Navorsingsverslag 2012/2013

7.

 

Studiebeurse


Sedert die studiebeursskema agtien jaar gelede in 1995 'n aanvang geneem het is daar reeds 63 beurse toegeken aan verdienstelike kandidate om 'n M-graad of D-graad te verwerf. Nege aansoeke is deur die beurskomitee ontvang en oorweeg en is daar sewe aansoeke goedgekeur vir die 2012 akademiese jaar.

In die geval van 'n M-graad moet die voornemende kandidaat se studie onderwerp binne die breë riglyne van die PNS se visie, missie en doelwitte val. In die geval van 'n D-graad sal 'n studiebeurs slegs oorweeg word indien die studie onderwerp 'n hoë prioriteit is vir die PNS. Die PNS neem ook die nodige stappe om toe te sien dat die resultate van die tesisse en verhandelings die potensiële verbruikers daarvan sal bereik, studente en studieleiers word aangemoedige om die resultate bekend te maak deur middel van publikasies in die vorm van populêre en/of wetenskaplike artikels. Bestuursopsommings van die tesisse en verhandelinge word ook op die PNS se webblad geplaas.

Onderstaande aansoekers het beurse ter waarde van R35 000 per beurs per jaar ontvang. Beurse vir die M-studie word toegeken oor 'n periode van twee studiejare terwyl dit drie jaar is vir 'n doktorale studie. Bewyse van bevredigende vordering moet deur die studieleier voorgelê word alvorens 'n beurs vir die daaropvolgende jaar toegeken word.

MSc

  1. Mnr PD Carstens (tweede aansoek), "Dierevoeding en Vleiskunde", Universiteit Stellenbosch.
  2. Mnr FV Meyer (tweede aansoek), "The response of weaned piglets to varying dietary levels of synthetic valine and leucine", Universiteit van Pretoria.
  3. Me M du Plessis (tweede aansoek), "Soybean nodule development", Universiteit van Pretoria.
  4. Me MP Genis (eerste aansoek), "Herkouer Voeding", Universiteit Stellenbosch.
  5. Me L van Emmenes (eerste aansoek), "Monogastriese voeding", Universiteit Stellenbosch.
  6. Mnr R Steyn (eerste aansoek), "Canola-olie", Universiteit van die Vrystaat.
  7. Me GA Tesselaar (eerste aansoek), "Monogastriese voeding", Universiteit Stellenbosch.

Voltooide verhandelings ontvang

Gedurende hierdie verslagjaar is onderstaande verhandelings van afgestudeerde PNS beurshouers ontvang:

  1. Mnr SB Ruck, "The response of broiler breeder hens to dietary lysine: hatchability, embryo growth and subsequent offspring performance"; MSc, Universiteit van KwaZulu-Natal.
  2. Me AM Jooste, "The effect of supplementing slow release nitrogen (optigen II) and FME on the degradability of poor quality roughage in sheep"; MSc, Universiteit van Pretoria.
  3. Mnr WJ Kritzinger, "Allometric description of ostrich (Strubio camelus var. Dometricus) growth and development"; MSc, Universiteit Stellenbosch.
  4. Mnr FV Meyer, "The response of weaned piglets to varying dietary levels of synthetic valine and leucine"; MSc, Universiteit van Pretoria.