Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 5 Februarie 2003 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Die vergadering word deur mnr Scholtemeijer met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral mnr Gertenbach van DLWK.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr M Griessel PNS
    Dr J de Kock PNS
    Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap
    Mnr TT de Villiers Departement Landbou Wes-Kaap
    Mnr D Hanekom DLWK
    Mnr HA Cerfonteyn DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr H de Wet DLWK
    Mnr WD Gertenbach DLWK
    Mnr W Voigt DLWK George
    Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg
    Mnr C van Rooyen DLWK Caledon
    Dr T Brand DLWK
    Dr D Crafford DLWK
    Dr JM Laubscher DLWK
    Mnr J Bruwer SSK
    Mnr K Becker SOILL
    Mnr P Laubscher BNK
    Mnr J Truter WPK
    Mnr A Haasbroek Boland Agri
    Mnr C van der Merwe MKB
    Mnr DR Lloyd Starke Ayres
    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr L Wille Agricol
    Mnr P Fouché Advanta
    Mnr K van der Linde Agricol
    Mnr K Schonken CBK
    Mnr D van Papendorp CBK
    Mnr N Vermaak GSA
    Dr AA Nel LNR-IGG
    Me L van Zyl Agri Wes-Kaap / Sekreta­rieel

    Verskonings

    Mnr J Lusse CRK
    Mnr J Loubser Bokomo
    Mnr H Kotzé Bokomo
    Mnr J Blomerus DLWK
    Mnr L Swartz Murray Voere
    Mnr L Robertson LOS
    Mnr N Mouton GSA
    Dr JA van Jaarsveld DLWK
    Dr M Hardy DLWK
    Dr PJ Pieterse US
    Prof A Agenbag US
    Prof S Lamprecht US
  3. Personalia

    Die vergadering wens mnr de Villiers geluk met sy verj­aardag en wens hom 'n aangename aftrede toe.

    Mnr C van Rooyen word geluk gewens en bedank vir die organisering van die Super Canola kompetisie in die Suid-Kaap. Neem kennis dat daar 'n puik samevatting van die kompetisie se bevindinge beskikbaar is.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Die volgende sake word tot die sakelys toegevoeg:

    • 9.5.3Beskikbaarheid van saad
    • 9.5.4Triasienbestande cultivars / onkruidbeheer
    • 9.8.1Verbetering van verbouiingspraktyke
  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule is goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënvalstreek

      1. Canola

        Suid-Kaap

        Die vooruitsigte lyk goed en 'n toename in aanplantings word verwag.

        Swartland

        Vooruitsigte lyk goed, geringe toename in aanplantings word verwag.

      2. Lupiene

        Suid-Kaap / Swartland

        'n Geringe toename kan verwag word.

    2. Somerreënvalstreek

      1. Canola

        Volgens die navrae behoort daar 'n toename in aan­plantings te wees. Daar moet nog bepaal word watter bydrae canola in die somer produksiegebiede kan maak.

        Sigorei produsente in die Oos-Kaap kan canola en soja as wisselbougewas gebruik om die aalwurmprobleem aan te spreek.

      2. Lupiene

        Neem kennis dat die PNS en LNR-IGG op 11 Februarie 2003 oor die toekoms van lupiene in die somerreënval­streek sal besin en besluit dat terugvoering afgewag word.

        Voorsitter

    3. Oesskatting

      Neem kennis van die jongste inligting vanaf die Nasionale Oesskattingskomitee wat aan lede voorsien is.

      H Cerfonteyn

    4. Graderingsregulasies vir lupiene

      Die kwaliteitsvereistes vir soetlupiene as veevoer is aan lede voorsien.

      Besluit dat die dokumentasie oor monsterneming by lupiene ook ter inligting by die notule aangeheg moet word.

      H Agenbag

    5. Prysvooruitskatting en internasionale mark­inligting

      Dr Griessel rapporteer dat die gemiddelde invoerprys van soja oliekoek (47% proteïen) volgens die internasionale voorsieningsposisie op R2 202 bereken word. (Wisselkoers = R8,61).

      1. Canola

        Die relatiewe waarde van volvet canola is dus soos volg:

        Pluimvee (94%) R2 070
        Varke (100%) R2 202
        Suiwel (58%) R1 277

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is soos volg:

        Pluimvee (53%) R1 167
        Varke (65%) R1 431
        Suiwel (60%) R1 321

      2. Lupiene

        Die afgeleide waarde van lupiene behoort soos volg te wees:

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 652
        R1 762
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R1 167
        R1 145
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R1 387
        R1 607
    6. Skoon saadbron vir lupiene

      Neem kennis dat reëlings nog in proses is en besluit dat PNS sal terugvoering gee sodra finaliteit omtrent 'n skoon saadbron vir die Wes-Kaap bereik is.

      Voorsitter

    7. Verslag Lupienkongres te Ysland, Junie 2002

      Neem kennis en besluit dat die Voorsitter sal reël dat die verslag oor die kongres in Ysland by die volgende vergadering beskikbaar sal wees.

      Voorsitter

    8. Model: Provide projek binne konteks van SA Landbou ekonomiese modelle

      Neem kennis dat die bestaande combuds opdateer word en besluit dat voorbeelde van dié vir canola en lupiene aan die Werkgroep voorsien moet word, sodra dit gereed is.

      H Agenbag

      Besluit dat die volledige geskrewe weergawe van dr Troskie se lesing wat hy gelewer het en/of mnr Joubert se opsomming van die lesing ter inligting van lede aangevra moet word.

      TT de Villiers (DLWK) vir dr Troskie
      Voorsitter vir mnr Joubert

    9. Oorsese reis na Australië

      Mnre Schonken en Cumming kry geleentheid om hulle indrukke van die Canola en Lupine bedrywe in Australië met die vergadering te deel.

      Wat veral opgeval het, is die omvang en doelgerigtheid van hulle navorsing. Volgens hulle mening behoort meer doel­gerigte navorsing oor weerstandbestuur en onkruidbeheer ook in Suid-Afrika gedoen te word.

      Neem kennis en besluit dat GSA versoek word dat die reeks artikels oor onkruidbeheer en weerstandbestuur wat in vorige uitgawes van SA Graan Tydskrif verskyn het, in een bundel saamgevat moet word en ter inligting vir die Werkgroep en produsente beskikbaar gestel kan word.

      N Vermaak

      Daar word ook besluit dat inligting omtrent die voor­komende maatreëls en goeie bestuurspraktyke vir on­kruidbeheer in die Canolafokus publiseer moet word.

      H Agenbag

    10. Produksie area kaarte: inligting van Mnr Wallace

      Daar word besluit dat:

      • die DLWK sal reël dat mnr Wallace en dr Troskie die bestaande produksie area kaarte vir canola en lupiene, soortgelyk aan dié wat die DLWK vir koring ontwikkel het, moet opdateer;
      • 'n voorlegging by die Junie vergadering gemaak moet word.

      M Wallace / D Troskie

  7. Nasionale cultivarproewe

    1. Canola

      1. Proewe in verband met hoër olie-inhoud

        Neem kennis dat die aanplantings vir proewe oor hoër olie-inhoud van canola op een van die proefplase herhaal sal word en terugvoering gegee sal word.

        D Hanekom / N Kotzé

      2. Bemesting

        Die inligting omtrent stikstoftoediening vir canola soos deur mnr Fouché verskaf, word aan lede voorsien.

        Daar word ook rapporteer dat daar bemestingsriglyne in die oorspronklike canola-handleiding vervat is en dat Kynoch ook in die verlede navorsingswerk daaroor gedoen het.

        Daar word besluit dat mnr Schonken die inligting vanaf Kynoch moet aanvra en aan die Werkgroep rapporteer.

        K Schonken

        Aangesien die samestelling van gronde wat in verskillende lande vir canola aanplantings gebruik word, deurgaans verskil, sal die bemestingspraktyke wat in ander pro­duserende lande gebruik word, nie noodwendig op Suid-Afrikaanse gronde van toepassing wees nie.

        Die vergadering besluit dat:

        • 'n samevatting van alle beskikbare plaaslike en Au­straliese inligting oor bemestingsbehoeftes en kunsmis­plasing gedoen moet word;
        • die tekortkominge (indien enige) vir plaaslike toe­stande identifiseer moet word en vasgestel moet word saam met watter maatskappy / instansie die nodige navorsing gedoen kan word om die tekortkominge aan te spreek;
        • die volgende persone onder leiding van mnr H Agen­bag, die bemestingsriglyne moet opdateer aan die hand van plaaslike navorsingsresultate, en aan die vergadering terug rapporteer, naamlik:

        D Hanekom / K Schonken / C van Rooyen / I Slabbert / P Fouché / H Agenbag

        Die CBK se versoek ten opsigte van kunsmisplasing by vestiging is na die PNS Tegnologiekomitee verwys en besluit dat reaksie afgewag word.

        Voorsitter

      3. Besigheidsplan vir canola

        Neem kennis dat daar op 5 Februarie met prof van Huyssteen (US) 'n gesprek gevoer word en terugvoering by 'n volgende vergadering gegee sal word.

        Dr de Kock

      4. Inligting in verband met saadbehandeling vanaf LNR-NIPB

        Besluit dat die finale resultate van die proewe ten opsigte van saadbehandeling teen grondgedraagde siektes by canola by 'n volgende vergadering beskikbaar sal wees.

        Prof Lamprecht

      5. Vorderingsverslag 2002 proefaanplantings (canola en lupiene)

        Neem kennis dat die verwerkte resultate van canola cultivarproewe in die jongste Canolafokus publiseer is en dié van lupiene binnekort vir publikasie in die Lupino gereed sal wees.

        D Hanekom

        Die opsomming van afgeleide gemiddeldes onderskeidelik vir canola en lupiene word skriftelike aan die vergadering voorsien en besluit dat dit aanvaar word.

        Daar word ook besluit dat alle rolspelers versoek word om die nodige erkenning aan die DLWK te gee wanneer amptelike syfers afkomstig vanaf die Departement in enige korrespondensie of dokumentasie gebruik word.

        Alle lede

    2. Lupiene

      1. Resultate: chemiese ontledings

        Die resultate van die 2001 chemiese ontledings sal binnekort gereed wees en die vergadering besluit dat dit afgewag word.

        D Hanekom

      2. Rhizobium en Metalaksiel: behandeling

        Neem kennis en besluit dat die resultate oor saad­behandeling (lupiene) met Rhizobium en Metalaksiel by 'n volgende vergadering verskaf sal word.

        Prof Lamprecht

      3. Evaluering van nuwe lupiencultivars

        Beplanning vir die volgende seisoen se cultivar ontwik­keling en evaluerings-proewe is in proses en daar word besluit dat vordering oor die volgende rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak:

        • Lyne uit die Monsanto kiemplasmabank
        • Buitelandse cultivars in Elite proewe

        D Hanekom / H Agenbag

  8. Inligtingspamflet

    1. Canolafokus

      Neem kennis dat die volgende mettertyd vir publikasie in die Canolafokus gebruik sal word:

      • Chlorofiel inhoud by lewering.
      • Resultate van Super Canolakompetisie en bekend­stelling van volgende kompetisie.
      • Swartstam infeksies.
      • Bestuursopsomming van navorsingsprojekte.
      • Onkruidbeheer / weerstandbestuur – punt 6.9 van hierdie notule.

      Redaksie

    2. Lupino

      Neem kennis dat die volgende Lupino binnekort gereed sal wees en dat daar in die Maart uitgawe inligting omtrent die invloed van enting op die proteïeninhoud van lupiensaad, verstrek sal word.

      Redaksie

      Neem kennis dat die SA Graan aan lede wat dit versoek, versend sal word en dat enige lid welkom is om bydraes aan die tydskrif voor te lê.

      Alle lede

      Besluit dat die redaksie en mnr Vermaak onderling sal reël dat alle inligting en artikels wat beskikbaar is, vir oorweging direk aan die redaksie van SA Graan voorsien sal word.

      Redaksie / N Vermaak

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      Geen verdere inligting omtrent onwettige hantering van olie is beskikbaar nie.

    2. Mark – Lupiene

      Geen sake word rapporteer nie.

    3. Produsente – Canola

      1. Pes- en plaagbeheer – swartstam

        Neem kennis dat daar in die volgende seisoen weer proefaanplantings by Outeniqua gemaak sal word om die effektiwiteit van chemiese middels teen swartstam te evalueer. Besluit dat vordering afgewag word.

        Dr Crafford

      2. Wisselboustelsel – ekonomiese data

        Neem kennis dat mnr Hoffmann verlof van die DLWK het om die handleiding vir wisselboustelsel te finaliseer terwyl hy in hulle diens is en dit aan die bedryf beskikbaar te stel.

        Dr Crafford

        Daar word ook besluit dat mnr Vermaak sal reël om die Bestuursopsomming van mnr Hoffmann se werk (ekono­miese data van 'n wisselboustelsel) by die DLWK te bekom en in die SA Graan te publiseer.

        N Vermaak

      3. Webtuiste vir PNS

        Neem kennis dat die PNS webtuiste tans ontwikkel word en besluit dat vordering afgewag word.

        Voorsitter

      4. Plantmetodes vir beter vestiging van canola

        Neem kennis en aanvaar die Bestuursopsomming oor optimale plantmetodes vir olie- en proteïensaadgewasse in die Wes-Kaap soos deur prof Agenbag voorsien. Die opsomming word vir publikasie beskikbaar gestel en die saak voorlopig as afgehandel beskou.

        Tegnologiekomitee / N Vermaak

        Neem kennis dat proff Agenbag en Lamprecht die voor­legging vir die opvolgprojek sal voorberei en aan PNS voorlê.

        Proff Lamprecht en Agenbag

      5. Chlorofiel inhoud met lewering

        1. Toetsmetodes

          Neem kennis van die opsomming deur mnr Bruwer en die sub-komitee wat tydens die vergadering beskikbaar gestel word en besluit dat dit by die notule aangeheg sal word.

          PNS kantoor

          Daar word verder rapporteer dat cultivarmonsters van vorige jare se cultivarproewe nie vir chlorofiel-inhoud getoets kan word nie, maar dat die cultivarproewe wel voortaan aan die toets onderwerp sal word.

          D Hanekom

          Op die oomblik word daar meestal van die "plankie"-metode gebruik gemaak om chlorofiel-inhoud te toets, maar daar bestaan ook ander metodes.

          Besluit dat dr Brand saam met die sub-komitee die onderskeie toetsmetodes sal bestudeer en aanbevelings ten opsigte van 'n meer gestandaardiseerde toetsmetode om chlorofiel-inhoud te bepaal (en moontlik ook 'n sentrale laboratorium), aan die Werkgroep voor te lê.

          Dr Brand

        2. Effek van chlorofiel op die veevoer voedingswaarde:

          Die vergadering neem kennis dat canola vir die doel van die veevoervervaardigers volgens olie en proteïen-inhoud (energiewaarde) aangekoop en vergoed word. Hulle is bereid om canola met 'n hoë chlorofiel-inhoud aan te koop, alhoewel die teenwoordigheid van chlorofiel die olie-inhoud van die produk en dus die totale voedingswaarde laat afneem. Dit is nie seker wat die verhouding tussen toename van chlorofiel en afname van olie-inhoud is nie.

          Die olie-inhoud van die saad ontwikkel eers in die "volwasse" stadium van die pitte. Wanneer canola te vroeg platgesny word of deur ryp beskadig word, is die pit nog nie voldoende ontwikkel nie. Dit bring mee dat die ontwikkelingsproses en kwaliteit van die olie dus nadelig beïnvloed word.

          In die geval van olie vir menslike gebruik word die kleur, geur, smaak en stabiliteit van die olie beïnvloed deur die teenwoordigheid van 'n oormaat chlorofil wat dus 'n swakker kwaliteit produk beteken.

          Die voorkoms van chlorofiel kan deur die regte produksie praktyke (en ook die regte klimaatsomstandighede!) voorkom word.

          Besluit dat

          • die produsente ingelig word dat die beste prys realisasie, chlorofiel-inhoud ingesluit, grootliks van die regte produksie praktyke afhanklik is;
          • produsente ingelig word insake die graderings­regulasies van canola, onder andere dat die olie en proteïen-inhoud (energiewaarde) van die produk deur SOILL en die veevoerbedryf as basis van aankope gebruik word.

          PNS en Landbouvoorligters

    4. Produsente – Lupiene

      1. Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betrou­baarheidstoets

        Neem kennis dat lupine saadmonsters in Australië getoets gaan word sodat 'n gestandaardiseerde toets ontwikkel kan word.

        Besluit dat vordering afgewag word.

        Dr Brand

      2. Gebruik van lupiene in volstruisvoeding

        Neem kennis dat dr Brand die moontlikheid van die gebruik van bitter lupiene in volstruisvoeding ondersoek en ook 'n vergelykende studie met die gebruik van soetlupiene by die ondersoek sal insluit.

        Besluit dat reaksie van dr Brand afgewag word.

        Dr Brand

    5. Saad – canola

      1. Beskikbaarheid van canola cultivars onder besproeiing

        Neem kennis dat daar oor die beskikbaarheid van cultivars wat in besproeiingsareas gesaai kan word, rapporteer sal word wanneer inligting beskikbaar raak.

        Dr Nel

      2. Probleme met Varola 44

        Neem kennis dat die gesprek tussen PNS en Advanta opgevolg sal word wanneer nodig.

        Voorsitter

      3. Beskikbaarheid van saad

        Neem kennis dat daar voldoende saad by die saad­maatskappye beskikbaar is.

      4. Gebruik van triasienbestande cultivars

        Daar word kennis geneem dat daar groot aanvraag vir triasienbestande cultivars is. Kommer word uitgespreek oor watter gevolg die gebruik van Simazien en Atrazien (nie in Suid-Afrika geregistreer) op dié cultivars vir die opvolggewas mag inhou.

    6. Instandhouding van kiemplasmabank

      Besluit dat die vermeerdering van materiaal uit Monsanto kiemplasmabank vir lupiene voortgaan en terugvoering deurlopend gegee sal word.

      Verwys ook punt 7.2.3 van hierdie notule.

      Mnr H Agenbag

    7. Inligtingsdae

      27 Februarie 2003 CRK Voorsaai Inligtingsdag
      18 Maart 2003 SKOG Voorsaai Inligtingsdag
      13-16 Mei 2003 Nampo Oesdag
      29 Julie 2003 CBK Boeredag saam met ca­nola inligtingsdag Wes-Kaap
      20/21 Augustus 2003 BNK Megaweek
      2/3 September 2003 Besigtiging van cultivarproewe
    8. Super Canolakompetisie

      Neem kennis en besluit dat

      • PNS oorweging sal gee hoe die verantwoordelike personeel in die praktiese beoordelingsproses tydens die canola kompetisie bygestaan kan word;

        Voorsitter

      • reëlings getref word dat die kompetisie vroegtydig en wyd adverteer moet word en dat grondontledings van die "kompetisie-land" voor planttyd beskikbaar moet wees, sodat bemesting daarvolgens toegedien kan word;

        Mnre Slabbert en Van Rooyen

      1. Nabetragting van kompetisie / verbeterde verbouiingspraktyke

        Neem kennis dat die deelnemers na afloop van die kompetisie geleentheid kry om as 'n groep die resultate te bespreek, en van mekaar te leer. Nuwe inligting soos byvoorbeeld oor die verbetering van verbouingspraktyke moet aan ander produsente beskikbaar gestel word.

        Mnre Slabbert en Van Rooyen

    9. Weervooruitskatting deur Mnr Cerfonteyn

      Die klimaatsvooruitsigte vir die Wes-Kaap tot April 2003 is by die sakelys aangeheg. Mnr Cerfonteyn verskaf die jongste vooruitsigte en die nodige dokumentasie word by die notule aangeheg.

      H Cerfonteyn

    10. Opbergingsfasiliteite

      Neem kennis dat voldoende opbergingsfasiliteite vir die huidige oes beskikbaar is.

  10. Navorsingsbeplanning

    1. Canola

      1. Platsny en doodspuit

        Neem kennis dat die finale resultate nog nie gereed is nie en afgewag word.

        D Hanekom

      2. Raaigras

        Neem kennis dat die projek op raaigras beheer by die DLWK vanjaar in aanvang sal neem. Vordering sal rapporteer word wanneer resultate beskikbaar is.

      3. Kombinering van saadbehandeling teen in­sekte met saadbehandeling teen swamme

        Besluit dat die saak oorstaan totdat prof Lamprecht teenwoordig is om verslag te doen.

        Prof Lamprecht

      4. Voorkoms en monitering van ondergrondse insekte

        Neem kennis dat dr Laubscher voorbereidings tref om in oorleg met die landboubesighede tydens die volgende seisoen 'n moniteringsprogram vir ondergrondse insekte te loods.

        Besluit dat dr Laubscher met prof Lamprecht in verbinding moet tree sodat daar die nodige koördinering tussen projekte sal wees.

        Dr Laubscher
        Prof Lamprecht

        Daar word verder kennis geneem dat saadmaatskappye normaalweg net vooraf behandeling teen stoorinsekte en -swamme doen. Ander voorafbehandeling deur die saad­handelaars beïnvloed die saad se leeftyd en dit sal meer effektief wees indien produsente hulle eie behandeling doen net voordat die saad gebruik word. 'n Oordosis chemiese middels kan boonop die kiemkragtigheid van saad benadeel. Indien saad wel vooraf behandel word, moet dit op die houer aangedui kan word.

        Besluit dat Agricol en Advanta versoek word om op die saadhouer aan te dui waarvoor die saad reeds vooraf behandel is en dat produsente ingelig word om verdere behandeling daarvolgens te beplan.

        Advanta / Agricol

    2. Lupiene

      1. Chemiese onkruidbeheer

        Neem kennis dat Simazien wel vir gebruik op canola geregistreer is en dat die aansoek om registrasie vir die gebruik op lupiene in proses is.

        Besluit dat mnr Cumming sal help dat die versoek vir 'n noodregistrasie so vinnig moontlik finaliseer en ingedien kan word.

        Vordering sal rapporteer word sodra enige antwoord ontvang word.

        Mnre Cumming, Agenbag en Dr Griessel

      2. Elsenburg Projekte

        Besluit dat

        • die opdateerde lys van DLWK se navorsingsprojekte op canola en lupiene, ter inligting aan die Werkgroep voorsien sal word.
        • finale verslag van die projek oor chemiese beheer van probleem onkruide afgewag word.

        Dr Crafford

      3. Saadbehandeling en na-opkoms middels

        Geen verdere inligting is beskikbaar nie en daar word besluit dat vordering afgewag word.

        Prof Lamprecht

      4. Antraknose navorsing

        Geen verdere inligting is beskikbaar nie en daar word besluit dat vordering rapporteer sal word.

        Dr Griessel

      5. Potensiële gebruik van bitter lupiene vir vee­voerrantsoene

        Besluit dat die saak onder punt 9.4.2 afgehandel is en nie weer herhaal word nie.

  11. Negatiewe e-pos oor canola

    Neem kennis dat geen verdere inligting rapporteer word nie.

  12. Ander sake

    Geen.

  13. Datum van volgende vergadering

    Besluit dat die volgende vergadering op 15 April 2003 te Elsenburg gehou sal word.

  14. Afsluiting

    Die vergadering word afgesluit en verdaag.