Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 14 Augustus 2003 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Dr Nel open die vergadering met gebed. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral die nuwe lede dr Trautmann en mnr Ferreira, by die vergadering.
Daar word besluit dat lede wat oor 'n saak terugvoering moet gee, maar nie by 'n vergadering teenwoordig kan wees nie, reëlings sal tref dat die inligting wel aan die vergadering deurgegee word.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Mnre H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnre CL Grimbeek PNS George Mnre D Hanekom DLWK Mnre P Lombard DLWK Mnre HA Cerfonteyn DLWK Mnre W Voigt DLWK George Mnre C van Rooyen DLWK Caledon Dr I Trautmann DLWK Dr JM Laubscher DLWK Mnr D van Papendorp CBK Mnr K Schonken GSA Mnr N Mouton GSA Mnr PJ Laubsher BNK Mnr J Bruwer SSK Mnr C van der Merwe MKB Mnr AF Haasbroek Boland Agri Mnr A Ferreira GSA Mnr JL Kellerman Agricol Mnr K van der Linde Agricol Mnr P Fouché Advanta Mnr L Swartz Murray Voere Mnr H Kotzé Bokomo Voere Dr AA Nel LNR-IGG Prof SC Lamprecht US Me R de Villiers MKB Me L van Zyl Agri Wes-Kaap / Sekretarieel Verskonings
Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg Mnr J Lusse CRK Mnr J Truter WPK Mnr L Wille Agricol Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr N Vermaak GSA Mnr N Murray Murray Voere Mnr K Becker SOILL Mnr J Loubser Bokomo Dr M Hardy DLWK Dr T Brand DLWK Dr D Crafford DLWK Dr N Kotzé Agricol Dr J de Kock PNS Prof A Agenbag US Prof D Lloyd Starke Ayres Personalia
Geen.
Vasstelling van die sakelys
Geen.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 12 Junie 2003 is goedgekeur.
Algemene oorsig
Canola
Swartland
Die eerste goeie reën het onlangs eers geval en is dit nog nie seker hoe die canola daarop sal reageer nie.
Suid-Kaap
Die potensiaal van die canola lyk baie goed, alhoewel daar in die CRK gebied kolle is waar canola swakker gevestig het.
Suidwestelike Distrikte
Canola lyk bevredigend.
Oos-Kaap
Aanplantings in Gamtoos en Natal vorder bevredigend.
Somerreënvalstreke
Aanplantings lyk goed.
Lupiene
Swartland
Min lupiene het gevestig.
Suid-Kaap
Min lupiene is gesaai, maar dit lyk goed.
Suidwestelike Distrikte
Lupiene lyk goed.
Oos-Kaap
Geen.
Oesskatting
Volgens die NOK is die jongste oesskatting soos volg:
Canola geplant 30 400ha Lupiene (soet) geplant 9 500ha Die skatting van die Werkgroep sien soos volg daaruit (ha geplant):
Canola Lupiene SSK 11 900ha 380ha BNK 5 700ha 100ha CRK 9 000ha 1 600ha MKB 6 200ha 2 400ha Boland Agri 1 500ha 2 300ha WPK 8 200ha 1 000ha Tuinroete Agri 800ha 200ha Oos-Kaap 340ha – Natal 140ha – Noord Wes 350ha – 44 130ha 7 980ha Besluit dat NOK versoek word om redes aan te voer indien hulle nie die Werkgroep se syfers as amptelike skatting sou aanvaar nie.
H Cerfonteyn
Graderingsregulasies vir lupiene
Die Werkgroep neem kennis van die gewysigde kwaliteitsvereistes vir soetlupiene as veevoer. Besluit dat daarby volstaan word.
Daar word aanbeveel dat landboubesighede, soos ander kopers wat lupiene by produsente wil aankoop, hulleself van die kwaliteit / alkaloïedvlakke daarvan moet vergewis, voordat 'n ooreenkoms aangegaan word.
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Dr Griessel rapporteer dat die gemiddelde invoerprys vir soja-oliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad volgens die internasionale voorsieningsposisie op R1 899 bereken word. Die wisselkoers op 11 Augustus : $1 VSA = R7,42.
Die relatiewe waarde van volvet canola is soos volg:
Canola
Pluimvee (94%) R1 785 Varke (100%) R1 899 Suiwel (58%) R1 101 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:
Pluimvee (53%) R1 006 Varke (65%) R1 234 Suiwel (60%) R1 139 Volgens inligting word die volgende produsentepryse vir canola aangebied:
SOILL R1 670 / ton vaste prys R1 600 / ton minimum prys Murray Voere R1 750 produsente prys Dit mag wees dat die GMO probleem ten opsigte van sojabone in China die prys van soja-oliekoek kan beïnvloed.
Lupiene
Die relatiewe waarde van lupiene behoort soos volg te wees:
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 424
R2 519L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R1 006
R 987L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 196
R1 386
Skoon saadbron vir lupiene
Neem kennis dat LNR die saadbronne van die belangrikste kultivars in stand sal hou en besluit dat die saak voorlopig as afgehandel beskou word.
COMBUDS – canola
Neem kennis dat daar weens 'n tekort aan personeel in die Landbou-ekonomie afdeling van die DLWK, nog nie verdere aandag aan die COMBUDS vir droëland canola gegee is nie.
Daar word verder kennis geneem dat die beskikbare algemene masjinerie kostegids nie meer volledig is nie.
Die vergadering besluit dat:
- Die Departement Landbou KwaZulu-Natal versoek word om die masjinerie kostegids sodanig aan te pas dat dit meer verteenwoordigend sal wees vir die Wes-Kaap se omstandighede
PNS
- die inligting van die onderskeie studiegroepe asook die twee kompetisies tot die DLWK se ekonome wat vir die opstel van die COMBUDS verantwoordelik sal wees, se beskikking gestel moet word; en
D Hanekom
- mnre van der Merwe en van Rooyen verantwoordelik sal wees om ter voorbereiding van die combuds onderskeidelik vir die Swartland en Suid-Kaap die inligting per landboubesigheid gebied te verwerk en koördineer. Die inligting sal by die volgende Werkgroepvergadering in Desember voorgelê word.
C van der Merwe
C van Rooyen
- Die Departement Landbou KwaZulu-Natal versoek word om die masjinerie kostegids sodanig aan te pas dat dit meer verteenwoordigend sal wees vir die Wes-Kaap se omstandighede
Reeks artikels insake onkruidbeheer
Besluit dat die reeks artikels wat deur GSA beskikbaar gestel moet word, afgewag word.
N Vermaak
Artikel oor onkruidbeheer in Canolafokus
Neem kennis dat die inligting reeds in Lupino publiseer was, en in die volgende uitgawe van die Canolafokus sal verskyn.
H Agenbag
Produksie area kaarte inligting van Mnr Wallace
Besluit dat navraag oor die aanpassing van die produksie area kaarte gedoen moet word.
Dr Crafford
Nasionale cultivarproewe
Canola
Effek van stikstof bemesting op opbrengs en kwaliteit van canola (olie-inhoud ingesluit)
Neem kennis dat stikstoftoediening 'n manier is om olie-inhoud te manipuleer. Die tyd wanneer en die hoeveelhede waarin stikstof toegedien word, speel ook 'n rol. Stikstoftoediening verhoog opbrengs en proteïen-inhoud. Hoewel die olie-inhoud afneem namate die proteïen-inhoud toeneem sal die olie-produksie (ton per hektaar) as gevolg van die hoër opbrengs, outomaties ook verhoog.
Die olie-inhoud van canola saad word bepaal deur temperatuur en grondvog tydens korrelvorming. Chlorofil beïnvloed die olie-kwaliteit van die saad. Op hierdie stadium hou 'n hoër olie-inhoud geen voordeel vir die produsente in nie, aangesien kopers nie 'n ekstra premie vir olie bokant die minimum vereiste betaal nie.
Die saadmaatskappye gee aandag aan die olie-inhoud van kultivars en die CBK begin ondersoek instel na graderingsregulasies waarvolgens canola aangekoop kan word, wanneer 'n oorskot bereik sou word.
Besluit dat die saak voorlopig daar gelaat word.
Bemesting
Bemestingsriglyne en aanvullende navorsing
Die konsep bemestingsriglyne vir canola, saamgestel volgens beskikbare literatuur en plaaslike ondervinding, is by die sakelys aangeheg. Besluit dat dit aanvaar word en vir publikasie in SA GRAAN en Landbouweekblad beskikbaar gestel word.
Redaksie
Bemesting, veral stikstoftoediening moet bepaal word volgens grondontledings voordat daar met die grondvoorbereiding begin word.
Daar word kennis geneem van die werkgroep wat aan die saak aandag gegee het se aanbeveling ten opsigte van ontbrekende inligting wat verdere navorsing sal verg, naamlik:
- Interaksie tussen plantestand en stikstof.
- Interaksie tussen stikstof en Ca.
- Evaluering van boor op canola.
- Evaluering van stikstofpeile en bestuur onder besproeiing.
- Stikstof x fosfaat faktoriale proef in wisselbou.
Daar word besluit dat die werkgroep saam met dr Griessel en die DLWK 'n moontlike navorsingsprojek sal identifiseer en vir oorweging by die Desember vergadering sal voorlê.
H Agenbag
Dr GriesselBemesting onder besproeiing
Neem kennis van die belangrikste navorsingsbehoeftes ten opsigte van bemesting van canola wat onder besproeiing verbou word, wat na aanleiding van Dr Nel se werk identifiseer is, naamlik:
- Die stikstofbehoefte van canola onder besproeiing.
- Die swaelbehoefte van canola onder besproeiing.
- Die mikrovoedingselementbehoefte van canola onder besproeiing.
- Die invloed van kommersieel beskikbare blaarvoeding- en saadbehandelingsmiddels op die graanopbrengs en -samestelling van canola onder besproeiing.
- Die behoefte van canola onder besproeiing vir fosfor, kalium en kalsium.
Vordering sal rapporteer word soos die werk vorder.
Dr Nel
Besigheidsplan vir canola
Die saak staan oor tot 'n volgende vergadering.
Dr de Kock
Saadbehandeling teen swamme en insekte
Neem kennis dat die kombinasie van middels wat vir behandeling teen swamme en insekte gebruik is, wel verenigbaar is en die saad by Roodebloem en Langgewens geplant is. Albei aanplantings het misluk weens skade deur slakke en die droogte onderskeidelik. Daar word wel intussen met werk in die glashuis voortgegaan.
Die bo-grondse insekte ter sprake is die swart sandmyt en lusern-erdvlooi. Die proewe word ook gedoen met die oog op registrasie van die middels wat gebruik word.
Besluit dat die proewe in die volgende seisoen herhaal sal word.
Dr Lamprecht
Nasionale cultivarproewe
Neem kennis dat van die proewe in die Swartland weens die droogte nie gebruik sal kan word nie.
Die besigtiging van die proewe word vir 2 en 3 September onderskeidelik vir die Swartland en Suid-Kaap gereël.
H Agenbag
D Hanekom
Lupiene
Resultate: chemiese ontledings 2001/2002
Neem kennis dat daar nog nie terugvoering van Dr Brand ontvang is nie.
Besluit dat daar met die hulp van Dr Brand by die volgende vergadering terugvoering oor die 2001/2002 chemiese ontledings gegee moet word.
Dr Brand
D HanekomNasionale cultivarproewe
Neem kennis dat reëlings getref word om die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap onderskeidelik op 2 en 3 September te besigtig.
H Agenbag
D Hanekom
Inligtingspamflet / nuusbrief
Canolafokus
Neem kennis dat die volgende uitgawe gedurende September gereed sal wees (CRK Boeredag op 18 September). Daar word vir die volgende artikels voorsiening gemaak:
- Onkruidbeheermaatreëls soos verskaf deur AVCASA.
- Vordering ten opsigte van maatreëls teen slak-skades.
- Saadontkieming en kiemkragtigheid van saad.
Redaksie
Lupino
Neem kennis dat die volgende uitgawe gedurende September gereed sal wees.
Redaksie
Behoeftes van
Mark – Canola
Geen sake word gemeld nie.
Mark – Lupiene
Geen sake word gemeld nie.
Produsente – Canola
Pes- en plaagbeheer
Swartstam
Dr Lamprecht wys daarop dat swartstam wel via saad oorgedra kan word.
By die George persele verloop werk volgens skedule, maar die werk in die Swartland moes vir die jaar gestaak word. Verdere verslag sal gelewer word.
Dr Crafford
Voorkoms en monitering van bogrondse insekte en plae
Die notule van die dinkskrum insake slakke en ander plant insekte gehou op 17 Julie 2003 is by die sakelys aangeheg. Die verslag van die opvolggesprek gedurende Augustus sal by die notule aangeheg word.
Die hulp van dr W Sirgel is ingeroep om die slakke te identifiseer. Slakke is nie 'n oorheersende probleem in ander canola produserende lande nie. Slakpille blyk egter effektiewe beheer te gee.
Dr Laubscher doen verslag oor die verskillende insekte, veral kewers, wat in die produksie gebiede geidentifiseer is. Die chemiese middels wat beskikbaar is, is nog nie vir canola registreer nie.
Omdat kewers organiese materiaal afbreek, skep bewaringsboerdery praktyke vir hulle 'n ideale habitat. Daar sal egter verdere waarnemings ten opsigte van slak en ondergrondse insek populasies gemaak moet word, voordat gevolgtrekkings gemaak kan word.
Besluit dat
- daar met verdere waarnemings van die voorkoms van slak en insek populasies en die moontlike redes daarvoor, voort gegaan moet word;
- wanneer die redes vasgestel is, daar in oorleg met kundiges en die voorstanders van bewaringsboerdery praktyke, aanbevelings ter voorkoming en / of beheer daarvan gemaak kan word, (moet spuitstowwe gebruik word of die produksie praktyke aangepas word?); en
Dr Laubscher
H Agenbag - die bedryf se probleem en behoeftes aan registrasie van sekere middels intussen aan die Registrateur van Wet 36 van 47 verduidelik moet word en hulle aanbevelings oor moontlike oplossings gevra word.
Voorsitter
Plantmetodes vir beter vestiging van canola
Neem kennis dat die projek op skedule is en vordering na die oestyd rapporteer sal word.
Prof Agenbag
Produsente – Lupiene
Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betroubaarheidstoets
Neem kennis dat daar net monsters van L.albus cultivars vir ontleding na Australië versend is. Volgens inligting is die resultate terug ontvang, maar geen amptelike terugvoering is van Dr Brand ontvang nie.
Besluit dat Dr Brand versoek word om tydens die volgende vergadering amptelike terugvoering oor die toets van alkaloïedvlakke te gee.
Dr Brand
Gebruik van bitterlupiene in volstruisvoeding
Geen verdere inligting is beskikbaar nie en daar word besluit dat Dr Brand versoek word om by die volgende vergadering terugvoering te gee.
Dr Brand
Saad – canola
Varola 44
Neem kennis dat die saak verder met Advanta Bestuur opgeneem is. Mnr Hanekom rapporteer die resultate van die proewe wat met Varola 44 en Outback in die glashuis gedoen is. Ondersoek is gedoen na die invloed van grondtipe en plantdiepte op die ontkieming asook groeikragtigheid van die saad. Die tyd vanaf plant tot opkoms asook planthoogtes is ook aangeteken. Daaruit blyk dit dat alhoewel die kiemkragtigheid van Varola 44 goed vergelyk het, daar tekortkominge ten opsigte van groeikragtigheid is.
Besluit dat die saak as afgehandel beskou word en dit verder aan Advanta oorgelaat word om oor Varola 44 te besluit.
Saad – lupiene
Geen nuwe inligting word rapporteer nie.
Inligtingsdae 2003
Neem kennis dat die SKOG-dag kanselleer is.
20/21 Augustus 2003 BNK Megaweek 2/3 September 2003 Besigtiging van cultivarproewe 4 September 2003 BNK Inligtingsdag 10 September 2003 Inligtingsdag te Riversdal 17 September 2003 Lupien inligtingsdag te George 18 September 2003 CRK Boeredag Super Canolakompetisie
Neem kennis dat daar 18 deelnemers in die Suid-Kaap ingeskryf het. Vordering sal rapporteer word.
C van Rooyen
I SlabbertWeervooruitskatting deur Mnr Cerfonteyn
Neem kennis van die klimaatsvooruitsigte vir die Wes-Kaap soos deur mnr Cerfonteyn voorgedra.
H Cerfonteyn
Navorsingsbeplanning
Canola
Platsny en doodspuit (as alternatief vir platsny)
Daar kan nog nie 'n finale aanbeveling gemaak word nie en die huidige aanplantings het weens die droogte misluk. Daar word besluit dat die werk in die volgende seisoen herhaal sal word.
D Hanekom
Weerstandbiedendheid: raaigras
Die projek verloop volgens skedule en vordering sal rapporteer word.
Dr Crafford
Lupiene
Chemiese onkruidbeheer – Simasien noodregistrasie
Neem kennis en besluit dat GSA se terugvoering oor hulle onderhandelings met Syngenta insake registrasie van Simasien, afgewag word.
Dr Griessel
Ander sake
Geen.
Volgende vergadering
Besluit dat die volgende vergadering op 3 Desember 2003 gehou word. Dit sal met 'n geselligheid op 2 Desember 2003 voorafgegaan word.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.