Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 15 April 2003 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Dr Kotzé open die vergadering met gebed. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral die nuwe lede: me de Villiers, mnre Hoffmann, Kellerman, Killian en Grimbeek.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr L Killian PNS Natal / Oos-Kaap Mnr CL Grimbeek PNS George Mnr J Blomerus Departement Landbou Wes-Kaap Mnr D Hanekom DLWK Mnr HA Cerfonteyn DLWK Dr D Crafford DLWK Dr JM Laubscher DLWK Mnr W Voigt DLWK George Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg Mnr C van Rooyen DLWK Caledon Mnr W Hoffmann DLWK Vredendal Mnr A Haasbroek Boland Agri Mnr C van der Merwe MKB Mnr J Lusse CRK Mnr P Laubscher BNK Mnr K Becker SOILL Mnr P Fouché Advanta Mnr JL Kellerman Agricol Dr N Kotzé Agricol Mnr L Swartz Murray Voere Mnr N Murray Murray Voere Mnr N Vermaak GSA Dr AA Nel LNR-IGG Prof S Lamprecht US Me R de Villiers MKB Me L van Zyl Agri Wes-Kaap / Sekretarieel Verskonings
Dr M Hardy DLWK Dr T Brand DLWK Dr D Troskie DLWK Prof A Agenbag US Dr L Eckermans US Mnr WD Gertenbach DLWK Mnr D van Papendorp CBK Mnr K Schonken CBK Mnr N Mouton GSA Mnr L Robertson LOS Mnr J Loubser Bokomo Mnr H Kotzé Bokomo Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr D Lloyd Starke Ayres Mnr J Bruwer SSK Personalia
'n Mosie van roubeklag met die afsterwe van Dr Van Jaarsveld word aanvaar.
Vasstelling van die sakelys
Die volgende sake word tot die sakelys toegevoeg:
- 9.5.3 – Beskikbaarheid van Saad
- 12.1 – SAGIS medewerkers
Notule van die vorige vergadering
Die notule van 5 Februarie 2003 is goedgekeur.
Algemene oorsig
Winterreënvalstreek
Canola
Suid-Kaap
Die gebied het goeie reën gehad; goeie voorwinter en ideale saai toestande heers Saad wat te laat ontvang word, mag aanplantings nadelig beïnvloed.
Swartland
Nie so baie reën gehad, maar grondvoorbereiding is in proses.
Oos-Kaap
Aanplantings is in Gamtoos gebied gemaak, veral as wisselbougewas teen aalwurms in sigorei. 'n Navorsingsprojek hieroor word deur PNS Tegnologiekomitee oorweeg.
Lupiene
Suid-Kaap
Klimaatstoestande is goed. Verwag eerder 'n afname as toename van aanplantings as gevolg van ander probleme soos onkruidbeheer, wortelsiektes, antraknose en ekonomiese haalbaarheid van die gewas. Omdat daar triasien-bestande canola cultivars is, sal dit voorkeur bo lupiene geniet.
Swartland
Lupienaanplantings sal meestal dieselfde bly, ten gunste van canola. Dit word voorsien dat lupien verbouing tot sekere streke byvoorbeelddie sanderige areas by Eendekuil, Darling, Hopefield, Aurora waar dit die beste wisselbougewas is, beperk sal bly.
Oos-Kaap
Aanplantings is reeds gemaak.
Somerreënvalstreek
Canola
'n Uitbreiding word voorsien. Die areas waar canola die beste onder besproeiing verbou kan word, word tans identifiseer, sodat meer doelgerigte beplanning daarvolgens gedoen kan word. 'n Plaaslike mark moet ook beskikbaar wees en plaaslike kopers (soos olieperse, suiwelbedryf) moet ingelig word hoe om die produk te gebruik en in hulle verwerkingsprosesse in te sluit.
Neem kennis dat die saak deur PNS aangespreek word en besluit dat dr de Kock by 'n volgende vergadering terugvoering oor uitbreiding in die somerreënvalstreek sal gee.
Dr de Kock
Daar word ook besluit dat Murray Voere die produksie uitbreidings wat hulle beding het met die navorsingswerk wat reeds deur die PNS Tegnologiekomitee goedgekeur is of oorweeg word, moet koördineer.
N Murray / Dr Griessel
Lupiene
Werk op lupiene in die somerreënval gebied word gestaak. Sien punt 6.6.
Oesskatting
Neem kennis van die jongste inligting vanaf die Nasionale Oesskattingskomitee naamlik die voorneme om te plant soos op 19 Maart:
Canola 40 000ha Soet lupiene 12 000ha Volgens lede van hierdie Werkgroep word die volgende aanplantings voorsien:
Canola Boland Agri 1 200ha MKB tot 4 000ha WPK onseker ? BNK 6 580ha CRK 8 500ha SSK 8 800ha SWD/George 1 500ha kuilvoer + ongeveer 300ha Oos-Kaap ongeveer 300ha Noorde onseker ? Moontlikheid van aanplantings as dekgewas tussen wingerde in Upington area word genoem.
Volgens Murray Voere was daar baie navrae van nuwe toetreders, maar nie alle gebiede het kopers of verwerkingsfasiliteite beskikbaar nie.
Meer betroubare syfers sal teen Junie beskikbaar wees nadat aanplantings gemaak is.
Lupiene
Onseker op hierdie stadium, moeilik om volgens saadbestellings te bepaal, want baie eie (teruggehoude) saad word gebruik. Genoeg saad is by handelaars beskikbaar. Aanplantings in die George area word ook beplan.
Alle lede
Graderingsregulasies vir lupiene
Neem kennis van die kwaliteitsvereistes vir soetlupiene as veevoer wat aan lede voorsien is. Die vereistes is in oorleg met die kopers saamgestel, maar is nog nie as amptelike regulasie aanvaar nie.
Daar word ook kennis geneem van mnr Mouton se kommentaar ten opsigte van sekere van die vereistes. Die vergadering besluit dat mnr Agenbag die kommentare met mnr Mouton sal opvolg en verdere motivering vir die versoek aanvra.
H Agenbag
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Dr Griessel rapporteer dat die gemiddelde invoerprys vir soja-oliekoek (Mei, Junie, Julie) geland in Kaapstad volgens die internasionale voorsieningsposisie op R1 992 bereken word. Wisselkoers = R7.80
Die relatiewe waarde van volvet canola is dus soos volg:
Canola
Pluimvee (94%) R1 872 Varke (100%) R1 992 Suiwel (58%) R1 155 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is soos volg:
Pluimvee (53%) R1 056 Varke (65%) R1 295 Suiwel (60%) R1 195 Volgens inligting word die volgende produsentepryse vir canola aangebied:
SOILL R1 750 kontrakprys Murray Voere R1 800 per ton Lupienpryse nog onbekend.
Lupiene
Die afgeleide waarde van lupiene behoort soos volg te wees:
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 494
R2 594L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R1 056
R1 036L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 255
R1 454
PNS betrokkenheid by lupiene
Daar kon na verskeie pogings nog nie sukses behaal word om die L. albus deur transformasie teen antraknose weerstandbiedend te maak nie.
Neem kennis dat, na oorleg met die medewerkers in die noorde, LNR-IGG en WNNR, besluit is om by die PNS Raad aan te beveel dat die betrokkenheid by lupienproduksie in die somerreënval gebied en Natal gestaak sal word.
In die Wes-Kaap word die rol van lupiene in die wisselboustelsel, veral om siektes by opvolgkoring te beperk, erken. Die navorsingswerk in die Wes-Kaap sal dus in stand gehou word en reëlings word getref dat dr Van Jaarsveld se projekte voortgesit sal word.
Voorsitter
Verslag Lupienkongres te Ysland
Neem kennis van terugvoering en besluit dat die saak as afgehandel beskou word.
Model: Provide projek binne konteks van SA Landbou
Neem kennis van voorbeelde van die bestaande COMBUDS vir lupiene en canola – soos aangepas einde 2001 – wat tydens die vergadering voorsien word.
Die juistheid van die canola gegewens word bevraagteken en die vergadering besluit dat mnr Hanekom sal reël dat die ekonome die gemiddeld van die gegewens uit die twee kompetisies verkry, moet gebruik en daarvolgens die COMBUDS vir canola moet aanpas.
D Hanekom
Artikels oor onkruidbeheer op canola (na aanleiding van besoek aan Australië)
Neem kennis dat die reeks artikels oor onkruidbeheer en weerstandbestuur nog nie afgehandel is nie en besluit dat GSA versoek word om wanneer die volledige reeks gereed is, dit ter inligting aan die Werkgroep te voorsien.
N Vermaak
Artikel oor onkruidbeheer in Canolafokus
Neem kennis dat die artikel oor onkruidbeheer nog nie in die Canlafokus verskyn het nie, maar wel as inligtingstuk by CRK en SKOG Inligtingsdae uitgedeel is.
Besluit dat mnr Agenbag met dr de Kock en dr Griessel sal oorleg pleeg op watter wyse die inligting oor onkruidbeheer betyds vir hierdie seisoen aan produsente oorgedra kan word.
H Agenbag
Produksie area kaarte – inligting van Mnr Wallace
Neem kennis dat gereël word dat mnr Wallace (en dr Troskie) by die Junie vergadering insake die aanpassing van die bestaande produksie area kaarte vir canola en lupiene sal rapporteer.
Dr Crafford
M Wallace
L Troskie
Nasionale cultivarproewe
Canola
Proewe in verband met hoër olie-inhoud
Neem kennis dat die projek voortgaan soos beplan en terugvoering afgewag word.
Dr Kotzé
Bemesting
Die konsep bemestingsriglyne – soos deur die taakspan saamgestel – word vir kommentaar aan die lede voorgelê.
Besluit dat
- enige kommentaar met motivering voor einde April skriftelik aan mnr Hanekom voorsien moet word;
- die dokument in 'n volgende ronde ook aan grondkundiges vir kommentaar voorgelê moet word; en
- die finale dokument vir publikasie aan GSA voorsien moet word.
Alle lede
D HanekomDaar word ook rapporteer dat proewe oor stikstofbestuur en bandplasing van stikstof deur Kynoch onderneem word.
Besluit dat ontbrekende inligting veral oor kunsmisplasing by vestiging identifiseer sal word en verdere navorsing deur die Tegnologiekomitee identifiseer en koördineer sal word.
Voorsitter
TegnologiekomiteeBesigheidsplan vir canola
Neem kennis dat die gesprek met prof van Huyssteen gevoer is en dat die PNS Raad in die proses is om die hele strategie te hersien. Besluit dat vordering rapporteer sal word wanneer dit gereed is.
Dr de Kock
Inligting in verband met saadbehandeling vanaf LNR-NIPB
Neem kennis van die verslag deur prof Lamprecht oor die eerste jaar se veldproewe ten opsigte van die effek wat saadbehandeling teen grondgedraagde siektes het (geen geregistreerde middels is huidig op die mark nie).
Resultate word ter inligting by die notule aangeheg.
Neem kennis dat
- 'n nuwe gekombineerde middel uit die buiteland bekom is en gebruik sal word wanneer die proewe vanjaar herhaal word; en
- die eienaar van die middel moontlik in registrasie vir gebruik in Suid-Afrika sal belangstel.
Besluit dat vordering afgewag word.
Prof Lamprecht
Neem verder kennis dat die US (prof Agenbag / me de Villiers) proewe gaan doen om die resultate van verskillende saaidigthede te vergelyk. Verwys ook punt 10.3.4 van hierdie notule.
Besluit dat by die navorsingspan aanbeveel word dat die vergelyking vir saaidigthede van 3 en 5 en 7kg per ha gedoen moet word.
Prof Agenbag
2002 Proefaanplantings (cultivar evaluering)
Neem kennis dat die 2002 resultate vir canola reeds publiseer is en voorbereidings vir die huidige seisoen getref word. Aanplantings word egter vertraag weens alle saad wat nog nie beskikbaar is nie.
Besluit dat saadhandelaars versoek word om in die toekoms 1kg van elke cultivar wat in die proewe gebruik word, teen einde Maart aan die navorsers beskikbaar gestel moet word sodat die nodige voorbereiding betyds voor planttyd gedoen kan word.
D Hanekom
Agricol
Advanta
Lupiene
Neem kennis dat die 2002 resultate (cultivarevaluering) vir lupiene reeds in die Lupino van Februarie 2003 gepubliseer was.
Redaksie
Resultate: chemiese ontledings
Neem kennis dat die 2001 resultate nog nie gereed is nie en besluit dat die saak tot 'n volgende geleentheid oorstaan.
D Hanekom
Rhizobium en Metalaksiel: behandeling van lupiensaad
Neem kennis van die verslag soos deur prof Lamprecht gelewer. 'n Afskrif van die resultate word ter inligting aangeheg.
Volgens waarneming het die toediening van vloeibare Rhizobium nie 'n groot effek op knoppievorming gehad nie.
Besluit dat die inligting met 'n kenner van Rhizobium behandeling kontroleer moet word en terugvoering gegee word.
D Hanekom
Evaluering van nuwe lupiencultivars
Instandhouding van Monsanto kiemplasmabank (lupiene) en evaluering van lyne
Neem kennis dat
- die DLWK die lupienkiemplasmabank van Monsanto in stand sal hou en kruisings wat reeds gemaak is, sal evalueer, maar nie nuwe kruisings sal maak nie;
- die inventaris van die lupienkiemplasmabank teen einde April gereed sal wees en ter inligting aan die Werkgroep voorsien sal word.
Dr Crafford
- 2001 se kruisings in die veld uitgeplant word en 2002 kruisings in die glashuis vir saadvoorraad geplant word;
- die kiemplasma in die glashuis geplant word sodat dit vars sal bly; en
- nuwe lyne evalueer kan word sodra genoeg saad beskikbaar is.
Besluit dat vordering rapporteer sal word soos die werk vorder.
H Agenbag
Dr CraffordVerslag oor buitelandse cultivars
Neem kennis dat die evaluering van die buitelandse cultivars in proses is en vordering afgewag word.
H Agenbag
Dr Crafford
Inligtingspamflet / nuusbrief
Canolafokus
Neem kennis dat
- die volgende nuusbrief in Junie sal verskyn; en
- die inligting oor swartstam infeksies nog nie gereed is nie, maar die werk deur die vennote (PNS/DLWK/GSA) voorgesit sal word en die inligting mettertyd publiseer sal word.
Redaksie
Lupino
Die volgende nuusbrief word in Junie publiseer.
Redaksie
Behoeftes van
Mark – Canola
Geen sake word aangemeld nie.
Mark – Lupiene
Geen sake word aangemeld nie.
Produsente – Canola
Pes- en plaagbeheer – swartstam
Neem kennis dat die swartstamprojek deur die DLWK instand gehou sal word en enige verdere resultate verskaf sal word soos dit beskikbaar raak.
Neem kennis van prof Lamprecht se navraag omtrent swartstam wat via saad oorgedra kan word en besluit dat dit opgevolg moet word.
Dr Crafford
Wisselboustelsel – ekonomiese data
Neem kennis dat mnr Hoffmann in proses is om die handleiding vir wisselboustelsels te finaliseer. Besluit dat die finale produk afgewag word.
Dr Crafford
Webtuiste vir PNS
Neem kennis dat goeie vordering met die ontwikkeling van die PNS webtuiste gemaak word.
Voorsitter
Plantmetodes vir beter vestiging van canola
Neem kennis dat die voorlegging vir die opvolgprojek ter aanvulling van beter plantmetodes vir olie- en proteïensaadgewasse, aan PNS Tegnologiekomitee voorgelê is.
Die nuwe projek sal op verskillende saaidigthede konsentreer. Die vergadering besluit dat daar na aanleiding van die inligting uit die Super Canola kompetisie, by die navorsers aanbeveel word dat die volgende digthede vergelyk moet word, naamlik 3 en 5 en 7kg per ha.
Voorsitter
Chlorofiel inhoud met lewering – gestandaardiseerde toetsmetode
Neem kennis dat
- chlorofiel-inhoud volgens dr Brand ook op die HPLC metode teen R314 per monster getoets kan word en ook deur die Infralizer getoets sal kan word;
- dit tot 100 monsters kan neem om die Infralizer te kalibreer; en
- SOILL tevrede is met die huidige "plankie" metode, en bereid is om die gradeerders beter op te lei sodat die menslike foute so ver moontlik uitgeskakel sal word.
Besluit dat
- dit noodsaaklik is dat daar 'n gestandaardiseerde betroubare metode ontwikkel moet word wat in dispuut-situasies gebruik kan word; en
- dr Kotzé en mnr Becker moet vasstel of daar internasionaal ander toetsmetodes vir chlorofiel-inhoud bestaan en daaroor aan die Werkgroep verslag moet doen.
Dr Kotzé
Mnr Becker
Produsente – Lupiene
Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betroubaarheidstoets
Neem kennis dat die monsters in Australië getoets word en dat terugvoering oor die gestandaardiseerde toets vir alkaloïedvlakke afgewag word.
Dr Brand
Gebruik van bitterlupiene in volstruisvoeding
Neem kennis dat die aanvaarbaarheidstoets van bitterlupiene in volstruisvoeding afgehandel is en voortgegaan word om die voedingswaarde daarvan te bepaal.
Besluit dat terugvoering oor die voedingswaarde van bitterlupiene in die volstruis-diëet afgewag word.
Dr Brand
Saad – canola
Canola cultivars onder besproeiing
Neem kennis dat die cultivarevalueringsproewe vir die besproeiingsgebiede die komende seisoen in aanvang sal neem. Voorlopig is 5 lokaliteite en 16 cultivars identifiseer.
Besluit dat vordering met cultivarevaluering in die besproeiingsareas deurlopend gegee sal word.
Dr Nel
Probleme met Varola 44
Neem kennis dat
- PNS gesprek gevoer het met die Bestuur van Advanta oor die beweerde probleme met Varola 44 en meegedeel is dat stappe geneem is om enige herhaling daarvan te voorkom.
- Advanta Bestuur onderneem het om in die toekoms die saad wat beskikbaar gestel word, meer noukeurig te kontroleer.
Besluit dat die saak voorlopig daar gelaat word.
Beskikbaarheid van saad
Neem kennis dat
- Advanta voldoende saad beskikbaar het om in sy kliënte se behoeftes te voorsien; en
- sekere cultivars wat deur Agricol ingevoer word, weens laat bestellings, nie betyds voor planttyd beskikbaar is nie en dit moontlik die aanplantings nadelig kan beïnvloed.
Daar word rapporteer dat die saad moontlik op 15 April vanaf die hawe beskikbaar vir verspreiding na kliënte sal wees.
Besluit dat voorsorg getref word dat voldoende saad voor elke planttyd beskikbaar moet wees.
Agricol
Advanta
Instandhouding van kiemplasmabank
Die saak is reeds onder punt 7.2.3 afgehandel.
Inligtingsdae 2003
13-16 Mei 2003 Nampo Oesdag 29 Julie 2003 CBK/PNS Canola Boeredag te Langgewens 20/21 Augustus BNK Megaweek 2/3 September Besigtiging cultivarproewe 9 September SKOG dag 18 September CRK Boeredag Super Canolakompetisie
Neem kennis dat
- reëlings getref is dat meer hulp met die praktiese beoordelingsproses van die kompetisie beskikbaar sal wees; en
- produsente voor aanvang van planttyd saam met hulle kunsmismaatskappye grondmonsters laat neem en daar vir die doeleinde van die kompetisie weer grondmonsters na bemesting geneem word om vas te stel of die grond-inhoud aan vereistes voldoen.
I Slabbert
C van RooyenDaar word ook kennis geneem dat
- die wenners van die Swartland kompetisie aangekondig is (mnre P Truter vir hoogste opbrengs en D Lesch vir beste bruto marge) en die verslagbundel by mnr Slabbert beskikbaar is; en
- die wenners ook by die CBK/PNS dag op 29 Julie betrek sal word.
Weervooruitskatting deur Mnr Cerfonteyn
Die klimaatsvooruisigte vir die Wes-Kaap word deur mnr Cerfonteyn verskaf.
H Cerfonteyn
Navorsingsbeplanning
Canola
Platsny en doodspuit
Neem kennis van die resultate oor verskillende oesmetodes, direk stroop, platsny en doodspuit met Reglone of Glifosaat (as nabootsing van platsny) soos deur mnr Hanekom verskaf.
Neem kennis en besluit dat
- die proewe ten opsigte van oestegnieke herbeplan en voortgesit moet word; en
- mnr Hanekom deurlopend vordering sal rapporteer.
D Hanekom
Neem verder met dank kennis dat Murray Voere aanbied om die DLWK van 'n vogtoetsmeter te voorsien.
Raaigras
Neem kennis dat die DLWK se projek op raaigras beheer 'n aanvang geneem het en vordering deurlopend rapporteer sal word.
Dr Crafford
Kombinering van saadbehandeling teen insekte met saadbehandeling teen swamme
Verslag hieroor is onder punt 7.1.4 gelewer.
Voorkoms en monitering van ondergrondse insekte
Daar word by die inligting soos in die vorige notule volstaan en besluit dat dr Laubscher en die US gesprek sal voer sodat daar die nodige koördinering tussen projekte sal wees.
Dr Laubscher
Prof LamprechtSaadbehandeling voor verkope
Neem kennis dat saadhandelaars onderneem om op die saadhouers aan te dui indien en waarmee ingevoerde saad voor verkope behandel is (plaaslike saad word nie voor verkope behandel nie). Besluit dat die saak as afgehandel beskou word.
Lupiene
Chemiese onkruidbeheer – Simasien noodregistrasie
Neem kennis dat die aansoek vir noodregistrasie van Simazien waarskynlik binne dae deur die Registrateur afgehandel sal wees.
Dr Griessel
Elsenburg Projekte
Neem kennis dat die opdateerde lys van navorsingsprojekte deur DLWK (canola en lupiene) teen Junie beskikbaar sal wees.
Dr Crafford
Saadbehandeling en na-opkoms middels
Reeds afgehandel onder punt 7.2.2
Antraknose
Die saak is nie meer ter sprake nie. Verwys verslag by punt 6.6 van hierdie notule.
Negatiewe e-pos oor canola
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander sake
SAGIS medewerkers
Neem kennis en besluit dat alle medewerkers wat canola inligting aan SAGIS moet voorsien, versoek word om dit so ver moontlik voor die vyftiende van elke maand aan SAGIS te verskaf.
Alle lede
Volgende vergadering
Besluit dat die vergadering op 12 Junie 2003 te Elsenburg gehou sal word.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.