- 7 DESEMBER 2004
- 6 OKTOBER 2006
- 5 AUGUSTUS 2004
- 4 MEI 2004
- 2 MAART 2004
- 27 JANUARIE 2004
Notule
Sojawerkgroepvergadering
gehou om 10h00 op 6 Oktober 2004 in die PNS-Raadsaal te Rivonia
Opening
Die vergadering word deur mnr Vermaak met gebed geopen.
Verwelkoming
Die Voorsitter, mnr GJH Scholtemeijer, heet almal hartlik welkom.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Dr M Griessel PNS Mnr WF van Wyk PNS-Kontrakteur Mnr CL Grimbeek PNS-Kontrakteur Mnr E Maree PNS-Kontrakteur Mnr FAS Potgieter Graan SA Mnr AJ Pretorius LNR-IGG Mnr H Agenbag PNS-Kontrakteur Mnr KF Lawrance Dept Landbou- en Omgewingsake, KZN Mnr ID Lamprecht Dept Landbou en Grond-administrasie, Mpumalanga Mnr GW Bührman GW Bührmann Saad Mnr JC Lubbe Agriocare Mnr NJ Vermaak Graan SA Mnr N Hawkins Graan SA Mnr CJ du Plessis PNS Mnr AJ van Vuuren NWK Beperk Mnr G Keun OPOT Mnr N Fouché Sekretariaat Verskonings
Mnr C Havenga Agriocare Dr BJ Willemse SA Sojavoedselvereniging Mnr GP de Beer LNR-IGG Mnr B de Klerk Senwes Mev R Beukes Nasionale Departement van Landbou Dr N McLaren LNR-IGG Me M Scheepers Nasionale Departement van Landbou Mnr L Killian PNS-Kontrakteur Mnr L Weber MGK Mnr A Bennett Monsanto
Personalia
'n Mosie van medelye word aangeneem, met die afsterwe van dr Louw (Departement van Landbou: Kwazulu-Natal).
Die Voorsitter word geluk gewens met 'n kleinkind wat vir hulle gebore is.
Vasstelling van die sakelys
- Item 13.1 – Brandstofpryse
Notule van die vergadering van 5 Augustus 2004
Die notule is goedgekeur.
Algemene oorsig
Provinsies
KwaZulu-Natal
Geen kommentaar.
Mpumalanga
Mnr Van Wyk rapporteer dat heelwat produsente wat verlede jaar droëbone geplant het, aangedui het dat hulle as gevolg van siektes en swak pryse, eerder sojabone wil aanplant.
Noordwes
Geen kommentaar.
Limpopo
Geen kommentaar.
Noord-Kaap
Geen kommentaar.
Vrystaat
Mnr Maree rapporteer dat daar heelwat reën in die Suid-Vrystaat geval het.
Oos-Kaap
Mnr du Plessis noem dat die Oos-Kaap baie reën ontvang het. Uit die Cradock-omgewing byvoorbeeld, is tussen 45 en 75mm gerapporteer.
Suidwestelike Distrikte
Mnr Grimbeek meld dat daar weinig reën in die Suidwestelike distrikte geval het.
Gauteng
Geen kommentaar.
Oesskatting
Oes- en oppervlakteskatting ten opsigte van Limpopo, Noordwes Provinsie en die Vrystaat
Uit die "eerste voorneme om te plant" wat die Oesskattingskomitee op 20 September 2004 gepubliseer het, word gesien dat produsente 18,6% meer hektare as laas seisoen onder sojabone wil aanplant, naamlik 145 000ha teenoor 122 260ha. In 2002/2003 is 100 130ha aangeplant.
Mnr Vermaak noem dat heelwat produsente aangedui het om vanjaar eerder sojabone as droëbone aan te plant, omdat daar nie bevredigende afset en pryse vir laasgenoemde is nie.
Mnr Hawkins sê dat Graan SA sy lede by die oorskakeling van gewasse adviseer om verkieslik op kontrak te plant en hulle van die korrekte produksiepraktyke te vergewis. Mnr Bührmann noem dat sy maatskappy nie Roundup Ready sojaboonsaad verkoop nie en tog 'n goeie afset ondervind. Hy sê dat daar ook mieliegronde ingekort word vir sojaproduksie. Hy sê dat daar egter nog heelwat sojavoorraad gestoor word, as gevolg van ongunstige pryse.
Mnr du Plessis sê dat soja-saadverkope in KwaZulu-Natal, aldus sommige saadhandelaars met 20% kan toeneem. Hy noem dat produsente ook heelwat Roundup Ready saad skoongemaak het om weer te plant. In Suid-Natal word daar nie 'n verandering in die gewasaanplantings verwag nie. Hier verteenwoordig soja's ongeveer een-derde van die wisselboustelsels. Aangesien sojabone in die Bergville / Winterton-gebied gedurende die vorige (droë) seisoen beter as mielies presteer het, wil produsente meer sojabone plant.
Mnr Du Plessis meld verder dat al-hoe meer produsente in die provinsie besef dat daar veral gegewe die insetkostes, nie meer winsgewend met mielies geproduseer kan word nie en daarom word meer sojabone aangeplant. Mnr Potgieter sê dat daar in die MGK-gebied ook mielielande vir sojaproduksie ingeboet word.
Mnr Lubbe beaam dat produsente in die algemeen meer sojabone wil plant. Hoewel daar baie belangstelling vir sojaproduksie in Luckhoff is, is daar nie 'n mark nie. Baie navrae word vanuit Hartswater en Lichtenburg ontvang. Sonder voorplantkontrakte word finansiering nie maklik toegestaan nie. Heelwat uitbreiding in sojaproduksie het in die Brits-, Northam- en Thabazimbi-gebiede plaasgevind, waar daar ook toenemende belangstelling heers.
Aangesien tabakresultate in Palala nie na wense was nie, is 'n groep in dié gebied gevorm om sojaboonproduksie te ondersoek. Ook in die Lydenburg, Volksrust- en Platrandgebiede is daar 'n lewendige belangstelling in sojabone. Die algemene probleem is egter om voorplantkontrakte te vind ten einde finansiering te kan kry.
Mnr Lubbe noem dat hy reeds in samewerking met verwerkers, kontak met 'n handelsbank gemaak het om voorplantkontrakte op die basis van verwagte oliekoekpryse te ondersoek. In die Aliwal-Noord gebied word proewe op groot skaal aangeplant en sal hoofsaaklik vir eie gebruik aangewend word.
Mnr Lubbe noem dat die Snell-cultivar baie gou onder produsente bekend geraak het. Daar is belangstelling vir Snell as 'n opvolger vir koring / mielie wisselbou in die Oos-Vrystaat en in gedeeltes van Mpumalanga. Hierdie cultivar is aan die begin van September aangeplant en is nou in die derde drie-blaar fase. Dit word verwag dat die cultivar reeds in die week van Oktober sal begin blom en dat dit aan die begin van Desember gestroop sal word.
Dr Griessel noem dat hy 'n aanbieding oor sojabone vir produsente in die Visriviervallei gedoen het. 'n Tansparant van die Wisconsin Universiteit handelende oor die invloed van geroosterde sojabone op melkbeeste, is onder andere vertoon. Die navorsingsresultate dui op weinig verskil in melkproduksie by die aanwending van rou teenoor geroosterde sojabone. 'n Navraag uit hierdie produsentegeledere om die invloed van sojaboonvoeding op volstruisproduksie te ondersoek, word tans opgevolg in 'n projek deur dr Tertius Brand. Mnr Bührmann sê dat enkelmaagdiere nie goed presteer met rou sojabone nie. Hy wys daarop dat ene dr Bekker intensiewe navorsing op Nooitgedacht gedoen het oor die invloed van rou en gaar sojabone by skaap en bees.
Besluit:
- Dat die "eerste voorneme om te plant" soos op 20 September 2004 deur die Oesskattingskomitee gepubliseer, naamlik 145 000 hektaar, as korrek aanvaar word.
Weer- en klimaatsvooruitskouing vanaf GSA
Die "Mielievisie No 61" soos by die sakelys ingebind, bevat 'n klimaatsvooruitskouing van Envirovision in samewerking met die LNR-IGKW.
Kennis word geneem van die inhoud van die dokument.
Mikpunte: 2005, 2010 en 2020
Drie-jaar vooruitskatting
Die Voorsitter wys daarop dat die Sojaboonwerkgroep tydens die vorige vergadering besluit het om die nasionale mikpunt vir sojaboonaanplantings, onveranderd op 150 000ha te laat vir die 2005-plantseisoen.
Markaangeleenthede
Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik
Dr Griessel deel die jongste afgeleide pryse met die vergadering. Ondergenoemde gelande prys en wisselkoers is soos op 4 Oktober 2004. Hy noem dat die wêreldproduksie van oliekoek 365 miljoen ton is, wat 36 miljoen ton meer as in die vorige jaar is. Internasionale sojaboonproduksie staan op 214 miljoen ton, teenoor die 184 miljoen ton in die vorige jaar.
Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 5 Oktober 2004 Verskeping: R1 662 | Wisselkoers: R6.50/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 1 662.00 Spoorvrag na Randfontein 170.00 1 832.00 Waarde van volvetsoja 110% R2 015.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 60.00 – Rente 15% (6 maande) 101.00 – Ekstrusiekoste 130.00 – 5% ekstrusieverlies 96.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R2 015.00 Dr Griessel meld dat vervoerkoste vanaf die Kaap na Cradock ongeveer R240 / ton is, wat dit vir produsente aldaar lonender maak om sojabone self te produseer. Sojaboon-oliekoek behoort huidig sowat R1 900 / ton in Cradock te kos. 'n Produsent van dié omgewing het teenoor dr Griessel opgemerk, dat sojaboon-oliekoek teen ongeveer R3 000 / ton aangekoop word.
Op 'n vraag van mnr Potgieter, volg 'n gesprek oor die invloed van grootskaalse vervaardiging van biodiesel (deur Sasol) uit sojabone. Die Voorsitter noem dat dit nie 'n gevaar vir plaaslike produsente inhou nie, aangesien die plaaslike oliekoekbehoefte vir nog baie lank onversadig sal wees. Die pers van 400 000 ton sojabone sal ongeveer 80 000 ton olie en nagenoeg 300 000 ton oliekoek lewer.
Mnr Hawkins sê indien Sasol hom kan verbind om plaaslike sojabone te pers, sal dit produsente baat. Indien Sasol egter olie en / of sojabone invoer, sal sojaboon-pryse na invoerpariteit beweeg. Die Voorsitter sê hy meen dat Sasol nie kapitaal van genoemde omvang sal uitgee, gebaseer op invoerpryse nie. Mnr Lubbe noem dat Agriocare se gesprek met Sasol op 'n baie gevorderde stadium is. Sasol het twee vrese uitgespreek, naamlik:
- die bekombaarheid van sojabone uit die SAOG-lande, en
- die mededingendheid van die proteïen uit soja-oliekoek.
Mnr Lubbe noem dat hierdie vrese besweer is en dit vir Sasol aantreklik lyk om soja's te gebruik. Hy sê dat daar beoog word om die olie deur middel van 'n chemiese (heksaan-) proses te onttrek.
SAFEX
Mnr Hawkins noem dat daar nog weinig SAFEX-verskansing vir die volgende bemarkingseisoen vir sojabone bestaan.
Produsente-aangeleenthede
KwaZulu-Natal
Super Sojakompetisie – terugvoering
Die Voorsitter noem dat daar wel met die Super Sojakompetisie in KwaZulu-Natal voortgegaan sal word, ten spyte daarvan dat mnr Van Rooyen se kantoor tans op Richardsbaai is. Laasgenoemde en dr Kars het aangedui dat hulle die nodige personeel beskikbaar sal hê. Mnre Lawrance en Du Plessis bevestig dat die proses aan die gang gesit is.
Produsente-aangeleenthede: rapportering
Die Voorsitter noem dat die Departement van Landbou, Kwazulu-Natal verwag dat kommersiële produsente meer sojabone sal produseer, maar ook toenemende energie spandeer om opkomende produsente te bemagtig ten opsigte van sojaboonproduksie. Die Departement beywer hom om opkomende produsente se gronde saam te voeg, om groter produksie-eenhede te vestig. Hy sê dat die PNS sal bepaal waar hy in die proses behulpsaam kan wees. Die Departement het aangedui dat mnr Lawrance voortaan verantwoordelik sal wees vir die bevordering van alle sojaboonproduksie in dié provinsie.
Mnr Du Plessis meld dat die Departement tenders uitgeplaas het vir die bemesting van opkomende produsente se gronde en dat etlike duisende hektaar ter sprake is. Die Departement wil graag opkomende produsente by die Super Sojakompetisie betrokke kry. Hy meld dat Graan SA 'n persoon in KwaZulu-Natal geplaas het om behulpsaam te wees met opkomende produsente. Die Voorsitter doen aan die hand dat mnr Du Plessis, die Graan SA-beampte en dr De Kock vergader om te bepaal hoe die PNS en Graan SA kan hande vat met die bemagtiging van opkomende produsente ten opsigte van sojaboonverbouing.
Kontrakteursbeplanning
"Mr Lawrance said that a planting date trial was initiated during the previous season, to determine whether the effect of rust could be reduced for e.g. earlier planting date.
He reported that due to other demands and uncertainties, the planting dates were reduced from seven to three for the time being. He said that another trial was terminated because it was a repetition of the ARC-GCI trial. Another trial will be conducted in the Impendle area, although it was planted late and the success is therefore uncertain. The ARC-GCI is also conducting cultivar trials at Dundee, Newcastle, Vryheid and Kokstad."
Mnr Pretorius sê aangesien die Departement 'n cultivarproef aangeplant het, is die LNR-IGG se cultivarproef te Cedara in 'n siekteproef verander en sal die effek van roes by die verskillende plantdatums gemeet word. Die LNR-IGG het dus geen kommersiële cultivarproef by Cedara nie. Mnr Du Plessis doen aan die hand, dat die LNR-IGG dringend in gesprek moet tree met die Departement van Landbou in KwaZulu-Natal om werk in die provinsie te koördineer. Dr De Kock doen aan die hand dat die plantdatumproewe gestaak word. Die Voorsitter reël dat hierdie aspek na die Kontrakteurs- en Medewerkerswerkgroep verwys word.
Die Voorsitter noem dat alle navorsingsaansoeke voor die volgende vergadering afgehandel sal wees. Hy reël dat die begrip "Kontrakteursbeplanning" na "Navorsing" verander word en tydens die volgende vergadering per provinsie behandel word. Die lede en andere sal dan geleentheid gegun word om alle navorsing wat in die land gedoen word, met mekaar te deel.
Besluit:
- Dat die koördinering van proewe in KwaZulu-Natal na die Kontrakteurs- en Medewerkerswerkgroep verwys word.
- Dat mededelings ten opsigte van alle navorsing wat deur alle belangegroepe in die onderskeie provinsies hanteer word, tydens die volgende vergadering deur lede en ander rolspelers voorgedra sal word.
Mpumalanga
Kontrakteursbeplanning
Geen rapportering.
Noordwes provinsie
Verskillende proefaanplantings – terugvoering
Geen rapportering.
Limpopo
Springbokvlakte
Opgaaf van onderskeie provinsies se voorligters in 'n poging om te bepaal wie die PNS behulpsaam kan wees
Die Voorsitter doen aan die hand dat daar te gelegener tyd met die onderskeie provinsiale departemente geskakel moet word om te bepaal wie die PNS met 'n opgaaf van provinsiale voorligters behulpsaam kan wees.
Besluit:
- Dat daar te gelegener tyd die onderskeie provinsiale departemente geskakel moet word om te bepaal wie die PNS met 'n opgaaf van provinsiale voorligters behulpsaam kan wees.
Kontrakteursbeplanning
Mnr Van Wyk noem dat demonstrasie-strookproewe by Towoomba gedoen sal word. Mnr Bührmann meld dat 'n sekere mnr Van As wat aan die Universiteit van die Noorde verbonde was, heelwat sojaboon-proefwerk gedoen het en dat die data moontlik van die Universiteit bekom kan word.
Vrystaat
Kontrakteursbeplanning
Mnr Maree noem dat daar 'n lewendige belangstelling in sojabone te Harrismith ontstaan het en dat produsente wat die vorige seisoen geplant het, weer wil plant. Produsente in die Colinspas-omgewing stel baie belang in die aanplanting van sojabone.
Oos-Vrystaat
Rywydte proef
Die aangeleentheid staan oor.
Sentraal-, Noordwes- en Suidoos-Vrystaat
Algemeen - terugvoering ten opsigte van sojaboonaanplantings in Mosambiek
Mnr Maree maak melding van 'n groot belangstelling om sojabone in Mosambiek aan te plant, soos van mnre Kobus le Roux en Arno Maas verneem. Die Mosambiek Leaf and Tobacco Plants beoog om tabak met sojabone af te wissel, ter wille van tabak se stikstofbehoeftes.
Moontlikheid van 'n verhandelingsbasis vir sojabone op grond van proteïenwaardes: GSA Oliesadewerkgroep
Die aangeleentheid staan oor.
Oos-Kaap
Kontrakteursbeplanning
Die Voorsitter rapporteer dat hy en dr Griessel met die Departement van Landbou, Oos-Kaap gesprek gevoer het. Hulle stel daarin belang dat sojabone deur die opkomende sektor, onder die MFP program geproduseer word.
Daar is reeds groot oppervlaktes onder mielieverbouing by die opkomende sektor, waar daar nou ook belangstelling vir sojabone is. Dit is deeglik onder die Voorsitter en dr Griessel se aandag gebring, dat die Oos-Kaapse Departement van Landbou slegs by die opkomende sektor betrokke sal wees, dus sal die PNS verantwoordelikheid moet neem vir enige uitbreiding in kommersiële sojaboon-produksie.
Suidwestelike Distrikte
Kontrakteursbeplanning
Die saak staan oor.
Inligting, Weskus produsente – terugvoering
Mnr Grimbeek noem dat hy mnr Genis, wat sojabone onder spilpunt in die Weskus wil beproef, gekontak het en dat hy hom na die LNR-IGG en die Wes-Kaapse Departement van Landbou se dr Trautmann verwys het.
Gauteng
Kontrakteursbeplanning
Die aangeleentheid staan oor.
Noord-Kaap
Geen bespreking.
Algemeen
Biodiesel – terugvoering
Die aangeleentheid is onder item 8.1 hanteer.
Produksiekostevergelyking tussen droëland-mielies en -sojabone – gesprek met mnr Joubert
Mnr Hawkins meld dat die Universiteit van die Vrystaat goeie data oor die produksiekoste van mielies versamel het en dat mnr André Ferreira geskakel kan word oor produksiekoste-inligting van alle graan- en oliesadegewasse, wat jaarliks ingewin word.
Mnr Van Vuuren noem dat NWK Beperk se produksiekostesyfers vir die komende seisoen, reeds beskikbaar is.
Die gesprek met mnr Deon Joubert staan oor.
Besluite:
- Dat navrae gerig sal word oor inligting ten opsigte van produksiekostevergelykings waaroor die Universiteit van die Vrystaat en Graan SA beskik, vir beskikbaarstelling aan die PNS.
Mnr Keun
- Dat NWK Beperk se jongste produksiekostevergelyking, die produksiekostedokumente wat aan mnr Deon Joubert verskaf is asook laasgenoemde se kommentaar daarop, by die volgende sakelys ingebind sal word.
Mnr Keun
- Dat navrae gerig sal word oor inligting ten opsigte van produksiekostevergelykings waaroor die Universiteit van die Vrystaat en Graan SA beskik, vir beskikbaarstelling aan die PNS.
Sleepstroper
Mnr Du Plessis noem dat die sleepstroper in 'n werkende toestand te Visrivier op 'n plaas gestoor word. Die Voorsitter reël dat mnr Killian die stroper moet gaan haal en die stroper by Sigorei SA gestoor word.
Besluit:
- Dat mnr Killian die sleepstroper te Visrivier moet gaan haal en die stroper by Sigorei SA gestoor word.
Mnr Killian
- Dat mnr Killian die sleepstroper te Visrivier moet gaan haal en die stroper by Sigorei SA gestoor word.
Navorsing
Nasionale cultivarproewe
Die aangeleentheid staan oor.
Cultivar Snell
Die vergadering neem kennis dat die cultivar Snell nou deel van die nasionale cultivarproewe vorm.
Cultivarevaluasiekomiteevergadering: terugvoering
Dr Griessel sê dat 'n voorstel tydens 'n vorige vergadering aan saadmaatskappye gemaak is, dat langgroeiers nie in koel gebiede geplant behoort te word nie. Die maatskappye sou die Cultivarevaluasiekomitee ingelig het oor die gebiede waar hulle sou beplan om die langgroeiers te onttrek. Daar is egter nou ooreengekom dat, indien die LNR-IGG dit kan hanteer, die langgroeiers nie uit die koel gebiede onttrek sal word nie.
Daar was sewe gebiede waar die fosfaatlesings 1 of 2 dele per miljoen was en daar is dus besluit dat cultivarproewe nie daar geplant behoort te word nie.
Die LNR-IGG het twee nuwe cultivars ingeskryf en Pannar het twee Roundup Ready cultivars ingeskryf. Mnr Pretorius (Voorsitter van die Cultivarevaluasie-komitee) sê dat daar reeds vir drie jaar gepoog word om by dieselfde stelsel as in die buiteland uit te kom ten opsigte van die cultivargroeperings een tot vyf. Daar is nou in gesprekke met saadmaatskappye ooreengekom, dat die groeperings in orde is. Die groeperings sal in die toekoms beskikbaar wees om 'n aanduiding te gee van die cultivar se groeiperiode tot by biologiese volwassenheid.
Met betrekking tot die aanplantings van langseisoencultivars in ander gebiede, noem mnr Pretorius dat daar vanjaar nie saad van die SCS1-cultivar gevind kon word om by die cultivarproewe in te sluit nie. Saad kan ook nie vanuit Zimbabwe bekom word nie. Hy voeg by dat die LNR-IGG alles in sy vermoë sal doen om te verseker dat medewerkers hul sojaboongronde deeglik bemes, aangesien dit deurslaggewend tot cultivarprestasie is.
Die Voorsitter stel die vraag, watter effek tydsberekening van grondmonsters op die ontledingsresultate het. Mnr Du Plessis noem dat daar gewoonlik 'n bottelnek by Cedara plaasvind wanneer monsters voor planttyd daar ingedien word. Resultate kan dan eers ná ongeveer drie maande verwag word. Dr De Kock sê dat die stikstofinhoud van grond, selfs oor drie maande, wesenlik kan verander. Mnr Du Plessis sê dat reën ook 'n groot invloed op grond en dus die betroubaarheid van 'n monster het, wat byvoorbeeld twee maande voor die reëns geneem is.
Die Voorsitter vra dat dr De Kock moet toesien dat grondmonsters voor planttyd, betyds by alle nasionale cultivarpersele geneem word en versoek mnr Pretorius en dr De Kock om te bepaal hoe die ontleding van grondmonsters gekoördineer kan word ten einde die resulate betyds te verkry en te kommunikeer, sodat regstellende praktyke toegepas kan word. Mnr Bührmann noem dat opkomende produsente se grond normaalweg uitgeput is en dat cultivarproewe op sulke grond sinneloos is. Mnr Van Wyk noem dat hy bemestingsproewe in KwaNdebele behartig. Gronde in dié omgewing is veral laag in Fosfaat en Kalium en waar Kalium onder 'n sekere vlak is, word simptome daarvan in die plante waargeneem.
Ten opsigte van mielieproewe, sê mnr Pretorius dat die gewas op grond geplant word waar die opkomende produsent normaalweg plant, sowel as op bemeste grond. Cultivars wat onder lae voedingstoestande redelike opbrengste kan gee, word normaalweg aan hierdie produsente voorsien. Daar moet egter vir die produsente gewys kan word dat die bemeste proewe beter presteer.
Besluit:
- Dat dr De Kock sal toesien dat grondmonsters voor planttyd, betyds by alle nasionale cultivarpersele geneem word en dat mnr Pretorius en dr De Kock versoek word om te bepaal hoe die ontleding van grondmonsters gekoördineer kan word ten einde die resultate betyds te verkry en te kommunikeer sodat regstellende praktyke toegepas kan word.
Dr De Kock
Mnr Pretorius
- Dat dr De Kock sal toesien dat grondmonsters voor planttyd, betyds by alle nasionale cultivarpersele geneem word en dat mnr Pretorius en dr De Kock versoek word om te bepaal hoe die ontleding van grondmonsters gekoördineer kan word ten einde die resultate betyds te verkry en te kommunikeer sodat regstellende praktyke toegepas kan word.
Roes
Roes te Ermelo en Amersfoort
Die aangeleentheid staan oor.
Verslag oor roes in KwaZulu-Natal
"Mr Lawrance made a presentation on rust in KwaZulu-Natal. The written report will be attached to the minutes."
Sojaboonroes: verslag deur dr McLaren
Dr Mclaren se sojaboonroes-verslag is vir kennisname, as 'n bylaag by die sakelys ingebind.
Skrywe, Monsanto: Roes
Dr De Kock sê dat die PNS op hoogte moet bly van die vordering wat in die VSA gemaak word, met die projek om die lokaliteit van roes-weerstandbiedende gene by sojabone te bepaal en te merk. Hy verwys na die inligting wat mnr Andrew Bennett aan die PNS verskaf het en as 'n bylaag by die sakelys ingebind is. Die Voorsitter reël dat ontvangs van Monsanto se skrywe erken word en dat 'n kopié daarvan aan dr John Purchase, Voorsitter: Roestaakspan, voorsien word.
Besluit:
- Dat ontvangs van Monsanto se skrywe ten opsigte van roes-navorsing in die VSA erken word en dat 'n kopié daarvan aan dr John Purchase, Voorsitter: Roestaakspan, voorsien word.
Mnr Keun
- Dat ontvangs van Monsanto se skrywe ten opsigte van roes-navorsing in die VSA erken word en dat 'n kopié daarvan aan dr John Purchase, Voorsitter: Roestaakspan, voorsien word.
Sclerotinia
Proefwerk – terugvoering, vergadering van 23 September 2003
Kennis word geneem dat dr De Kock as koördineerder van die Sclerotinia program optree. Hy noem dat die sojaboon-proefwerk deur dr Neil McLaren en mnr Henk van der Westhuizen van Philagro gedoen word. Verskillende middels sal toegedien word en resultate word in 2005 verwag. Sclerotinia-proefwerk sal ook op sonneblom gedoen word. Mnr Du Plessis versoek dat 'n kenner van Sclerotinia soos mnr Van der Westhuizen, sojaboonprodusente van Piet Retief toespreek (op 13 Oktober), aangesien hulle as gevolg van die siekte, huiwerig is om weer sojabone te plant.
Dr De Kock sê dat Philagro oor middels beskik wat vir Sclerotinia op sojabone geregisteer is en dat hy sal probeer reël dat mnr Van der Westhuizen die produsentevergadering toespreek. Mnr Potgieter sê dat die Sclerotinia-werkgroep die vraag gestel het, wat die omvang en impak van die siekte onder sojabone in Suid-Afrika is.
Mnr Bührmann sê dat dit 'n grondgedraagde siekte is en stel die vraag of die voorkoms daarvan nie dalk deur grondmonsters bepaal kan word nie. Hy noem dat Sclerotinia maklik versprei word wanneer produsente saad onder mekaar uitruil. Mnr Van Vuuren sê dat die ekonomiese belangrikheid van Sclerotinia in die NWK-bedieningsgebied nie juis in terme van hektare gemeet word nie, maar eerder in terme van die kans dat die siekte 'n totale misoes kan veroorsaak. In die Grootpan / Koster-area, wat 'n natter gedeelte is, raak dit toenemend 'n probleem.
Mnr Van Vuuren sê verder dat hoewel daar baie waarnemings en proefresultate op skrif beskikbaar is, daar 'n tekort aan voorligters is om die inligting aan die produsente oor te dra. Hy noem dat daar byvoorbeeld totale onkunde oor die gashere van Sclerotinia is.
Die Voorsitter wys daarop dat dr De Kock tydens die volgende vergadering verslag sal lewer oor navorsing ten opsigte van die aangeleentheid.
Besluit:
- Dat mnr Du Plessis met Dr De Kock kan reël om 'n kundige oor Sclerotinia te vind, om 'n produsente-vergadering te Piet Retief op 13 Oktober oor hierdie siekte toe te spreek.
Mnr Du Plessis
- Dat mnr Du Plessis met Dr De Kock kan reël om 'n kundige oor Sclerotinia te vind, om 'n produsente-vergadering te Piet Retief op 13 Oktober oor hierdie siekte toe te spreek.
Beskikbaarstelling van ultra-kort sojabooncultivar (Snell) vir insluiting in sclerotinia-proef
Dr De Kock noem dat Snell by 'n sojabooncultivarproef te Bethlehem ingesluit is.
Aalwurmnavorsing
Die aangeleentheid staan oor.
Saad
Mnr Du Plessis sê dat dit tydens 'n Graan SA-vergadering genoem is dat 'n silo-eienaar blykbaar onwettig optree deur koringsaad vir produsente skoon te maak om weer te plant. Hy stel die vraag wat die posisie ten opsigte van sojaboonsaad en saad in die algemeen is. Mnr Van Vuuren noem dat 'n silo-eienaar saad onder kontrak vir produsente kan skoonmaak en dat 'n silo-eienaar geen beheer het wanneer sodanige saad geplant word nie.
Tegnologie-oordrag
NAMPO-Oesdag
Die Voorsitter noem dat Nampo-Oesdag DV gedurende 17 tot 20 Mei 2005 sal plaasvind.
Inligtingsdae 2004 – terugvoering
Kennis word geneem van die volgende inligtingsdae:
19 Oktober 2004 Fababoon-inligtingsdag (Riversdal) Datum moet bevestig word Fababoon-inligtingsdag (Herbertsdale) Einde Oktober / Begin November Sojaboon-inligtingsdag (Harrismith) 12 Oktober 2004 Sojaboon-inligtingsdag (Alexandria) 13 Oktober 2004 Sojaboon-inligtingsdag (Bathurst) Sojaboonforum
Terugvoering van vergadering van Sonneblom- en Sojaboonforum
Kennis word geneem dat 'n vergadering van die forum eers gedurende November 2004 gehou word.
Sake om na die volgende Forumvergadering te verwys
Besluit:
- Dat die statistiek rakende die brandstofpryse na die sonneblom- en Sojaboonforum verwys word vir kennisname.
Mnr Keun
- Dat die statistiek rakende die brandstofpryse na die sonneblom- en Sojaboonforum verwys word vir kennisname.
Ander sake
Brandstofpryse
Mnr Du Plessis deel statistiek met die vergadering, wat die effek van brandstof-pryse op insetkostes illustreer. Hy onderneem om die inligting aan mnr Keun te verskaf, vir terugvoering aan die Sonneblom- en Sojaboonforum.
Datums van volgende vergaderings
Die volgende Sojawerkgroepvergadering is vir 7 Desember 2004 geskeduleer.
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die lede vir hulle teenwoordigheid en insette en verdaag die vergadering om 13:15.