REPORTS ARCHIVES RESEARCH REPORTS 2012/2013 PRESTASIETOEKENNINGS
Navorsingsverslag 2012/2013
8.
Prestasietoekennings
Ten einde sy visie en missie verder te ondersteun ter bereiking van sy doelwitte maak die PNS ook voorsiening vir prestasietoekennings in die volgende kategorieë:
- Beste doktorale proefskrif;
- Beste magister verhandeling;
- Beste artikel gepubliseer in ʼn wetenskaplike tydskrif;
- 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder;
- 'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle rol gespeel het ter bevordering van die PNS se aktiwiteite;
- Gedurende die verslagjaar het die PNS-Raad ook besluit om 'n sesde kategorie by te voeg. Die toekenning het ten doel om 'n organisasie te vereer plaaslik asook in die buiteland wat besondere moeite gedoen het om die PNS ter wille te wees in die bereiking van sy strewes.
Gedurende die verslagjaar is toekennings in vier van die kategorieë gemaak en het die ontvangers elk 'n sertifikaat plus 'n gepaste geskenk ontvang.
Beste magister verhandeling
Mnr FV Meyer, "Feed intake growth and carcass composition of weaned piglets receiving varying levels of valine and leucine in their diets", Universiteit van PretoriaBeste artikel gepubliseer in ʼn wetenskaplike tydskrif
Mnr GD Sparks, "An economic evaluation of soybean based biodiesel production on commercial farms in KwaZulu-Natal", South Africa'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder
Prof André Agenbag, Universiteit Stellenbosch'n Spesiale eretoekenning vir sy besondere bydrae oor 'n ononderbroke tydperk van 11 jaar as lid van die Proteïennavorsingstigting vanaf 2001 tot 2012
Mnr Gerhard Keun, Hoof Uitvoerende Beampte
Al vier die toekennings is reeds by gepaste geleenthede aan die ontvangers oorhandig.