- 5 DESEMBER 2006
- 4 OKTOBER 2006
- 3 AUGUSTUS 2006
- 3 MEI 2006
- 28 FEBRUARIE 2006
- 30 JANUARIE 2006
Notule
Sojawerkgroepvergadering
gehou om 10h00 op 3 Augustus 2006 in die PNS-Raadsaal te Rivonia
Opening
Die vergadering word deur mnr J du Plessis met gebed geopen.
Verwelkoming
Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal hartlik welkom by die vergadering en in besonder vir dr H du Plessis van die LNR-IGG, wat die Sojawerkgroep vergadering vir die eerste keer bywoon.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Mnr GW Bührmann Gideon Bührmann Saad Mnr JP Botma Produsent: Noordwes Vrystaat Mnr CN Barnard MGK Obaro Mnr AJ Cronje Produsent: Mpumalanga Mnr A de Klerk Du Pont Dr J de Kock PNS Mnr CJ du Plessis PNS Dr H du Plessis LNR-IGG Dr M Griessel PNS Mnr C Havenga Agriocare Mnr L Killian PNS-Kontrakteur Mnr ID Lamprecht Departement van Landbou, Land Admin: Mpumalanga Mnr WA Loubser SANSOR Mnr JC Lubbe Agriocare Mnr E Maree PNS-Kontrakteur Mnr FAS Potgieter GSA Mej M Scheepers Nasionale Departement van Landbou Mnr WF van Wyk PNS-Kontrakteur Mnr S van Zyl GSA Mnr G Keun OPOT Mnr N Fouché Sekretariaat Verskonings
Mev R Beukes Nasionale Departement van Landbou Mev AG Enslin SAGIS Mnr G de Beer LNR-IGG Mnr A van Vuuren NWK Beperk
Personalia
Die vergadering neem kennis dat mnr G de Beer 'n operasie ondergaan het en wens hom 'n spoedige beterskap toe.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar nadat die volgende besprekingspunt toegevoeg is:
- Item 13.4 – Sojaboonolie: Boomsaagmark
Notule van die vergadering van 3 Mei 2006
Besluit:
- Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 3 Mei 2006 goedgekeur word.
Algemene oorsig
Oesskatting
Kennis word geneem van die oesskatting wat as Bylae B by die sakelys aangeheg is.
Kennis word geneem dat 384 000 ton van die 414 000 ton sojabone reeds gelewer is.
Mnr Bührmann noem dat daar nog baie sojabone by produsente in hul store geberg word. Volgens SANSOR is tans sowat 88% van alle sojaboonsaad, saad wat deur produsente teruggehou word.
Provinsies
KwaZulu-Natal
Mnr Du Plessis rapporteer dat die oesskattingsyfers van 25 000 ha en 62 500 ton aanvaarbaar is.
Mnr Du Plessis sê dat hy baie tevrede is met die gemiddelde opbrengs van 2,5 ton/ha vir KwaZulu-Natal. Hy meld verder dat daar 'n Super Sojakompetisie produsent is wat gemiddeld 5 ton/ha onder besproeiing gelewer het.
Die swakker opbrengste in sommige gebiede word toegeskryf aan die feit dat sclerotinia skade veral in die Piet Retief omgewing voorgekom het. Sclerotinia was egter beperk tot sekere plase.
Tydens die blomstadium in KwaZulu-Natal het baie bewolkte toestande voorgekom wat ook 'n negatiewe invloed op die opbrengste van die sojabone gehad het. Daar is ook dele wat versuip het.
Mpumalanga
Na bespreking van die oppervlakte en opbrengste in Mpumalanga voel die werkgroep dat die oppervlakte nie aangepas moet word nie, maar dat die opbrengste hoër is en wel aangepas moet word.
Mnr Du Plessis noem dat die produsente in Piet Retief 'n gemiddeld van 3,8 ton/ha gelewer het sonder die opbrengste van die produsente wat sclerotinia skade gehad het.
Mnr Bührmann versoek dat daar vasgestel moet word wat die grond status van die produsent was wat gemiddeld 5 ton/ha onder besproeiing in KwaZulu-Natal gelewer het.
Mnr Van Wyk sê dat daar in Mpumalanga 'n produsent is wat glad nie bemes het nie en 'n gemiddeld van 2,7 ton/ha gelewer het, terwyl 'n ander produsent in dieselfde omgewing wel bemes het en 'n gemiddeld van 2,6 ton/ha gelewer het op droëland. Hy sê verder dat die grond oor die jare baie goed opgebou is, maar dat die produsente wat nie bemes nie besig is om roofbou toe te pas. Die grootste rede vir die toename in opbrengste in die Mpumalanga gebied kan toegeskryf word aan die feit dat die produsente beide in nou rye en vroeg reeds begin plant het.
Noordwes
Mnr Potgieter noem dat hy tevrede is met die oesskattingskomitee se syfer van 10 000 ha en 'n gemiddeld opbrengs van 2 ton/ha.
Limpopo
Die Werkgroep voel dat daar heelwat meer aanplantings in die droëland gebiede aangeplant is en die oppervlakte van 13 000 ha opwaarts aangepas kan word.
Noord-Kaap
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Vrystaat
Mnr Maree noem dat hy tevrede is met die Oesskattingskomitee se oppervlakte en dat opbrengste opwaarts aangepas kan word na 1,8 ton/ha gemiddeld.
Oos-Kaap
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Suidwestelike Distrikte
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Gauteng
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Weer- en klimaatsvooruitskouing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Mikpunte: 2010 en 2020
Drie-jaar vooruitskatting
Die Voorsitter reël dat biodiesel tydens hierdie vergadering bespreek sal word en dat die vooruitskatting vir die volgende drie (3) jaar sal oorstaan vir bespreking tydens die volgende vergadering.
Besluit:
- Dat die vooruitskatting vir die volgende drie (3) jaar sal oorstaan vir bespreking tydens die volgende vergadering.
Werkgroep
- Dat die vooruitskatting vir die volgende drie (3) jaar sal oorstaan vir bespreking tydens die volgende vergadering.
SAGIS
Kennis word geneem van die verslag van SAGIS wat as Bylae C by die sakelys aangeheg is.
GSA-markinligting
Kennis word geneem van die markinligting van GSA wat as Bylae D by die sakelys aangeheg is.
Mnr Van Zyl onderneem om die inligting voor elke Sojawerkgroep vergadering op te dateer en aan die PNS-kantoor beskikbaar te stel vir insluiting in die sakelys.
Die Werkgroep versoek mnr Van Zyl om die RSA syfers ook in te skakel by item 1.1.1 se tabelle een (1), twee (2) en drie (3).
Besluite:
- Dat mnr Van Zyl die GSA-Markinligting sal opdateer en aan die PNS-kantoor beskikbaar sal stel vir insluiting in die Sojawerkgroep sakelys.
Mnr Van Zyl
- Dat mnr Van Zyl versoek word om die RSA syfers ook in te skakel by item 1.1.1 se tabelle een (1), twee (2) en drie (3).
Mnr Van Zyl
- Dat mnr Van Zyl die GSA-Markinligting sal opdateer en aan die PNS-kantoor beskikbaar sal stel vir insluiting in die Sojawerkgroep sakelys.
Markaangeleenthede
Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik
Kennis word geneem van die prysinligting van dr Griessel wat as Bylae E by die sakelys aangeheg is.
Dr Griessel skets die waarde van sojabone, soos afgelei van sojaboonoliekoek. Dit verskyn ook op die PNS-webwerf.
Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 3 Augustus 2006 Verskeping: R1 795 | Wisselkoers: R6.93/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 1 795.00 Spoorvrag na Randfontein 170.00 1 965.00 Waarde van volvetsoja 110% R2 162.00 Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 561.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 102.00 – Rente 12% (6 maande) 106.00 – Ekstrusiekoste 180.00 – 5% ekstrusieverlies 103.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R1 601.00 Die Voorsitter noem dat daar mettertyd gesprek gevoer sal word om die bepaling van die invoerpariteitsprys te bespreek en die Voorsitter, dr Griessel, mnr Van Zyl (GSA) en me Enslin (SAGIS) betrek sal word.
Besluit:
- Dat gesprek gevoer sal word om die bepaling van die invoerpariteitsprys te bespreek en die Voorsitter, dr Griessel, Mnr Van Zyl (GSA) en me Enslin (SAGIS) betrek sal word.
Voorsitter
Mnr Keun
- Dat gesprek gevoer sal word om die bepaling van die invoerpariteitsprys te bespreek en die Voorsitter, dr Griessel, Mnr Van Zyl (GSA) en me Enslin (SAGIS) betrek sal word.
SAFEX
Mnr Du Plessis noem dat die SAFEX prys vir die lewering van sojabone in Augustus 2006 gewissel het tussen R1 840 - R1 860.
Mnr Du Plessis meld dat daar reeds 67% graad een (1) mielies gelewer is, 26% graad twee (2) is en 5% graad drie (3) mielies. Hierdie lewerings het direkte implikasie op volvetsojaboon verkope, aangesien die prys verskil tussen graad een (1) en graad twee (2) mielies tussen R150 en R200 is.
Produsente-aangeleenthede
KwaZulu-Natal
Super Sojakompetisie – terugvoering
Kennis word geneem dat die Super Sojakompetisie op 26 en 27 September 2006 onderskeidelik te Winterton en Dundee plaasvind.
Navorsing
Mnr Du Plessis noem dat die Departement van Landbou, KZN 3 500 ha goedgekeur het vir opkomende produsente om op kommersiële plase kontrak verbouing met sojabone te doen. Die Departement van Landbou, KZN gee die kleinboere in groeps- en koöperasie verband insetfinansiering om op kommersiële plase sojabone te plant met die voorwaarde dat die produsent 'n Kontrakteur kry om te help vir die eerste jaar en dat 'n vaste kontrak vir lewering van die produk aangegaan moet word.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Mpumalanga
Stikstofbemestingsprobleme in Mpumalanga – terugvoering
Na bespreking van die stikstofbemestingsprobleme in Mpumalanga besluit die werkgroep dat die aangeleentheid na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word om die regte aanduidings en riglyne te gee na aanleiding van sojaboonproewe in die sandgronde met minder as 14% klei.
Dr De Kock meld dat die volgende aangeleenthede pertinent onder die aandag van produsente gebring moet word naamlik dat:
- die grondsuurheidstatus vasgestel moet word en ook die aluminiumversadiging.
- die aalwurm telling bepaal moet word om te verseker dat dit binne die voorgeskrewe riglyne is.
Na bogemelde kan produsente kyk na grondontledings en hulle bemesting daarvolgens aanpas.
Na bespreking van die opmerkings van dr De Kock besluit die werkgroep dat dit baie belangrik is om die noodsaaklikheid van ordentlike grondontledings aan produsente uit te wys, aangesien regstellings volgens die grondontledings gedoen moet word. Dit is baie duidelik dat hierdie regstellings hoër opbrengste per hektaar tot gevolg sal hê.
Besluit:
- Dat die stikstofbemestingsprobleme in Mpumalanga na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word om die regte aanduidings en riglyne te gee na aanleiding van sojaboonproewe in die sandgronde met minder as 14% klei.
Sekretaresse
Tegnologiekomitee
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Noordwesprovinsie
NWK Proefresultate met stikstof vir publikasie in SA Graan
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Limpopo
Navorsing
Mnr Van Wyk noem dat die Departement van Landbou 'n projek het wat reeds hierdie seisoen begin om in die Limpopo Provinsie elke jaar vir die volgende tien (10) jaar opkomende produsente by te staan om 1 000 ha sojabone te plant.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Vrystaat
Navorsing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Oos-Kaap
Navorsing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Suidwestelike Distrikte
Navorsing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Gauteng
Navorsing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Noord-Kaap
Navorsing
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Beplanningsvergadering
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ander
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Algemeen
Biodiesel
Aansoek om rabat
Die Voorsitter noem dat dit onder die PNS se aandag gekom het dat dit in die staatskoerant gepubliseer is dat SASOL aansoek gedoen het om rabat op die invoer van sojabone vir biodiesel. Die vergadering sal op hoogte gehou word van enige verwikkeling in hierdie verband.
Mnr Van Zyl noem kortliks dat GSA die rabat aansoek ondersteun op die volgende voorwaardes:
- dat die rabat uitsluitlik op sojabone vir die vervaardiging van biodiesel is;
- dat daar deeglike kontrolering en polisiëring van die ingevoerde sojabone en die rabat moet wees;
- dat, indien die plaaslike produksie tot voldoende vlakke gestyg het, die rabat toegewing wegval en dat die normale invoertarief weer in werking gestel sal word; en
- dat die rabat nie net geldig is vir SASOL nie, maar vir enige een wat sojabone wil invoer vir die produksie van biodiesel.
Kennis word geneem dat SASOL in 2008 biodiesel wil produseer.
Besluit:
- Dat die vergadering op hoogte gehou sal word ten opsigte van die rabat op ingevoerde sojabone vir die vervaardiging van biodiesel.
Voorsitter
Verslag van PNS-studietoer
Daar word met dank kennis geneem van die voorlegging van dr Griessel insake die studietoer na Amerika / Duitsland / Kanada.
Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van dr Griessel by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Besluit:
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van dr Griessel by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Sekretaresse
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van dr Griessel by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Sleepstroper
Hierdie aangeleentheid staan oor tot 'n volgende vergadering.
Besluit:
- Dat die sleepstroper oorstaan tot 'n volgende vergadering.
Sekretaresse
- Dat die sleepstroper oorstaan tot 'n volgende vergadering.
Gesprek met provinsiale departemente insake Nasionale cultivarproewe
Die Voorsitter rapporteer dat hy gesprek gevoer het met die Departement van Landbou, KZN insake die Nasionale Cultivarproewe en terugvoering in hierdie verband word afgewag. Die vergadering sal op hoogte gehou word.
Die Voorsitter noem dat die gesprek met die Departement van Landbou, Mpumalanga nog nie plaasgevind het nie en dus oorstaan.
Besluite:
- Dat die vergadering op hoogte gehou sal word insake vordering na aanleiding van die gesprek met die Departement van Landbou, KZN.
Voorsitter
- Dat die gesprek met die Departement van Landbou, Mpumalanga nog nie plaasgevind het nie en dus oorstaan.
Voorsitter
- Dat die vergadering op hoogte gehou sal word insake vordering na aanleiding van die gesprek met die Departement van Landbou, KZN.
Beplanning ten opsigte van die skryf en publisering van artikels uit die sojaboonhandleiding – PNS-Tegnologiekomitee
Dr De Kock rapporteer dat die opdatering van die handleiding in die proses is en die outeurs gevra is om die onderskeie onderwerpe te hersien. Dr De Kock noem verder dat daar ook reeds artikels aan die hand van die sojaboon handleiding beskikbaar gestel is en dat GSA genader sal word om die artikels te publiseer.
Besluit:
- Dat GSA genader sal word om die artikels wat beskikbaar gestel is aan die hand van die sojaboon handleiding in SA Graan te publiseer.
Dr De Kock
Mnr Keun
- Dat GSA genader sal word om die artikels wat beskikbaar gestel is aan die hand van die sojaboon handleiding in SA Graan te publiseer.
Navorsing
Nasionale cultivarproewe
Dr Du Plessis noem dat mnr De Beer aan haar genoem het dat die resultate van die cultivarproewe baie stadig ingekom het. Dr Du Plessis noem verder dat daar ook navraag was om in die Noordwes Koöperasie gebied 'n ekstra proef te plant. Die saak is reeds met dr De Kock bespreek in 'n poging om die nodige kontak persoon daar te kry.
Mnr Maree meld dat daar probleme is by Vrystaat Koöperasie, aangesien hul, hul departement Landbounavorsing gesluit het en daar nie meer proewe gedoen kan word op Frankfort en Vrede nie. Hierdie aangeleentheid sal tydens die Cultivarevaluasiekomiteevergadering op 6 September 2006 bespreek word.
Besluit:
- Dat die probleem in die gebied van Vrystaat Koöperasie tydens die Cultivarevaluasiekomiteevergadering op 6 September 2006 bespreek sal word.
Mnr Maree
- Dat die probleem in die gebied van Vrystaat Koöperasie tydens die Cultivarevaluasiekomiteevergadering op 6 September 2006 bespreek sal word.
Roes
Inligting vanaf Roestaakspan
Die Voorsitter meld dat die Roestaakspan onlangs vergader het, en die projekte vir aanstaande jaar bespreek het. Die Voorsitter doen aan die hand dat die goedgekeurde projekte ten opsigte van roes by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aangeheg moet word.
Die afgelope seisoen is roes waargeneem by Cedara, Karkloof, Greytown, Nelspruit, Piet Retief, Vryheid, Morgenson, Amersfoort, Winterton, Kinross, Normandien, Kestell, Potchefstroom, Kroonstad en Letsitele. Mnr Keun word versoek om vas te stel of die roes wat by Letsitele waargeneem is, wél op sojabone voorgekom het, en indien nie, die notule dienooreenkomstig aan te pas.
Die Voorsitter beklemtoon dat 'n dringende beroep op produsente gedoen sal word om baie versigtig te wees indien 'n land sojabone besoek word waar roes voorgekom het, sodat die roesspore nie verder versprei word met bakkies, stropers en skoene nie.
Tydens die Roestaakspan vergadering is genoem dat daar sekere produsente is wat nie bekend is met sojaboonroes nie. Hierdie aangeleentheid sal na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word om alternatiewe te ondersoek om die produsente meer blootstelling te gee aan sojaboonroes.
Besluite:
- Dat die goedgekeurde projekte ten opsigte van roes by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aangeheg sal word.
Sekretaresse
- Dat die nodige beroep op produsente gedoen sal word om baie versigtig te wees indien 'n land sojabone besoek word waar roes voorgekom het ten opsigte van bakkies, stropers en skoene.
Werkgroep
- Dat die gebrek aan blootstelling van produsente aan sojaboonroes na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word vir bespreking.
Sekretaresse
Mnr Keun
- Dat die goedgekeurde projekte ten opsigte van roes by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aangeheg sal word.
Sclerotinia
Proefwerk – terugvoering
Kennis word geneem van die notules van die Sclerotinia-werkgroep wat as Bylae G by die sakelys aangeheg is.
Daar word met dank kennis geneem van die voorlegging van dr De Kock insake sclerotinia. Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van dr De Kock by die volgende sakelys aan te heg.
Mnr Potgieter meld dat daar gemiddeld 17% sclerotinia voorgekom het in die totale sojaboon oes die afgelope seisoen.
Me Scheepers gee kortliks terugvoering insake die inligting wat ontvang is met die vraelyste wat uitgestuur is aan die medewerkers. Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van me Scheepers by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aan te heg.
Die Voorsitter bedank die Oesskattingskomitee vir die bereidwilligheid om vas te stel wat die omvang van die voorkoms van sclerotinia by sojabone was.
Besluite:
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van dr De Kock by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Sekretaresse
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van me Scheepers by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Sekretaresse
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van dr De Kock by die sakelys van die volgende Sojawerkgroep aan te heg.
Produksiekostebepalings
Proefwerk – terugvoering
Kennis word geneem van die Bestuursopsommings insake die Mielie/peulplantkombinasie as strategiese weiding vir skape wat as Bylae H by die sakelys aangeheg is.
Mnr Lamprecht onderneem om die inligting van dr Bekker aan die Sekretaresse beskikbaar te stel om by 'n volgende sakelys van die Sojawerkgroep aan te heg.
Besluit:
- Dat mnr Lamprecht die inligting van dr Bekker rakende die produksiekostebepalings aan die Sekretaresse beskikbaar sal stel om by 'n volgende sakelys van die Sojawerkgroep aan te heg.
Mnr Lamprecht
Sekretaresse
- Dat mnr Lamprecht die inligting van dr Bekker rakende die produksiekostebepalings aan die Sekretaresse beskikbaar sal stel om by 'n volgende sakelys van die Sojawerkgroep aan te heg.
Saad
Terughouding van saad
Mnr Barnard wys daarop dat koste van saad 'n groot rol speel in die terughouding van saad van eie graan vir saad deur produsente volgens 'n studie wat gedoen is. Hy noem dat die terughou van saad so hoog soos 90% kan wees die afgelope seisoen.
Mnr Loubser deel die vergadering mee dat SANSOR in die Wes-Kaap 'n soortgelyke situasie gehad het en dat die terughou van koringsaad 'n groot faktor geword het. Hy beklemtoon dat hoe meer saad teruggehou word hoe moeiliker dit word vir die saadmaatskappye om voort te bestaan en hoe duurder word die prys van gesertifiseerde saad.
Mnr Loubser beklemtoon dat die terughou van saad 'n baie ernstige probleem skep, aangesien groot rolspelers reeds besig is om van die saad mark te onttrek. In 'n poging om die praktyk van terughou van saad aan te spreek het SANSOR in samewerking met die Registrateur van Plantverbetering ten opsigte van koring gepoog om 'n stelsel daar te stel dat die terughou van saad gegewe is en die bedryf daarmee moet saamleef. Sekere verwerkingsaanlegte het informeel saad verwerking gedoen, maar in 'n poging om die saadmaatskappye behulpsaam te wees is besluit dat alle skoonmaak fasiliteite geregistreer moet word onder die Plantverbeteringswet en dat net sulke instansies genader sal kan word om saad vir produsente te verwerk.
In beginsel beteken die nuwe skema dat die verwerkingsaanlegte 'n ooreenkoms moet aangaan met die saadmaatskappy wie se saad skoon gemaak word ten gunste van die produsent dat genoemde verwerkingsaanleg wel vergoeding in die vorm van tantiéme aan die betrokke saadmaatskappy sal oorbetaal. Hierdie beginsel is deur die rolspelers in die geval van koring aanvaar asook deur die Registrateur van Plantverbetering. Daar sal 'n konsep opgestel word wat teen die einde van die jaar beskikbaar gestel sal word. Die Registrateur wil egter nie net hierdie spesifieke aangeleentheid aanspreek nie, maar ander soortgelyke aangeleenthede en dit sal 'n tydsame proses wees.
Mnr Lubbe voel dat daar gekyk moet word na die behoefte van die produsent alvorens verdere navorsing in hierdie verband gedoen word.
Mnr Bührmann meld dat as saadmaatskappy, hy reeds sestien (16) jaar gelede aanbeveel het dat produsente 'n sekere persentasie nuwe saad moet aankoop en die balans van die produsent se eie graan skoon gemaak moet word deur 'n geregistreerde skoonmaak instansie. Mnr Bührmann wys daarop dat hy self produsente se plase besoek het en die land geïnspekteer het alvorens saad vir produsente skoon gemaak is.
Mnr Potgieter noem dat GSA se uitgangspunt is dat terughouding van saad nie aanbeveel word nie. Die Voorsitter versoek mnr Du Plessis om seker te maak wat die uitgangspunt van GSA is in hierdie verband, aangesien die aangeleentheid tydens die eersvolgende Raadsvergadering van die PNS bespreek sal word.
Die Voorsitter reël dat die terughou van saad 'n beginsel saak is waaroor die Raad van die PNS hom sal moet uitspreek. Hierdie aangeleentheid word na die PNS-Raad verwys vir bespreking en goedkeuring al dan nie van die dokument wat opgestel is deur die PNS-Tegnologiekomitee.
Die Sekretaresse word versoek om die dokument van die Tegnologiekomitee insake die terughouding van saad by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aan te heg.
Besluite:
- Dat mnr Du Plessis versoek word om seker te maak van die uitgangspunt van GSA ten opsigte van die terughouding van saad vir bespreking tydens die volgende Raadsvergadering van die PNS.
Mnr Du Plessis
- Dat die terughouding van saad na die PNS-Raad verwys word vir bespreking en goedkeuring al dan nie van die dokument wat opgestel is deur die Tegnologiekomitee.
Sekretaresse
- Dat die dokument van die PNS-Tegnologiekomitee insake die terughouding van saad by die volgende sakelys van die Sojawerkgroep aangeheg sal word.
Sekretaresse
- Dat mnr Du Plessis versoek word om seker te maak van die uitgangspunt van GSA ten opsigte van die terughouding van saad vir bespreking tydens die volgende Raadsvergadering van die PNS.
Tegnologie-oordrag
Inligtingsdae 2006
Kennis word geneem van die toekomstige inligtingsdae van belang:
15 Augustus 2006 Inligtingsdag – Obaro: Brits 16 Augustus 2006 Inligtingsdag – Obaro: Tabazimbi 26 September 2006 Super Sojakompetisie: Winterton 27 September 2006 Super Sojakompetisie: Dundee
Sojaforum
Terugvoering van die vergadering van die Sonneblom- en Sojaforum
Geen.
Sake om na die volgende Forum te verwys
Geen.
Ander sake
Inligting vir plasing op die webtuiste
Geen.
Nuus vir Landbouradioprogram
Geen.
Registrasie van flusilazole-bevattende produkte vir ascocytha-beheer by sojaboon
Dr De Kock noem dat die nodige skrywe aan Du Pont gerig is insake registrasie van flusilazole-bevattende produkte. Terugvoering in hierdie verband word nog afgewag.
Besluit:
- Dat terugvoering vanaf Du Pont rakende die registrasie van flusilazole-bevattende produkte afgewag word.
Dr De Kock
Mnr Keun
- Dat terugvoering vanaf Du Pont rakende die registrasie van flusilazole-bevattende produkte afgewag word.
Sojaboonolie: boomsaagmark
Mnr Bührmann meld dat hy navraag ontvang het vanaf die Boomsaagmark insake die gebruik van sojaboonolie. Daar word jaarliks 1.1 miljoen ton olie gebruik in die Boomsaagbedryf. Mnr Van Wyk word versoek om meer besonderhede te kry by mnr Bührmann insake die navraag van die Boomsaagmark. Die vergadering sal op hoogte gehou word.
Besluit:
- Dat mnr Van Wyk versoek word om meer besonderhede te kry by mnr Bührmann insake die navraag na sojaboonolie van die Boomsaagmark.
Mnr Van Wyk
- Dat mnr Van Wyk versoek word om meer besonderhede te kry by mnr Bührmann insake die navraag na sojaboonolie van die Boomsaagmark.
Datums van volgende vergaderings
Die vergadering neem kennis van die datums van die Sojawerkgroepvergaderings vir die res van die jaar:
- 4 Oktober 2006
- 5 Desember 2006
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die lede vir 'n aangename en sinvolle vergadering. Hy wens elkeen 'n veilige terugrit toe en verdaag die vergadering om 13:15.