Notule
Sojawerkgroepvergadering
gehou om 10h00 op 3 Mei 2006 in die PNS-Raadsaal te Rivonia
Opening
Die vergadering word deur dr De Kock met gebed geopen.
Verwelkoming
Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal hartlik welkom en in besonder vir mnr Nimrod Barnard van MGK in Noordwes, wat die Sojawerkgroepvergaderings vir die eerste keer bywoon.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr L Killian PNS-Kontrakteur Mnr WF van Wyk PNS-Kontrakteur Mnr E Maree PNS-Kontrakteur Mej M Scheepers Nasionale Departement van Landbou Mnr FAS Potgieter GSA Mnr GW Bührmann Gideon Bührmann Saad Mnr JP Botma Produsent: Noordwes Vrystaat Mnr ID Lamprecht Departement van Landbou, Land Admin: Mpumalanga Mnr CJ du Plessis PNS Mnr JC Lubbe Agriocare Mnr CN Barnard MGK Obaro Mnr A van Vuuren NWK Beperk Mnr A de Klerk Du Pont Mnr AJ Cronje Produsent: Mpumalanga Mnr C Havenga Agriocare Mnr G Keun OPOT Mnr N Fouché Sekretariaat Verskonings
Mnr A Jarvie Pannar Mev AG Enslin SAGIS Mev R Beukes Nasionale Departement van Landbou Mnr G de Beer LNR-IGG
Personalia
Geen.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar nadat die volgende besprekingspunt toegevoeg is:
- Item 11.1 – Terughouding van saad
Notule van die vergadering van 28 Februarie 2006
Besluit:
- Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 28 Februarie 2006 goedgekeur word.
Algemene oorsig
Oesskatting
Die Voorsitter beklemtoon die belangrikheid van die werkgroepslede se insette, wat deur die Oesskattingskomitee in ag geneem word. Mej Scheepers hou die jongste inligting van die Oesskattingskomitee aan die vergadering voor, soos op 20 April 2006 gepubliseer.
Oppervlakte beplant Finale oes Oppervlakte beplant Derde skatting 2004/2005 2004/2005 2005/2006 2005/2006 (ha) (ton) (ha) (ton) Sonneblomsaad 460 000 620 000 472 480 556 970 Sojabone 150 000 272 500 239 570 383 245 Die provinsiale indeling van die oesskatting vir sojabone, is volgens die Oesskattingskomitee as volg:
Provinsie Oppervlakte beplant Derde skatting Opbrengs Oppervlakte beplant Finale oes Opbrengs 2005/2006 2005/2006 2005/2006 2004/2005 2004/2005 2004/2005 (ha) (ton) (per ha) (ha) (ton) (per ha) Wes-Kaap 70 70 1,00 140 420 3,00 Noord-Kaap 500 1 500 3,00 100 300 3,00 Vrystaat 45 000 58 500 1,30 20 500 30 000 1,46 Oos-Kaap 500 750 1,50 400 800 2,00 KwaZulu-Natal 25 000 61 250 2,45 17 000 39 270 2,31 Mpumalanga 140 000 203 000 1,45 84 000 136 650 1,63 Limpopo 13 000 29 900 2,30 10 000 27 360 2,74 Gauteng 6 500 10 725 1,65 5 000 9 200 1,84 Noordwes 9 000 17 550 1,95 12 860 28 500 2,22 Totaal 239 570 383 245 1,60 150 000 272 500 1,82
Provinsies
KwaZulu-Natal
Mnr Du Plessis sê dat hy die Piet Retief- en Dirkiesdorp-distrikte vir besprekingsdoeleindes by die KwaZulu-Natal streek insluit, aangesien dit ook so by Graan SA hanteer word. Hy noem dat die uitermatige nat toestande in KwaZulu-Natal die oesproses bemoeilik. By Bergville / Winterton waar sowat 20% van die sojalande reeds geoes is, word geraam dat die opbrengs 'n halwe ton per hektaar minder as die gemiddeld sal wees. By Normandien is effens minder as 20% van die lande reeds gestroop en by Piet Retief is daar reeds ongeveer 80% van die lande gestroop.
Hoewel opbrengste by Piet Retief aansienlik hoër is (gemiddeld 3 ton/ha en meer), het sclerotinia in sekere lande baie skade aangerig. Te danke aan die hoë humiditeit, het sojabone nog nie begin oopspring nie. Aangesien die meeste produsente later stroop en nie hul eie stropers het nie, word 'n bottelnek by die leweringsproses voorsien.
Mnr Lubbe sê dat geen bewerking ("no-till") proewe makliker in die nat toestande stroop. Mnr Van Wyk noem dat die PNS-medewerker op Dirkiesdorp 2,7 ton/ha op al sy lande gestroop het, vergeleke met die sowat 4 ton/ha in sommige jare. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat hy laat gespuit het vir roes. Die medewerker se bure het meer as 3,5 ton/ha gestroop. Mnre Du Plessis, Lubbe en Havenga sê dat hulle met die Oesskattingskomitee se skatting volstaan.
Mpumalanga
Mnr Bührmann sê dat daar later as normaal in die seisoen geplant is, omdat dit eers droog was en toe baie gereën het. Behalwe vir sommige lande wat versuip het, is die oesverwagting goed. 'n Gemiddelde opbrengs van 1,6 tot 1,8 ton/ha kan gerealiseer word. Sojabone wat gedurende Januarie 2006 geplant is, lyk ook baie goed. Hoewel die "oes op die lande" in die algemeen baie belowend lyk, is dit onseker watter persentasie sojabone as gevolg van die nat toestande, nie gestroop sal kan word nie.
Mnr Cronjé sê in die Bethal-distrik het daar vanaf Nuwejaarsdag tot hede, ongeveer 1 300mm reën geval, met die gevolg dat onkruidprobleme ontstaan het omdat daar nie bewerk en bespuit kon word nie. Daar kom ook baie dowwe peule voor as gevolg van die koel weer wat met die buitengewone nat toestande gepaard gaan. Hy sê hy is dit dus eens met die Oesskattingskomitee, dat die gemiddelde opbrengs vir Mpumalanga sowat 1,4 ton/ha kan wees. Hy bevestig dat daar tans te min stropers beskikbaar is om die groot oppervlaktes sojabone te kan hanteer.
Die Voorsitter verneem van die vergadering of daar wesenlike roesskade in Mpumalanga aangerig is. Mnr Lubbe sê dat roes wel by mnr Jurg van Niekerk in die "vangerproewe" gerapporteer is, maar dat geen kommersiële skade gerapporteer is nie.
Mnr Du Plessis sê dat vanjaar 'n tipiese "sclerotinia-jaar" was, gegewe die koel en nat toestande. Hierdie siekte kom tipies ook nie in 'n hele gebied voor nie, maar rig skade aan in dele van aanplantings.
Die Voorsitter noem dat navorsing na sclerotinia oor die afgelope twintig jaar in die VSA, feitlik geen bruikbare resultate opgelewer het nie. Mnr Bührmann doen aan die hand dat medewerkers van die Oesskattingskomitee op die vraelyste moet aandui watter persentasie van hulle oeste deur sclerotinia besmet is. Die vergadering bespreek die aangeleentheid en is dit eens dat die Oesskattingskomitee genader moet word om inligting oor die omvang van sclerotinia by sojaboonprodusente te probeer bekom. Mnr Du Plessis doen aan die hand dat Graan SA ook genader moet word om 'n opname te doen en mnr Potgieter gaan daarmee akkoord. Mnr Havenga sê dat inligting ook uit die Super Sojakompetisie bekom kan word.
Mnr Botma sê dat sclerotinia nie juis 'n faktor in die Vrystaat was nie en dat hy die skade onder 1% skat. Mnr Du Plessis sê hy skat die skade-omvang in Mpumalanga ongeveer 5%, terwyl minder skade in KwaZulu-Natal voorgekom het. Mnr Lubbe sê hoewel sclerotinia in kolle van lande te Standerton, Bethal, Morgenzon en Amersfoort voorgekom het, is die gemiddelde opbrengste van alle produsente waarvan hy aldaar bewus is, meer as 2 ton/ha. Mnr Havenga noem dat dit baie moeilik is om sclerotinia in 'n land te identifiseer, veral in sy vroeë stadium.
Dr De Kock sê dat die omvang van sclerotinia moeilik bepaalbaar is. Hoewel voorkomende middels beskikbaar is, is dit te duur om te gebruik. Huidige navorsing is gerig op middels wat korrektief gebruik kan word, soos Sumisclex waarvoor daar voorlopige registrasie toegeken is.
Besluit:
- Dat die Oesskattingskomitee en Graan SA genader sal word om inligting oor die omvang van sclerotinia by sojaboonprodusente te probeer bekom, terwyl die Super Sojakompetisie ook as 'n bron van inligting gebruik sal word.
Mnr Keun
- Dat die Oesskattingskomitee en Graan SA genader sal word om inligting oor die omvang van sclerotinia by sojaboonprodusente te probeer bekom, terwyl die Super Sojakompetisie ook as 'n bron van inligting gebruik sal word.
Noordwes
Mnr Van Vuuren sê oppervlaktes wat vir soja-aanplantings in Noordwes moes realiseer, is ingeboet as gevolg van die feit dat dit eers laat in Desember 2005 begin reën het. Die dagliglengte-gevoeligheid van sojabone het veroorsaak dat opbrengste onder druk geplaas is. Gevolglik het 'n potensiële 2,0 ton/ha tot 2,5 ton/ha na 1,5 ton/ha tot 1,8 ton/ha gedaal by droëland-aanplantings. Hy sê dit strook min-of-meer met die Oesskattingsyfer. Opbengste by besproeiingsojabone beloof om sowat 2,5 ton/ha te wees.
Mnr Potgieter sê dat daar sowat 0,5 ton/ha minder as normaal in die Koedoeskop-gebied gestroop word. Hy noem dat landmeterruspes in sekere dele buitengewone skade aangerig het. Verder het daar oorwegend te veel vegetatiewe groei plaasgevind, sodat die pitte nie voldoende gevoed is nie. Hoewel party cultivars swakker onder die nat toestande gevaar het, is daar ander cultivars wat tot soveel as 4 ton/ha kan realiseer.
Mnr Barnard sê in die algemeen sal die landmeterruspes-skade nie die gemiddelde opbrengs van Koedoeskop beïnvloed nie. Gemiddeld sal die opbrengs onder besproeiing sowat 2,5 ton/ha wees. Mnr Van Wyk sê in die hele gebied rondom Kinross, Standerton en Bethal het landmeterruspes en bolwurm voorgekom, maar dat dit (volgens dr Koos van Rensburg van die LNR-IGG) as gevolg van 'n virus wat die ruspes aanval, gevrek het. Mnr Botma sê dat ongeveer 'n agste van die blaaroppervlakte van alle gewasse in sy streek deur landmeterruspes gevreet is. Hierdie insek, wat nog nooit in hierdie streek voorgekom het nie, het veral baie skade in onbewerkte lande aangerig.
Mnr Bührmann noem dat genoemde virus, wat swart aan die blare kleef, vroeër jare geoes, in vrieskaste bewaar en as fyngemaalde produk in water gemeng is en as spuitmiddel gebruik is vir ruspe-beheer op soja's. Dit is slegs aan die buitekant van die aanplantings toegedien, waarna die virus vinnig deur die lande versprei het.
Limpopo
Dr De Kock verneem of daar enige droëland-sojabone in Limpopo is, aangesien die gemiddeld van 2,3 ton/ha relatief laag lyk vir besproeiingsojabone. Mnr Van Wyk noem dat droëland-sojabone wel by Roedtan asook tussen Palala en Naboomspruit geplant word.
Noord-Kaap
Mnr Lubbe sê dat die Oesskatting vir Noord-Kaap reg lyk. Hy noem dat mnr Jaco van Niekerk hierdie jaar 5,5 ton/ha met PAN660 gerealiseer het, vergeleke met die 5,3 ton/ha verlede jaar. Hierdie cultivar het egter nie dieselfde resultate in Thabazimbi behaal nie. Die PAN522 cultivar vaar goed in KwaZulu-Natal met 5,2 ton/ha, terwyl dit heelwat swakker by mnr Van Niekerk gevaar het.
Dr De Kock verneem of die Oesskattingskomitee insette van GWK Beperk kry, aangesien laasgenoemde instansie beweer dat daar meer geplant is as wat die Oesskatting aandui. Mnr Lubbe sê dat daar heelwat soja-aanplantings in Modderrivier en in die onmiddellike omgewing van mnr Jaco van Niekerk aangeplant is. Hy sê dat daar heel waarskynlik meer as 500 ha in Noord-Kaap aangeplant is. Mej Scheepers sê dat die Oesskattingskomitee ook insette van GSI ontvang.
Vrystaat
Mnr Maree sê dat opbrengste van rondom 3,5 ton/ha reeds gestroop is en dat die Oesskattingskomitee se 58 500 ton waarskynlik te laag is. Hy sê hy reken dat die gemiddelde opbrengs in die Noord-oos Vrystaat, 1,8 ton/ha en meer sal wees. Mnr Lubbe sê dat hy daarmee saamstem.
Mnr Botma sê dat 1,3 ton/ha 'n realistiese gemiddeld vir die Vrystaat blyk te wees, veral as die laer opbrengste van nuwe toetreders in ag geneem word. Hy sê dat hy dus vir die oomblik by die Oesskattingskomitee se skatting volstaan.
Mnr Lubbe sê in Desember 2005 is daar in 'n ewekansige proef te Ascent, tussen die wenakker Snell- en Roundup Ready sojabone geplant is. Daar het laat ryp ook voorgekom.
Die betrokke lede is dit eens dat die Oesskattingsyfer vir die Vrystaat onveranderd gelaat moet word.
Oos-Kaap
Mnr Killian sê dat die klein loodsaanplanting onder besproeiing goed vaar en dat dit na verwagting 3,5 ton/ha tot 4,0 ton/ha sal lewer. By Addo, Cradock en Cookhouse is daar belangstelling onder produsente om sojabone in die nuwe seisoen te plant. In die algemeen het redelike goeie reëns gedurende April voorgekom, hoewel dit nie oral nat genoeg is nie.
Suidwestelike Distrikte
Die Voorsitter noem dat daar baie min produsente by George se boeredag van 28 Maart 2006 opgedaag het.
Gauteng
Mnr Van Wyk sê hy is oortuig dat daar in die Hoëveld en Gauteng gemiddeld meer sojabone per hektaar as in ander jare gestroop sal word. Hy sê dat daar in sy bedieningsgebied tussen 2,0 ton/ha en 3,5 ton/ha gestroop word en dat die gemiddelde opbrengs in die Hoëveld en Gauteng beslis meer as 1,4 ton/ha sal wees. Hy sê dat daar minder hektare gestroop sal word as wat geplant is.
Weer- en klimaatsvooruitskouing
Mnr Potgieter sê volgens mnr Sakkie Nigrini kan daar kouer weer verwag word van nou-af tot in Junie 2006. Vanaf middel Mei 2006, sal die nat toestande begin verbeter. Verder kan baie warmer weer vanaf Julie 2006 verwag word. Tot en met Augustus 2006 is swart ryp in sekere gebiede 'n moontlikheid. Mnr Nigrini voorspel voorts 'n onder-normale reënval vir die volgende jaar.
Mikpunte: 2010 en 2020
Drie-jaar vooruitskatting
Die aangeleentheid staan oor.
SAGIS
SAGIS se verslag gedateer 3 Mei 2006, is vir kennisname by die sakelys ingebind. Die posisie ten opsigte van die eerste twee maande eindigende Februarie 2006, word teenoor die twee voorafgaande jare geprojekteer:
2006 2005 2005 2004 Jan-Feb Jan-Feb (ton) Beginvoorraad: 1 Januarie 89 100 100 500 100 500 48 700 Verkryging 9 500 11 700 277 200 235 000 Aanwending 48 900 30 800 275 600 179 400 Uitvoere 500 1 900 8 400 2 200 Diverse -700 1 800 4 600 1 600 Onaangewende voorraad 49 900 77 700 89 100 100 500
Markaangeleenthede
Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik
Dr Griessel skets die waarde van sojabone, soos afgelei van sojaboonoliekoek. Dit verskyn ook op die PNS-webwerf.
Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 2 Mei 2006 Verskeping: R1 577 | Wisselkoers: R6.03/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 1 577.00 Spoorvrag na Randfontein 170.00 1 747.00 Waarde van volvetsoja 110% R1 922.00 Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 537.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 102.00 – Rente 12% (6 maande) 93.00 – Ekstrusiekoste 180.00 – 5% ekstrusieverlies 92.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R1 385.00 Dr Griessel sê dat die internasionale produksie van vismeel sowat 400 000 ton laer is as in die vorige jaar. Die vismeelprys in Peru is tans ongeveer $1 015/ton (meer as R6 000/ton). Dus is vismeel nie meer 'n ekonomiese alternatief in die plaaslike veevoerbedryf nie.
In die Oil World van 28 April 2006 is gepubliseer dat daar 'n snelgroeiende vraag na plantolies vir voedsel- en veral biodiesel is. Dit word verwag dat die wêreldverbruik van die agt hoofgroepe olies en vette, met 7,5 miljoen ton sal toeneem vanaf Oktober 2005 tot September 2006. Dit sal volg op verbruikstoenames van 6,6 miljoen ton in die voorafgaande jaar en 4 miljoen ton twee jaar gelede. Hierdie toenames word hoofsaaklik toegeskryf aan die aanwending van plantolies vir brandstof.
Ten opsigte van Brasilië, word die volgende uit genoemde tydskrif genoem:
- Die krisis in die Brasiliaanse landbousektor is die ergste in meer as 40 jaar.
- Baie Brasiliaanse produsente het 'n groot skuldlas en is tegnies bankrot.
- Die toestand in ii) is hoofsaaklik die gevolg van swak weerstoestande gedurende die afgelope twee tot drie jaar; die skerp styging in minerale ru-oliepryse in baie dele van die land wat insetkostes laat toeneem het; en die Asiese roesfungus wat na groot dele van Brasilië versprei het. Gegewe die weerstoestande moes gewasse vier tot vyf keer in die seisoen bespuit word.
- Die lae wêreld-markpryse in dollar uitgedruk en die sterker Brasilaanse real het plaaslike plaashek-produsentepryse verder laat daal.
- Die styging in die dieselprys het vervoerkostes laat toeneem en plaashekpryse veral in die afgeleë gebiede laat daal.
- Teen huidige pryse kan menige Brasiliaanse produsente nie produksiekostes dek nie en staar verliese in die gesig.
- Daar heers kommer oor 'n gebrek aan gewasrotasie ten opsigte van sojaboonproduksie, wat as een van die hoofredes beskou word vir die infestasie van Asiese roes en ander siektes.
- Die Brasilaanse Minister van Landbou, Roberto Rodriques, het gewaarsku dat die finansiële krisis in die Brasiliaanse landbou tot 'n afname in graan- en oliesade-aanplantings van soveel as 5 tot 6 miljoen hektaar kan lei.
- Daar sal 'n toename in suikerproduksie wees as gevolg van hoë pryse, maar 'n skerp afname in graan- en oliesadeproduksie.
- Die Brasiliaanse regering het aangedui dat hy binnekort nog 'n hulppakket van ongeveer R$1 biljoen beskikbaar sal stel, bykomend tot die onlangse pakket van R$4,7 biljoen, om die nood van produsente in die komende plantseisoen tegemoet te kom.
- Voorlopig word verwag dat die Brasiliaanse sojabone tot 54 miljoen ton in 2007 sal afneem.
SAFEX
Mnr Bührmann sê dat produsenteprys van Agrimark Tendense wat in die Landbouweekblad gepubliseer word, deesdae aansienlik laer is as die werklike produsenteprys. Hy noem dat hierdie toedrag van sake die markprys afdwing en dat sekere produsente bereid is om hulle sojabone vir so laag as R900 per ton te verkoop. Die Voorsitter sê dat dit nie aangewese vir produsente is nie, om hulle oes tydens strooptyd te verkoop. Hy versoek dr Griessel om te bepaal of Agrimark Tendense se syfers realisties is en terugvoering aan die Sojawerkgroep te gee. Mnr Du Plessis sê die hoogste verhandelde prys op SAFEX verlede week, was R1 380 per ton.
Besluit:
- Dat dr Griessel sal verifieer of Agrimark Tendense se syfers realisties is en terugvoering aan die Sojawerkgroep sal gee.
Dr Griessel
- Dat dr Griessel sal verifieer of Agrimark Tendense se syfers realisties is en terugvoering aan die Sojawerkgroep sal gee.
Produsente-aangeleenthede
KwaZulu-Natal
Super Sojakompetisie – terugvoering
Die aangeleentheid staan oor.
Navorsing
Die aangeleentheid staan oor.
Ander
Geen.
Mpumalanga
Stikstofbemestingsprobleme in Mpumalanga – terugvoering
Mnr Van Vuuren sê dat positiewe resultate met stikstofbemesting by alle peulgewasse verkry is.
Ander
Dr Griessel sê hy verlang meer duidelikheid oor mnr Bührmann se stelling tydens die vorige vergadering, dat daar geen geskikte cultivars bestaan, vir suksesvolle aanplantings in gronde met kleipersentasies van 14% en laer. Mnr Bührmann sê hoewel sojabone in feitlik alle grondtipes geplant kan word, dit nie ekonomies sal wees om dit in gronde met kleipersentasies van 14% en laer te plant nie. Proewe van mnr Gawie de Beer wys dat opbrengste laer is in laasgenoemde gronde as in hoër persentasie kleigronde. Aangesien hierdie aangeleentheid van belang is by die oorweging vir sojaboon-uitbreidings, reël die Voorsitter dat dit tot die volgende vergadering oorstaan. Hy versoek die lede om die nodige voorbereiding te doen, vir 'n sinvolle bespreking.
Besluit:
- Dat die lede die nodige voorbereiding moet doen ten opsigte van die aanplanting van sojabone in gronde met laer kleipersentasies, vir bespreking tydens die volgende vergadering.
Lede
- Dat die lede die nodige voorbereiding moet doen ten opsigte van die aanplanting van sojabone in gronde met laer kleipersentasies, vir bespreking tydens die volgende vergadering.
Noordwes provinsie
NWK Proefresultate met stikstof vir publikasie in SA Graan
Geen.
Ander
Geen.
Limpopo
Navorsing
Geen.
Ander
Geen.
Vrystaat
Navorsing
Geen.
Ander
Geen.
Oos-Kaap
Navorsing
Geen.
Ander
Geen.
Suidwestelike Distrikte
Navorsing
Geen.
Ander
Geen.
Gauteng
Navorsing
Geen.
Ander
Geen.
Noord-Kaap
Navorsing
Geen.
Beplanningsvergadering
Geen.
Ander
Geen.
Algemeen
Biodiesel
Vordering
Die Voorsitter berig dat Graan SA het laat blyk dat hulle bekommerd is oor die proteïenvlakke van sojabone. Mnr Du Plessis sê daar is baie variasie in terugvoering van verskeie laboratoria ten opsigte van proteïenwaardes. Dr Griessel voel dat 'n bepalende faktor is dat monsters korrek geneem moet word, ten einde akkurate resultate vir dieselfde monsters te verkry. Kontaminasie deur byvoorbeeld hamermeulens is ook 'n moontlike faktor.
Die Voorsitter sê dat die PNS met prof Gous van die KwaZulu-Natal Universiteit kan ooreenkom, dat hierdie inrigting se laboratorium die proteïen-ontledings verifieer. Die PNS laat proteïen-ontledings nou by Lab World doen, wat een van die meer betroubare plaaslike laboratoria is.
Die vergadering neem kennis dat daar nie vordering gemaak is in die oprigting van SA Biodiesel (mnr Frans Hugo se bio-brandstof aanleg) nie.
Mnr Lubbe sê daar word 'n swart bemagtigingsaanleg vir Newcastle beplan onder Siyanda Holdings, wat 300 000 ton sojabone per jaar sal kan verwerk. Hoewel die Kwazulu-Natal regering reeds goedkeuring verleen het, moet die Newcastle munisipaliteit nog 'n impakstudie doen. Befondsing is reeds beskikbaar. Hy noem dat gesprekke met SASOL in 'n baie gevordere stadium is en dat produksie vir 2008 beoog word.
Langtermyn-implikasies
Geen.
Sleepstroper
Mnr Du Plessis sê dat die sleepstroper vandag gelaai word vir die stroop van proewe in KwaZulu-Natal, terwyl kommersiële aanplantings ook gestroop sal word om die effektiwiteit van die stroper te toets. Dit word verder beoog om die stroper tydens die Super Sojakompetisie beskikbaar te hê, om dit daar ten toon te stel.
Mnr Killian sê dat die stroper wat in die Oos-Kaap is, herstel is en dat dit gedurende hierdie stroopseisoen gebruik sal word.
Mnr Keun sê dat die Tegnologiekomitee sal besin oor die aanwending van 'n derde sleepstroper.
Gesprek met provinsiale departemente insake Nasionale cultivarproewe
Staan oor.
Beplanning ten opsigte van die skryf en publisering van artikels uit die sojaboonhandleiding – PNS-Tegnologiekomitee
Dr De Kock sê dat hy reeds persone begin taak het om artikels te skryf oor onderwerpe uit die sojaboonhandleiding. Mnr Havenga het reeds 'n gedeelte oor fosfaatbemesting geskryf. Die res sal tot en met Augustus 2006 ingedien en in die SA Graan tydskrif gepubliseer word. Daaruit sal gepaste materiaal geneem word vir die publisering van 'n onafhanklike bladskrif. Hy wys daarop dat die Tegnologie-komitee reeds agt titels en moontlike outeurs goedgekeur het. Hy meld dat die skryf van 'n artikel oor die stroopproses, nie voor die volgende strooptyd haalbaar sal wees nie.
Mnr Potgieter sê hy is meer bekommerd oor nuwe toetreders wat nie met die stroop van sojabone vertroud is nie en dat hy graag bepaalde praktiese aspekte aan diegene wil uitlig. Die Voorsitter reël dat dr De Kock, mnr van Wyk en mnr Potgieter hierdie aangeleentheid bespreek met die oog op 'n radiopraatjie. Hy reël voorts dat die artikels afgehandel en geplaas word soos wat die seisoen vorder en dit nodig gevind word. Dr De Kock sê die Tegnologiekomitee het besluit om die outeurs van die sojaboonhandleiding daarin te ken, wanneer artikels oor die inhoud daarvan geskryf wil word.
Besluite:
- Dat dr De Kock, mnr van Wyk en mnr Potgieter die aangeleentheid rondom strooppraktyke sal bespreek, met die oog op 'n radiopraatjie gerig op nuwe toetreders.
Dr De Kock
- Dat artikels uit die Sojaboonhandleiding afgehandel en geplaas sal word soos wat die seisoen vorder en dit nodig gevind word.
Dr De Kock
- Dat dr De Kock, mnr van Wyk en mnr Potgieter die aangeleentheid rondom strooppraktyke sal bespreek, met die oog op 'n radiopraatjie gerig op nuwe toetreders.
Navorsing
Nasionale cultivarproewe
'n Verslag van mnr Potgieter oor 'n besoek aan die sojabooncultivarproewe te Brits, Atlanta en Koedoeskop, is ter insae by die sakelys-stukke ingebind. Mnr Potgieter sê dat die Ibis 2000-cultivar baie potensiaal toon.
Roes
Inligting vanaf Roestaakspan
Mnr Keun noem dat roes onlangs in die Kroonstad- en Bothaville-areas waargeneem is. Die Voorsitter sê daar word nie genoeg ag geslaan op die oordrag van roes deur mense nie.
Kennis word geneem dat die Roestaakspan se vergadering op 25 Julie 2006 in Bloemfontein gehou word.
Mnr Du Plessis vra hoe die boodskap versprei word, indien roes in 'n area bemerk word. Die Voorsitter sê alle Roestaakspan-lede word onmiddellik per e-pos ingelig, terwyl radio-onderhoude ook gehou word. Mnr Du Plessis stel voor dat Graan SA versoek moet word om inligting oor die voorkoms van roes, onder produsente te versprei. Mnr Potgieter onderneem dat Graan SA dit sal ondersoek en 'n voorstel aan die werkgroep sal voorhou.
Mnr Botma stel voor dat die Sojawerkgroepslede per SMS van roesgevalle ingelig word, sodat hulle die inligting kan help opvolg en gepas kan optree, in samewerking met die Roestaakspan. Die Voorsitter versoek dat mnr Keun administratiewe reëlings tref om dit moontlik te maak. Mnr Potgieter versoek dat lede wat roes identifiseer, met die kantoor in verbinding sal tree, sodat dit deur kundige persone bevestig kan word.
Besluite:
- Dat Graan SA versoek sal word om inligting wat die PNS oor bevestigde roes vrystel, onder sojaboonprodusente te versprei.
Mnr Keun
- Dat Sojawerkgroepslede per SMS van roesgevalle ingelig sal word, sodat hulle die inligting kan help opvolg en gepas kan optree, in samewerking met die Roestaakspan.
Mnr Keun
- Dat lede wat roes identifiseer, met die kantoor in verbinding moet tree, sodat dit deur kundige persone bevestig kan word.
Lede
- Dat Graan SA versoek sal word om inligting wat die PNS oor bevestigde roes vrystel, onder sojaboonprodusente te versprei.
Sclerotinia
Proefwerk – terugvoering
Mnr Keun sê Agricol het aangedui dat hy Agriocare se cultivars verkoop en dat dr Kotzé versoek het dat laasgenoemde maatskappy moet aandui of hy sy saad vir sclerotinia behandel. Mnr Lubbe sê Agriocare behandel nie sojaboonsaad vir sclerotinia nie. Pannar het aangedui dat hulle ook nie saad vir sclerotinia behandel nie.
Die Voorsitter hou mnr Jarvie se skrywe voor: "Certified seed is not treated against sclerotinia. Pathologists say that it is possible for sclerotinia to be seed-borne. However, the likelihood of this method of transmission from seed to crop is very low and can for all practical purposes be discounted. Shriveled and small seeds are also generally removed from the seed crop during conditioning, making this method all the less likely ..."
Mnr Potgieter vra watter maatreëls saadmaatskappye tref om te verseker dat sclerotinia nie in die saad beland nie. Mnr Lubbe sê dat saadmaatskappye se lande deur 'n interne en 'n SANSOR-inspekteur geïnspekteer word. Indien 'n betrokke maatskappy sclerotinia vind, word die saad afgekeur. Hy sê dit word dikwels gevind dat sclerotinia opgedoen word in lande waar sonneblom geplant was en dat die saad (saadmaatskappye) dus onnodig blameer word. Mnr Bühmann sê dat droëbone ook 'n draer van die siekte is.
Produksiekostebepalings
Mnr Bührmann sê dat mnr Van Pletzen beloof het om vandeesmaand data oor weidingswaardes en ander relevante data uit argiefmateriaal aan hom te voorsien.
Saad
Terughouding van saad
Mnr Potgieter sê aangesien die terughouding van saad vir kommersiële doeleindes 'n algemene praktyk geword het, het Graan SA by sy kongres gedagte gegee aan die moontlikheid om goeie praktyke daarvoor neer te lê. Na deeglike oorweging, het dit duidelik geblyk dat Graan SA hoegenaamd nie sodanige praktyke kan ondersteun nie. Hy versoek dat die Sojawerkgroep hierdie saak bespreek.
Mnr Du Plessis sê dat die terughou van saad vir eie gebruik dalk riglyne benodig. Dr De Kock sê dat die PNS nie kan oorweeg om riglyne daarvoor neer te lê nie. Die PNS behoort produsente wel te wys op die gevare daaraan verbonde indien saad vir kommersiële doeleindes teruggehou word. Die Voorsitter reël dat die saak na die Tegnologiekomitee verwys word.
Besluit:
- Dat die wenslikheid om riglyne neer te lê vir die terughouding van saad vir kommersiële doeleindes, na die Tegnologiekomitee verwys word.
Mnr Keun
- Dat die wenslikheid om riglyne neer te lê vir die terughouding van saad vir kommersiële doeleindes, na die Tegnologiekomitee verwys word.
Tegnologie-oordrag
Inligtingsdae 2006
Terugvoering word gegee oor inligtingsdae wat gehou is:
Soja-inligtingsdae: Cookhouse en Addo – 7 en 8 Maart 2006
Dr Griessel sê dat die besproeiingsaanplantings te Cookhouse en Addo belowend lyk en dat opbrengste van sowat 4 ton/ha onlangs gerapporteer is. Die belangstelling is besig om uit te brei in hierdie gebied waar daar ook baie melk geproduseer word.
Soja-inligtingsdag: Broodsnyersplaas Boerevereniging – 15 Maart 2006
Mnr Van Wyk rapporteer dat daar ongeveer 100 produsente by hierdie jaarlikse geleentheid teenwoordig was, wat op mnr Michael Allan se plaas in die Middelburg-distrik aangebied is.
Soja-inligtingsdag: Outeniqua proefplaas, George – 28 Maart 2006
Die Voorsitter noem dat daar baie min produsente by hierdie geleentheid opgedaag het.
Die volgende toekomstige geleenthede is van belang:
8 Mei 2006 Soja-inligtingsdag: Bethlehem 16-19 Mei 2006 NAMPO-Oesdag 26 September 2006 Super Sojakompetisie: Cedara 27 September 2006 Super Sojakompetisie: Dundee
Sojaboonforum
Terugvoering van die vergadering van die Sonneblom- en Sojaforum
Geen.
Sake om na die volgende Forum te verwys
Geen.
Ander sake
Inligting vir plasing op die webtuiste
Geen nuwe inligting.
Nuus vir Landbouradioprogram
Sien besluit 9.10.4.1.
Projeksies van proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010 en 2020
'n Dokument getiteld "Projeksies van proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010 en 2020" wat deur mnr D Joubert en dr M Griessel saamgestel is, is by die sakelys ingebind. Dr Griessel sê met behulp van die Briedenhann-model word bepaal hoe 'n dier se proteïenbehoeftes op 'n laagste koste-basis bevredig kan word. Gebaseer op geprojekteerde bevolkingsgroei, inkomstegroepe en verbruikspatrone, is voorspellings gemaak van die voerverbruik ten opsigte van braaikuikens, eiers, melk en ander voedsels in 2010 en 2020. Daaruit is die dierlike proteïenbenodigdhede afgelei. 'n Jaarlikse groeikoers van 20,95% in plaaslik-geproduseerde oliekoek is nodig om te voldoen aan die geprojekteerde oliekoekbehoeftes in 2010, indien RSA totaal selfvoorsienend wil wees. Dit blyk totaal onhaalbaar te wees.
Bywoning van Sojawerkgroepvergadering
Mnr Du Plessis sê dat die Departement van Landbou: KwaZulu-Natal steeds herstruktureer. Mnr Arathoon is nie meer by sojabone betrokke nie en is die enigste plantkundige wat vir die suidelike streek van die provinsie verantwoordelik is. Die persoon wat vir die Supersojakompetisie in die suidelike deel verantwoordelik is, is nou genooi om die Sojawerkgroepvergaderings by te woon.
Registrasie van flusilazole-bevattende produkte vir ascocytha-beheer by sojabone
Dr De Kock stel mnr Albert de Klerk van Du Pont aan die vergadering voor. Du Pont beskik oor die registrasie van 'n middel wat vir Ascocytha-beheer by sojabone aangewend kan word en moet nou besluit of registrasie hernu moet word.
Mnr De Klerk sê dat Du Pont in 1999/2000 deur mnr Jacob Middel genader is met die versoek om die middel wat vir Ascocytha op droëbone geregistreer is, ook vir Ascocytha-beheer by sojabone te registreer. Hy sê dat alle flusilazole-bevattende produkte nou ook vir Ascocytha-beheer op sojabone aangewend word, op grond van resultate wat met droëbone behaal is. Die voorwaarde van registrasie was dat effektiwiteitsdata op die beheer van die siekte ingedien moes word.
Met behulp van die sojaboonroes-proewe is gepoog om die siekte by sojabone te kry. Gedurende hierdie seisoen het die siekte in Bergville ontstaan, waar 'n proef gedoen is. Slegs 5% van die proef is besmet. Gevolglik is dit onwaarskynlik dat registrasie behou kan word op grond van beskikbare data. Die siekte kom ook baie sporadies voor en word ook nie elke seisoen by sojabone gevind nie. Die Registrateur moet nou gepas geadviseer word. Hy sê dat die PNS 'n spesiale gemotiveerde versoek aan die Registrateur kan rig, dat die betrokke registrasie behou word.
Dr De Kock sê dat Ascocytha 'n probleem by fababone is. Hy is onbekend met die beweegrede van die destydse versoek om registrasie. Mnr Killian sê dat daar in 2000 ernstige infestasie van Ascocytha by sojaboonproewe te Cedara ondervind is. Dit is toe effektief deur 'n sekere middel beheer. Mnr De Klerk sê die middels wat flusilazole bevat, soos Punch Xtra, is almal ook vir sojaboonroes geregistreer. Die werkgroep is dit eens dat registrasie van flusilazole-bevattende produkte wat vir Ascocytha-beheer op sojabone geregistreer is, behou moet word. Die Voorsitter reël dat dr De Kock sekerheid by mnr De Klerk moet kry wat Du Pont van die PNS verlang in hierdie verband.
Besluit:
- Dat registrasie van flusilazole-bevattende produkte wat vir Ascocytha-beheer op sojabone geregistreer is, behou moet word en dat 'n skrywe aan Du Pont gerig sal word om die Registrateur sodanig te versoek.
Mnr Keun
Dr De Kock
- Dat registrasie van flusilazole-bevattende produkte wat vir Ascocytha-beheer op sojabone geregistreer is, behou moet word en dat 'n skrywe aan Du Pont gerig sal word om die Registrateur sodanig te versoek.
Datums van volgende vergaderings
Die vergadering neem kennis van die res van die Sojawerkgroepvergaderings vir die jaar:
- 3 Augustus 2006
- 4 Oktober 2006
- 5 Desember 2006
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die lede vir 'n aangename en sinvolle vergadering. Hy wens elkeen 'n veilige terugrit toe en verdaag die vergadering om 13:15.