Navorsingsverslag 2012/2013

9.

 

Slot


Die jaar 2012/2013 het seer sekerlik afgesluit op 'n hoogtepunt met die aanbied van WSRC IX 2013. Hoewel dit 'n duur ervaring was, wat ongevraag op die PNS se pad gekom het, het dit ongetwyfeld gesorg vir 'n eiesoortige alletye hoogtepunt. Die PNS sal vir baie jare nog die vrugte pluk hiervan en met trots hierop kan terugkyk.

Hierbenewens is die volgehoue vordering van die sojabedryf en die ooglopende herlewing en groei van die canolabedryf bewyse van suksesverhale wat oor baie jare strek wat bevestig die benadering van die PNS om plaaslike oliekoekproduksie te bevorder, suksesvol was.

Namate ouer lede begin uittree en jonger lede toetree, kan met reg gesê word dat die fondamente van die PNS getuig van sukses en is 'n basis geskep vir die voortbou hiervan en hierop, maar wat ook die uitdaging inhou van verdere sukses op moontlik ander terreine.

Die PNS het sy sukses te danke enersyds aan die harde werk en toegewydheid van Raadslede en personeel, maar ongetwyfeld andersyds ook aan die wye kring van vriende, medewerkers en kontrakteurs wat deurgaans die PNS aksies ondersteun het en aan wie ons graag erkenning wil gee. Vir ongekwalifiseerde onder­steuning, spreek ons verder ook ons dank uit teenoor plaaslike en internasionale medewerkers, navorsers en instansies, die Pers, Fondsbestuurders, Ouditeure, Prokureurs en Webmeesters. Ons vertrou dat hierdie samewerking die komende jaar en vele jare daarna tot steeds meer positiewe resultate sal lei.

GJH Scholtemeijer

VOORSITTER