      2. Bemesting

        1. Terugvoering van Bemestingstaakspan

          Dr De Kock rapporteer dat die proewe aangeplant is soos beplan en vordering deurlopend rapporteer sal word. Die Taakspan sal ook 'n beskrywing van die projekte aan die Werkgroep beskikbaar stel.

          Dr De Kock

          Neem kennis dat mnr Hanekom (DLWK) se projek insake stikstof X plantdatum reeds in 2004 'n aanvang geneem het en terugvoering gegee sal word.

          Mnr Hanekom

          Neem verder kennis van die inligting soos deur Dr Hardy voorsien, naamlik "Yield and quality of canola as affected by cultivar and nitrogen content – a preliminary study".

          Besluit dat die inligting ook via die Canolafokus versprei sal word.

          Sien punt 8.1.2

          Redaksie

        2. Stikstofbemestingsprojek – somerreënvalstreke

          Neem kennis dat Dr Nel se proewe in die somer­reënvalstreke aangeplant is en waarnemings gemaak word. Besluit dat vordering rapporteer sal word, soos dit beskikbaar raak.

          Dr Nel

      3. Besigheidsplan vir Canola

        Neem kennis dat geen vordering rapporteer kan word nie en dit afgewag word.

        Dr De Kock

      4. Terugvoering oor THRIP fondse

        Neem kennis dat die Universiteit en PNS op 20 Augustus 'n afspraak met die THRIP bestuur het om oor die redes van afkeuring van die US projek te besin. Besluit dat terugvoering by 'n volgende vergadering gegee sal word.

        Prof Agenbag

      5. Inligting in verband met saadbehandeling teen swamme en insekte – terugvoering

        Neem kennis dat Dr Lamprecht rapporteer dat die effek van behandeling van canola saad met Cruiser en die SA-kombinasie op saailingafsterf, veroorsaak deur verskil­lende grondgedraagde patogene, in 'n groeikamer ondersoek is. Half, vol en dubbel dosisse van die middels is getoets teen agt patogene swamme, geïsoleer uit canola saailinge met simptome van saailingafsterf. Data word tans ontleed, maar dit is duidelik dat beide middels betekenisvolle beskerming bied teen die patogene waarteen getoets is. Dit wil egter voorkom asof die effektiwiteit van die middels teen sekere patogene verskil.

        Prof Agenbag verskaf verdere inligting oor veldevaluasies van saadbehandelings. In die proewe is die vergelykings van Cruiser en SA kombinasie met die oog op moontlike registrasie van die middels ondersoek. Daar kan nog nie 'n beduidende verskil waargeneem word nie, maar met die oog op registrasie, sal verdere werk nodig wees (volgens vereiste is 3 jaar se werk op verskillende lokaliteite nodig). Die veldproewe word dus vanjaar herhaal.

        Besluit dat vordering insake saadbehandeling aan die einde van die seisoen beskikbaar sal wees.

        Prof Agenbag
        Dr Lamprecht

        1. Vennootskappe in navorsingswerk met die oog op registrasie van chemiese middels

          Neem kennis dat die gesprekke met Agricol en Advanta insake ondersteuning van navorsingswerk om saad­behandel­ingsmiddels vir Suid-Afrika te registreer, afge­handel is en die gesprek met Pioneer vir 17 Augustus 2004 gereël is. Die saadbehandeling van lupiene sal by die gesprekke ingesluit word.

          Besluit dat Dr De Kock by die volgende vergadering oor die gesprek met Pioneer sal rapporteer.

          Dr De Kock

          Daar word verder rapporteer dat die gesprek tussen PNS en AVCASA insake die ondersteuning vanaf chemiese maatskappye, op 12 Augustus na afloop van hierdie vergadering sal plaasvind en besluit dat vordering oor die gesprek met AVCASA tydens die volgende vergadering rapporteer sal word.

          Voorsitter

    2. Lupiene

      1. Nasionale cultivarproewe en chemiese ont­ledings

        1. Resultate vir 2003 chemiese ontledings

          Neem kennis dat die resultate van die TRP-inhoud en Olie-inhoud van lupien cultivars wat gedurende 2003 seisoen ontleed is, aan lede beskikbaar gestel word. Die ontledings is volgens die vereistes waarvolgens voermaatskappye dit verkies (nat basis) bereken, maar behoort hoër te wees indien dit na droë materiaal basis verwerk sou word.

          Besluit dat Mnr Hanekom in die vervolg die resultate van die chemiese ontledings vir lupiene volgens nat en droë materiaal basis aan die Werkgroep beskikbaar sal stel.

          Mnr Hanekom

        2. Cultivarproewe vir 2004

          Mnr Hanekom rapporteer oor proefaanplantings en probleme wat ondervind is, byvoorbeeldskade deur nag­muise by Swellendam en skade deur takbokke by Heidelberg. Eendekuil en Caledon proewe kan ook nie gebruik word nie weens laat reën en ander probleme.

          Neem kennis dat die Werkgroep lede gedurende September geleentheid sal hê om die proefaanplantings te besigtig en terugvoering te gee.

          Mnr Hanekom

      2. Wisselbouprojek in die Suid-Kaap / insluiting van ekonomiese data

        Neem kennis van Bylae D insake "The biofumigation potential of Brassica spp. in particular canola, for the control of nematodes".

        Neem kennis dat die DLWK versoek is om in oorleg met die ekonomiese afdeling oor die moontlike insluiting van die ekonomiese data verkry uit die wisselbou projek in die Suid-Kaap (dr Hardy) te besin. Die laer risiko voordeel van 'n wisselbou stelsel wat canola insluit, moet by die berekeninge ingesluit word. Dr Nel het inligting aan mnr Hugo (DLWK ekonoom) voorsien.

        Besluit dat die DLWK versoek word om oor die insluiting van ekonomiese data verkry uit die wisslbouprojek terug­voering te gee sodra dit met behulp van die DLWK ekonome uitgeklaar is. (Mnr Joubert (PNS) kan behulp­saam wees, sien notule 15 April 2004.)

        Me Swanepoel
        Dr Hardy

      3. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene

        Dr Lamprecht rapporteer dat saadbehandeling van lupiene met 'n kombinasie van thiram en dimetoaat teen verskillende konsentrasies by drie lokaliteite, naamlik Elsenburg, Kromme Rhee en Tygerhek getoets word. Planttellings en isolasies uit saailinge is op 3 en 6 weke gedoen. Verdere tellings en monitering sal net voor oes gedoen word resultate en sal aan die einde van die groeiseisoen beskikbaar wees.

        Neem verder kennis dat saadbehandeling op lupiene by die gesprekke met saad maatskappye en AVCASA insake moontlike registrasie van saadbehandelings middels, ingesluit word.

        Besluit dat vordering met saadbehandelingsproewe van lupiene afgewag word.

        Dr Lamprecht

    3. Saadbehandeling teen swamme en insekte

      Verskuif na 7.1.5

    4. Weerstandbiedendheid: raaigras

      Neem kennis dat DLWK (Mnr Ferreira) reeds chemiese middels teen raaigras getoets en die projek afgehandel het en huidig besig is met 'n projek oor die allelopatiese potensiaal van raaigras en belangrike wisselbougewasse in die winterreënvalstreek.

      Vorderingsverslae word teen September voorgelê.

      Verder word daar ook aan US deur Prof Cairns en Dr Pieterse werk op weerstand-biedendheid en weerstand­bestuur gedoen. AVCASA se werkgroep HRAC (Herbicide Resistance Action Committee) gee ook hieraan aandag.

      Besluit dat

      • daar tydens die volgende PNS Werkgroepvergadering op 1 Desember 2004 van 10:00 tot 11:00 tyd afgestaan word aan terugvoering oor alle werk wat reeds oor raaigras en weerstandbiedendheid van onkruid gedoen is of gedoen word;
      • die volgende instansies genooi word om verslag te doen, naamlik Departement Landbou Wes-Kaap, Universiteit Stellenbosch en AVCASA se HRAC Werkgroep;
      • die PNS na aanleiding daarvan kan besluit of daar verdere behoefte aan navorsing op onkruidweerstand­biedendheid bestaan en hoe dit akkommodeer moet word; en
      • die DLWK verdere inligting oor enige ander navorsing wat met DLWK of ander finansiering op canola gedoen word, ter inligting van die PNS Werkgroep sal voorsien.

      PNS Kantoor
      Me Swanepoel
      Mnr Cumming

    5. Pes- en plaagbeheer

      1. Stoppelbestuur van canola / swartstam

        Neem kennis dat

        • daar na afloop van die oes volledig verslag oor die huidige Swartstamprojek (Langgewens en Tygerhoek) gedoen sal word; en
        • mnr Van Coller (plantpatoloog) deur DLWK by die Swartstamprojekte betrek word en besig is om 'n literatuurstudie oor die stand van Swartstamnavorsing te doen en die Departement beoog om na aanleiding daarvan 'n oorkoepelende projek met onderafdelings te beplan.

        Besluit dat die verslag van die werk oor Swartstam afgewag word.

        Me Swanepoel

      2. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke

        Neem kennis van die Slakwerkgroep se notule van 8 Junie 2004 soos aan lede voorsien is en verdere verslag wat deur dr Lamprecht voorsien is, naamlik

        • die beoogde literatuurstudie sal waarskynlik gedoen word deur Dr Tribe (LNR-NIPB) en hy beoog om dit teen November 2004 beskikbaar te stel;
        • 'n vraelys word deur die Slakwerkgroep onder produsente versprei waarvolgens vasgestel kan word of daar enige verwantskappe tussen praktyke deur produsente en probleme met swak vestiging sou wees.

        Na aanleiding van 'n besoek deur die Slakwerkgroep aan canola en lupienlande in die Caledon distrik gedurende Julie, was dit duidelik uit ontledings van grond, plant en insekmonsters dat grondgedraagde patogene wel 'n rol in swak vestiging van die gewasse speel en kan bydra tot verliese indien toestande vir die patogene gunstig sou wees. Dit wil ook voorkom of Isopoda en slakke grotendeels die oorsaak is van swak vestiging (insekskade op saailinge) in die aanplantings wat besoek is.

        Dr Laubscher rapporteer verder dat daar nie nuwe probleme by die proewe (Roodebloem) identifiseer is nie en dat daar vir die huidige nog nie verdere mening omtrent die bestuurstrategieë teen probleem-organismes tydens vestiging van canola, gevorm kan word nie. Op die oomblik word die diversiteit op grondvlak en identifiseerde probleme gemonitor en geboekstaaf.

        Daar word ook verwys na die inligting wat op Internet beskikbaar is en die artikel wat in die September 2003 uitgawe van die Canolafokus (Bladsy 10/11) verskyn het.

        Neem kennis dat middels wat gebruik word, vir slakke registreer is en nie vir 'n spesifieke gewas nie en dus vir canola gebruik kan word.

        Besluit dat

        • vordering na aanleiding van bevindings deur die Slakwerkgroep deurlopend rapporteer sal word; en

          Dr Lamprecht
          Dr Laubscher

        • >die lesing wat deur mnr R Bosch (Bayer) tydens die CBK Boeredag gelewer is, ter inligting in die Canolafokus publiseer moet word en die riglyne soos deur mnr C van Rooyen (DLWK) formuleer ook vir publikasie gebruik kan word (mnr van Rooyen en Dr Laubscher sal redaksie behulpsaam wees). Sien ook 8.1.2

        Redaksie

      3. Voorkoms van witroes op canola in Riversdal omgewing

        Neem kennis dat CBK rapporteer dat witroes op canola (cultivars 44C73 en 44C75 van Pioneer) in die Riversdal area aangemeld is.

        Dit word genoem dat canola lande wat naby groente besproeiingsgebiede waar kool en broccoli verbou word, geleë is, meer vatbaar vir witroes blyk te wees.

        Besluit dat

        • Mnr Hanekom die kwessie van witroes op canola met Pioneer se plaaslike verteenwoordiger sal opvolg;
        • Dr De Kock dit ook tydens sy gesprek met Pioneer (Mnr W Engelbrecht) op 17 Augustus sal aanspreek en terugvoering gee; en
        • DLWK (Me Swanepoel en Mnr Hanekom) versoek word om vas te stel watter inligting insake witroes op canola beskikbaar sou wees en aan die Werkgroep sal rapporteer.

        Me Swanepoel
        Mnr Hanekom
        Dr De Kock

  8. Tegnologie-oordrag

    1. Canolafokus

      1. Verspreiding van nuusbriewe

        Neem kennis en besluit dat daar by die status quo ten opsigte van die verspreiding van die Canolafokus en Lupino via die landboubesighede aan produsente, volstaan word.

      2. Artikels vir publikasie

        Besluit dat

        • die volgende uitgawe in September verskyn en die artikel van Dr Hardy insake die stikstofproef by Tygerhoek, asook 'n artikel deur Advanta sal bevat;
        • die lys van Navorsingsprojekte wat tans deur PNS op canola en lupiene gedoen word, in die Maart 2005 uitgawes van Canolafokus en Lupino publiseer sal word (Mnr Agenbag sal administratief met PNS kantoor opvolg);
        • daar na aanleiding van die gesprek met AVCASA ook oor die probleme as gevolg van die gebrek aan saadbehandeling verslag gedoen moet word;
        • die riglyne vir produsente insake die beheer van slakke verkieslik in die September uitgawe geplaas moet word (los bladsy invoeg indien nodig). Gebruik lesing van Mnr Bosch en samevatting van riglyne deur mnr Van Rooyen (Punt 7.5.2);
        • die betrokke artikels ook vir publikasie in SA Graan voorsien sal word; en
        • terugvoering oor die 2004 cultivarproewe in die Januarie uitgawes van onderskeidelik Canolafokus en Lupino sal verskyn.

        Redaksie

      3. Beskikbaarstelling van PNS-markinligting op PNS webtuiste

        Neem kennis dat die PNS Tegnologiekomitee by 'n volgende vergadering sal oorweeg tot watter mate markinligting op die PNS webblad verskaf kan word.

        Besluit dat terugvoering insake markinligting op die PNS webblad afgewag word.

        Voorsitter

      4. Sien punt 8.1.2
      5. Sien punt 8.1.2
    2. Lupino

      Neem kennis dat die volgende uitgawe in September verskyn en 'n artikel deur Dr Hardy insake lupiene in die Suid-Kaap wisselbouprojek sal insluit.

      Redaksie

    3. Inligtingsdae 2004

      Neem kennis dat goeie terugvoering oor die volgende geleenthede gegee word, naamlik:

      KKOV na-plant inligtingsdae en CBK Boeredag

      Neem verder kennis van die volgende inligtingsdae:

      1 en 2 September 2004 Besigtiging van cultivar­proewe (reëlings volg binne­kort)
      1 en 2 September 2004 BNK Megadag
      7 September 2004 SKOG dag
      9 September 2004 Proefinligtingsdag BNK
      14-16 September Grondgedraagde siekte simposium
      16 September 2004 CRK Boeredag
      21 September 2004 Inligtingsdag Riversdal
      30 November 2004 PNS Tienjaar-herdenking: Spier
    4. Supercanolakompetisie – verslag

      Afgehandel tydens die vorige vergadering.

    5. Weervooruitskatting

      Neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg en dat mnr Cerfonteyn verdere toeligting oor die verwagtinge vir die volgende maande verskaf.

      Mnr Cerfonteyn

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Prysvasstellingsprosedure

        Neem kennis dat GSA op versoek van die CBK in die proses is om 'n meganisme waarvolgens die binnelandse produ­senteprys vir canola "evalueer" kan word, te ontwikkel. Die doel is om te toets of die prys in die markplek die regte prys vir 'n gegewe tyd is en of die prys die volhoubare produksie van 'n gewas ondersteun. GSA sal verder poog om produsente omtrent die faktore wat pryse beïnvloed in te lig.

        'n Werkgroep is aangestel uit die rolspelers betrokke om aan die saak aandag te gee en die PNS Werkgroep word genooi om 'n verteenwoordiger (verkieslik Dr Griessel) op die CBK Prysvasstellingswerkgroep te benoem. Daar sal direk met Dr Griessel geskakel word wanneer vergaderings gereël word.

      2. Statutêre Graderingsregulasies – vordering

        Die Werksdokument insake moontlike graderingsregulasie vir canola – soos opgestel deur die CBK Graderings­werkgroep, is vir kommentaar aan lede van die PNS Werkgroep voorsien. Lede word daarop gewys dat die "gradering" reeds tot 'n mate nie-amptelik so toegepas word, dat CBK versoek dat die informele riglyne in amptelike regulasies vervat word. Die werksdokument sal tydens die komende leweringseisoen in die praktyk evalueer en getoets word, waarna alle kommentare / praktiese haakplekke weer deur die Graderingswerkgroep oorweeg en in 'n volgende konsepdokument saamgevat sal word. Die finale konsep sal weer aan rolspelers vir kommentaar voorgelê word, voordat dit finaliseer en vir implementering oorweeg kan word. GSA dra hulle dank vir die verteenwoordigers uit die bedryf (Graderingswerk­groep) se bydrae tot die werksaamhede tot op datum, oor.

        Besluit dat

        • lede van die PNS Werkgroep voor einde November skriftelike kommentaar op die konsepdokument aan die PNS Kantoor, met 'n afskrif aan die GSA Kantoor (wat die administrasie van die dokument namens CBK behartig), sal deurstuur (byvoorbeeld insake praktiese monsterneming, benamings / interpretasie van naak­slakke en dopslakke ter sprake, bepaling van uitloopskade); en
        • die PNS lede se kommentaar op die Werksdokument deur die PNS kantoor saamgevat sal word en via die volgende PNS Werkgroepvergadering as gekonsoli­deerde PNS standpunt aan die Graderingswerkgroep deurgestuur sal word.

        Alle lede
        PNS kantoor

    2. Mark – Lupiene

      Neem kennis dat geen nuwe inligting rapporteer word nie.

    3. Produsente – Canola

      1. Pes- en plaagbeheer

        Sien punt 7.5

        1. Swartstam

          Sien punt 7.5.1

        2. Bogrondse insekte en plae / slakke

          Sien punt 7.5.2

        3. Publikasie oor lokaas vir slakke

          Sien punt 8.1.2

        4. Voorkoms van witroes by canola in Riversdal omgewing

          Sien punt 7.5.3

      2. Plantmetodes vir beter vestiging van canola

        Neem kennis dat die saak (rywydtes en plantdigthede van grane) aandag geniet en besluit dat waarnemings aan die einde van die seisoen rapporteer sal word en die beoogde publikasie oor die onderwerp afgewag word.

        Prof A Agenbag

    4. Produsente – Lupiene

      1. Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betrou­baarheidstoets

        Neem kennis en besluit dat daar gepoog word om voor Desember duidelikheid omtrent 'n laboratorium wat die gestandardiseerde toets ten opsigte van alkaloïed-vlakke kan doen, te hê en terugvoering aan die Werkgroep gegee sal word.

        Dr Griessel
        Dr Brand

      2. Vordering oor die gebruik van bitter lupiene in volstruisvoeding

        Neem kennis van die inligting soos deur Dr Brand verskaf insake "Preference of different types of lupins by ostriches" asook die verslag van waarnemings nadat die diere geslag is. Sover kon geen skade vasgestel word of enige alkaloïed-invloed op die karkasse identifiseer word nie. Die inligting sal waarskynlik in die Landbouweekblad publiseer word.

        Besluit dat die studie as afgehandel beskou word en dit aan voermaatskappye of volstruisprodusente (self­mengers) oorgelaat word om oor die gebruik daarvan te besluit.

        Besluit verder dat die PNS Raad oor moontlike betrokkenheid by ontwikkeling van bitterlupiene sal besin en terug rapporteer.

        Voorsitter

  10. Saad

    1. Canola

      Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

    2. Lupiene

      Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

  11. Ander sake

    1. "Blackleg resistance breakdown"

      Neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg.

    2. "Canola production in the USA"

      Neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg.

  12. Datum van volgende vergadering

    Neem kennis dat PNS op 30 November 2003 om 18:00 by Spier Hotel, Stellenbosch 'n geselligheid ter viering van hulle tiende bestaansjaar aanbied. Alle lede van die werkgroep en hul gades word genooi om hierdie funksie by te woon.

    Besluit dat die datum van die Desembervergadering na 1 Desember 2004 om 09:00 verskuif word.

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank vir elkeen teenwoordig afgesluit en verdaag.