Navorsingsverslag 2015/2016
6.
Projekte wat suksesvol afgehandel is of waarmee vordering gemaak is (Bylae I en II)
Lys van projekte
Projek titels
- Evaluasie van PNS-sojaboonelitelyne onder Suid-Afrikaanse toestande
- Nasionale sojaboonkultivarproewe
- Etiologie en populasie struktuur van Macrophomina phaseolina (houtskoolvrot) van sonneblom en sojabone in Suid-Afrika
- Bepaling van knopwortelaalwurm weerstand in sojaboongenotipes in Suid-Afrika
- Studies op Lecanicillium muscarium as 'n mikoparasiet van sojaboon roesswam, Phakopsora pachyrhizi
- Kultivarevaluasie van olie- en proteïensade in die winterreënstreek
- Chemiese manipulasie van vegetatiewe groei, reproduktiewe groei en ontwikkeling, sowel as graan opbrengs in canola
- Stikstofbobemesting in canola: tyd van toediening en toedieningspeile
- Evaluasie van verkorte canolaproduksie periodes en die gebruik van alternatiewe gewasse op die volhoubaarheid van wintergraanproduksie onder bewaringslandbou praktyke op die Riversdal vlaktes
- Die ontwikkeling van 'n nematode biologiese beheermiddel vir mollusca (naakslakke en dopslakke) geassosieer met canola in Suid-Afrika
- Ontwikkeling van proteïen en fosfor voerbestanddele vanuit vis prosesseringsafval vir die dierevoer industrie
- Bestuurstrategieë vir sojaboonsiektes wat in Suid-Afrika in die grond oorgedra word
- Geprojekteerde proteïenbehoeftes vir dierlike verbruik in Suid-Afrika
- Inkomste- en kosteramings van sojabone en canola en enkele mededingende gewasse
- PNS webtuiste
6.1
Evaluasie van PNS-sojaboonelitelyne onder Suid-Afrikaanse toestande
GP De Beer en WF van Wyk
Die PNS-sojabooneliteproewe (2015/16) was geplant op die volgende ses (6) lokaliteite:
- Stoffberg – Verteenwoordigend van die Noordelike Hoëveld (koel gebied).
- Universiteit van Pretoria (Hatfield) – Verteenwoordigend van die Suidelike Hoëveld (matig tot warm gebied).
- Brits – Verteenwoordigend van die Noordelike besproeiingsgebied (warm gebied).
- Potchefstroom – Verteenwoordigend van die Westelike produksiegebied (matig tot koel gebied).
- Bethlehem – Verteenwoordigend van die Oos- en Noord-Vrystaat (koel gebied).
- Ukulinga (Pietermaritzburg) – Verteenwoordigend van die Noordelike Hoëveld (warm gebied).
Die aantal standaarde vir gebruik in die proewe is verminder van vyf na vier plaaslike cultivars en slegs een van die vorige vyf is behou (LS 6164 R – M.G 6.0). Die volgende vier (4) standaarde is gebruik:
LS 6240 R | – M.G. 4.0 |
DM 5953 RSF | – M.G. 5.0 (5.3) |
LS 6164 R | – M.G. 6.0 |
PAN 1729 R | – M.G. 7.0 |
Een-en-sewentig (71) lyne (genotipes) vanaf saadinstansies hoofsaaklike vanaf Suid-Amerika (Brasilië, Argentinië en Uruguay) is in 2015/16 saam met die vier Suid-Afrikaanse cultivars (standaarde) op die genoemde 6 lokaliteite aangeplant. Die volwassenheidsgroepe het gewissel vanaf M.G - 3.7 tot M.G - 8.5.
Die afgelope seisoen was een van die warmste en droogste seisoene die afgelope jare en veral ekstreme hoë dagtemperature het hoë eise aan plante gestel. Ten spyte van aanvullende besproeiing het die aanplanting op Potchefstroom skade ondervind weens die uiters hoë dagtemperature wat dikwels 40ºC bereik het en het veroorsaak dat plante duidelike vogstremming getoon het.
Uit die 71 Lyne was daar 'n aantal wat hoë opbrengste gelewer het en dus potensiaal het om verder plaaslik getoets te word vir moontlike registrasie as cultivars in Suid-Afrika.
Twee van die Suid-Afrikaanse standaarde het breë aanpasbaarheid getoon en op meeste plekke eerste of tweede geëindig. Die cultivar DM 5953 RSF het opvallend hoë opbrengste gelewer:
Pretoria | 7.2 ton/ha |
Bethlehem | 5.2 ton/ha |
Stoffberg | 5.1 ton/ha |
Die projek skep geleenthede vir deelnemende saadinstansies om hulle materiaal te oorweeg vir plaaslike registrasie. Dit verbreed dus die keuse van sojabooncultivars in Suid-Afrika en behoort voortgesit te word.
6.2
Nasionale sojaboonkultivarproewe
AS de Beer, L Bronkhorst, HSJ Vermeulen, NN Mogapi, TC Ramatlotlo en S Seutlwadi
Nege-en-twintig kommersiële kultivars is gedurende die verslagperiode 2014/15 in 22 proewe, verteenwoordigend van die koel-, matig- en warm produksie gebiede geëvalueer. Alleenlik geneties gemodifiseerde (GM) kultivars is in die proewe ingesluit. Die proewe is uitgelê volgens 'n ewekansige blok ontwerp met drie herhalings. Die dae tot 50% blom, aantal dae tot oesryp, lengte van die groeiseisoen, planthoogte, peulhoogte, % groenstam, omval, oopspring, 100 saadmassa, % ongewenste sade, proteien- en olie %, saadopbrengs asook die opbrengswaarskynlikheid van die verskillende kultivars is bereken. Die opbrengswaarskynlikheid speel 'n belangrik rol by die keuse van 'n kultivar.
Die gemiddelde aantal dae tot blom vir die koel gebiede was 74 dae, 59 vir die matige en 43 vir die warm gebiede. Die gemiddelde olie-inhoud was onderskeidelik 19.80%, 20.83% en 22.06% vir die koel, matig en warm gebiede, terwyl die proteïeninhoud onderskeidelik 38.06%, 37.65% en 39.81% was. Die gemiddelde opbrengs bereken oor kultivars en seisoene was 2435 kg/ha vir die koel, 2199 kg/ha vir die matig en 3154 kg/ha vir die warm gebiede.
Kultivars met 'n hoë opbrengswaarskynlikheid gedurende die verslag periode was PAN 1454R, LS 6146R, LS 6453R, LS 6248R, PAN 1583R, en PAN 1500R vir die koeler gebiede. Kultivars met 'n hoë opbrengswaarskynlikheid vir die matigde gebiede was PAN 1583R, LS 6164R, LS 6161R, LS 6261R en PAN 1614R sowel as PAN 1664R, LS 6164R en LS 6161R vir die warm gebiede.
6.3
Etiologie en populasie struktuur van Macrophomina phaseolina (houtskoolvrot) van sonneblom en sojabone in Suid-Afrika
E Jordaan en JE van der Waals
Hierdie navorsing poog om antwoorde te kry rondom die Macrophomina phaseolina populasies in sonneblom en sojaboongroeistreke in Suid-Afrika; en om te bepaal of hulle gegroepeer kan word in terme van geografie, omgewingstoestande en/of verbouingspraktyke. Meer as 'n 100 isolate is verkry van besmette sonneblom en sojaboonplante. Enkel sklerotia isolasies is reeds gedoen en skoon isolate is gestoor op tandestokkies by -18ºC. Die populasie sal geidentifiseer word deur veelvuldige geen analise. Isolate is tans in voorbereiding vir keuring en ons poog om dit af te handel teen einde Julie 2016. In vitro proewe het die groeitempo van die patogeen bepaal onder verskillende temperature en pH waardes, en op Aartappel Dekstrose Agar gewysig met koper en chloor (twee produkte wat groei inhibisie veroorsaak) en patogenisiteit op sonneblom en sojabone op saadontkieming. Die in vitro resultate, twee potproewe, 'n opname en voorspellingsmodelle sal gebruik word om 'n algehele beeld te kry van houtskool vrot in Suid-Afrika op sojabone en sonneblomme.
'n Landswye opname word beplan om die produsente se persepsies oor die siekte, voorkoms van die siekte en ook beheermaatreels wat in plek is, indien eniges, te ondersoek. Dit sal ons 'n idee gee van hoe die siekte produksie beïnvloed. Die vraelys is reeds opgestel en ons beplan tans hoe om meeste van die produsente te bereik.
Ons gaan poog om die impak van klimaatsverandering op toekomstige houtskoolvrot insidensie te bepaal met behulp van voorspellingsmodelle. Die grense/perke vir siekte ontwikkeling is reeds uiteengesit en sal binne die volgende paar dae gestuur word vir analise.
'n Potproef word beplan om die effek van droogte op houtskoolvrot te ondersoek waar ons ook sal kyk na oes verlies in plante wat besmet is maar groei tot aan die einde van die seisoen.
Verder sal daar ook gekyk word na stikstoftoediening (hoeveelheid en tipe) en hoe dit die siekte beinvloed. Lank en kort groeiers sal by die proef ingesluit wees. Hierdie potproewe sal met die volgende groeiseisoen geplant word (Augustus 2016).
Toekomstige navorsing kan weerstandteling of seleksie vir weerstandbiedende sonneblom en sojaboonkultivars insluit. Hierdie navorsing kan help om te bepaal of en wanneer beheer genoodsaak is. 'n Artikel is reeds gepubliseer in Oilseeds Focus (Junie 2016). Na voltooiing van die projek sal die inligting gepubliseer word in wetenskaplike joernale, artikels in die plaaslike media soos byvoorbeeld die Landbouweekblad en Oilseeds Focus, en dit sal aangebied word by boeredae.
6.4
Bepaling van knopwortelaalwurm weerstand in sojaboongenotipes in Suid-Afrika
H Fourie
Die doel van hierdie studie is om buitelandse sojabooncultivars te evalueer vir weerstand teen die plaaslike populasie van Meliodogyne incognita en M.javanica in vergelyking met Suid-Afrikaanse cultivars as kontroles een wat hoë weerstand toon en een wat uiters vatbaar is.
Uit vorige data is die cultivar LS 5995 gekies as hoë weerstand en LS 6248 R as uiters vatbaar. Een-en twintig (21) Brasiliaanse lyne (genotipes) is in glashuisstudies evalueer teenoor die 2 standaarde.
Die evaluering toetse het suksesvol verloop aangesien LS 6248 R (vatbare kontrole) hoë besmetting getoon het. Nie een van die 21 lyne het egter enige mate van weerstand getoon nie. Selfs die weerstandbiedende cultivar het Rf-waardes bo 1 getoon maar het in beide evaluerings die laagste besmetting (Rf-waardes) gehad.
6.5
Studies op Lecanicillium muscarium as 'n mikoparasiet van sojaboon roesswam, Phakopsora pachyrhizi
KS Yobo
Tydens dié navorsing is 'n isolaat, N-08, 'n mikoparasitiese fungus geïsoleer op die Assagay-koffieplaas, in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Daar is dit waargeneem op die parasiet, Hemileia vastatrix, die agent wat koffieroes veroorsaak. Volgens morfologiese en molekulêre studies, is die isolaat N-08 geïdentifiseer as Lecanicillium muscarium en dit is opgeneem in die nasionale fungus-versameling (Opnamenommer PPRI 13715).
Navorsing oor gesamentlike inokulasie van L. muscarium en P. pachyrhizi is gedoen in die Universiteit van KwaZulu-Natal se Plantpatologie-siektetuin. Waarneming van die interaksies met die omgewingskanderingselektronmikroskoop (ESEM) toon 'n mikofiliese aantrekking van L. muscarium tot die urediniospore van P. pachyrhizi. Lang L. muscarium-fialide is waargeneem waar dit die P. pachyrhizi-urediniospore binnedring en styf om die urediniospore wring.
In vitro-navorsing is gedoen om die uitwerking van die L. muscarium-stam N-08 op P. pachyrhizi, die sojaboonroesfungus te bepaal. Die L. muscarium-stam N-08 is waargeneem met behulp van 'n ligmikroskoop en ESEM terwyl dit P. pachyrhizi koloniseer. Laboratorium-eksperimente is gedoen om die uitwerking van verskillende groeitoestande (temperatuur, kunsmatige groeimedia, natuurlike substrate en UV-bestraling) te bepaal op kolonievorming en produksie van konidia. Optimalisering van groeitoestande is een van die wesenlike aspekte wat in ag geneem moet word om 'n doeltreffende biobeheermiddel te skep. L. muscarium-stam N-08 groei die beste teen temperature wat wissel tussen 21 tot 25ºC. Die hoogste radiale groei is waargeneem teen 24ºC (46.54mm). V8-sapagar was die beste medium vir kolonievorming teen 'n gemiddelde waarde van 42.75mm, gevolg deur SDA (Sabouraud dextrose agar) teen 37.86mm. Tydens blootstelling van die isolate aan UV-lig, het die resultate nie 'n beduidende verskil getoon tussen die onderskeie media ten opsigte van miseliagroei nie. Die hoogste konidiaproduksie het voorgekom op manna (4.2 x 109 konidia/ml), gevolg deur koringvesel (3.2 x 109 konidia/ml) en pêrelgars (2.9 x 109 konidia/ml).
Die optimale dosisvlak vir siektebeheer is bepaal in die kweekhuis en tydens veldproewe. Daar is bevind dat 106 en 108 konidia/ml doeltreffender is en 106 konidia/ml is gekies as die optimale dosis vir aanwending in veldproewe.
Die uitwerking van L. muscarium teen sojaboonroes is evalueer in die veldproewe. Twee eksperimentele veldproewe (2014/2015 and 2015/2016) is gedoen by Ukulinga-navorsingsplaas. Vergeleke met die patogeen-geënte beheer, het al drie die L. muscarium-dosisse (104, 106, 108 konidia/ml) en die fungusbeheermiddel (Score) die erns van die siekte onderskeidelik laat afneem met 73.3%, 88.2%, 89.1%, en 90%. Die kurwe vir die area onder vordering van die siekte (AUDPC) vir die onderskeie behandelings is soos volg: 1ste proef, Score (172.2 eenhede), 108 konidia/ml (186.2 eenhede), 106 konidia/ml (202.16 eenhede), 104 (457.8 eenhede) en die patogeen-geënte beheer (1716.8 eenhede); 2de proef, Score (259.7 eenhede), 108 (284.9 eenhede), 106 (319.9 eenhede), 104 (462.7 eenhede) en die patogeen-geënte beheer (1053.5 eenhede). Behandelde landerye het 'n hoër toename in opbrengs getoon vergeleke met die patogeen-geënte beheer. Die gewig van die droë saad het egter nie aansienlik verskil tussen die landerye wat behandel is met die L. muscarium-stam N-08 en die landerye wat behandel is met Score as swamdoder nie.
6.6
Kultivarevaluasie van olie- en proteïensade in die winterreënstreek
PJA Lombard, L Smorenburg en JA Strauss
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2015 seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. In die Suid-Kaap is agt proewe aangeplant waarvan ses proewe se data ingesamel is (die proef by Rietpoel het swak gevestig en by Roodebloem het onkruiddoderskade voorgekom). In die Swartland is agt proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan slegs een proef nie geoes is nie (insekskade).
Die afgelope seisoen in die Swartland is gekenmerk deur uiters droë toestande gedurende Augustus en September. Die reënseisoen het 30 Mei begin, gevolglik was daar twee maande met effektiewe reënval. In die Swartland is vanaf April tot September gemiddeld 45% tot 57% van die langtermyn gemiddelde reënval aangeteken. In die Suid-Kaap het daar bogemiddelde reënval voorgekom. Meimaand was egter droog in die sentrale en westelike dele van die Rûens. In die oostelike dele was daar reeds in April aangeplant met goeie grondvog.
Gedurende Augustus en September was die minimum en maksimum temperatuur op Langgewens bogemiddeld. By Rietpoel was die maksimum temperatuur gedurende Julie 2.5ºC laer as die langtermyn gemiddeld. Die minimum temperatuur was gedurende Augustus en September 1ºC warmer as die langtermyn gemiddeld.
In die Swartland was die gemiddelde opbrengste 1320 kg ha-1 teenoor 2468 kg ha-1 in 2014. Al die proewe in die Swartland het op dieselfde tyd ontkiem na die eerste goeie reën op 30 Mei 2015.
Die nuwe konvensionele basterkultivar Diamond, het 'n betekenisvol hoër opbrengs (1721 kg ha-1) vergeleke met die ander kultivars in die groep gelewer. Diamond is gevolg deur Tango (1519 kg ha-1) en CB Agamax (1441 kg ha-1). Die bogenoemde kultivars is almal medium tot vinnige kultivars en kon dus beter opbrengste lewer in die kort groeiseisoen. Die CL-kultivar 44Y89 (1643 kg ha-1) het die 2de hoogste opbrengs in die Swartland gelewer en was betekenisvol hoër as ander kultivars binne die CL-groep. In die TT-groep het die baster kultivar, Hyola 559 (1273 kg ha-1) die hoogste opbrengs gegee. Die opbrengs van Hyola 559 (TT-groep) was nie betekenisvol beter as CB Atomic en Granite TT nie.
Die opbrengs van die TT-kultivars in die Swartland was 24% laer in vergelyking met die konvensionele kultivars en 18.1% in die Suid-Kaap.
In die Rûens het die proefgemiddeldes gewissel tussen 1714 kg ha-1 op Witsand en 2121 kg ha-1 op Napier. Die konvensionele kultivar Belinda (2278 kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengste in die konvensionele groep gelewer en is gevolg deur die kultivar Diamond (2155 kg ha-1). Die CL-kultivar 45Y88 (2346 kg ha-1) het die hoogste opbrengs in die CL-groep gelewer. Dit was ook die kultivar met die hoogste opbrengs in die Suid-Kaap. Die kultivar 44Y89 (2241 kg ha-1) was 2de binne die CL-groep maar sy opbrengs was nie betekenisvol laer as 45Y88 nie. In die TT-groep het CB Atomic HT (1800 kg ha-1) die hoogste opbrengs gelewer gevolg deur Hyola 555 en Granite. Beide het nie betekenisvol van CB Atomic HT verskil nie.
6.7
Chemiese manipulasie van vegetatiewe groei, reproduktiewe groei en ontwikkeling, sowel as graan opbrengs in canola
GA Agenbag en E Kempen
Canola (Brassica napus L.) is een van die belangrikste bronne van plantolies in die wêreld en ook in Suid Afrika is dit besig om te ontwikkel in 'n belangrike gewas. Hoewel canola graanopbrengste in Suid Afrika oor die afgelope aantal jare 'n toename getoon het weens gebruik van bastertipe cultivars en verbeterde produksietegnieke, is opbrengste per hektaar steeds laag in vergeleke met belangrike canola produserende lande soos Kanada.
Laer as verwagte graanopbrengste kan toegeskryf word aan verskeie faktore soos lae en oneweredige plantpopulasies, asook faktore soos insekte plae, ondoeltreffende plantvoedingsbestuur, onkruidbeheer en oesverliese. Hoewel die hoogste graanopbrengste in Suid Afrika behaal word met vroeë aanplantings op vrugbare grond, het dit welig groeiende plante tot gevolg wat veroorsaak dat plante in digte plantestande dikwels omval gedurende die peulvulstadium.
Navorsingsresultate vanaf Australië toon dat korter plante minder geneig is om om te val as hooggroeiende plante. Deur stamlengtes te verkort en koepelstruktuur te verander deur gebruik van plantgroeistremstowwe, is plante nie alleen minder geneig om om te val, maar word 'n meer kompakte peulkoepel ontwikkel wat beter deurlug is, meer egalig ryp word, en minder oesverliese deur die oopspring van peule toon.
Tans is geen plantgroeistremstowwe in Suid Afrika geregistreer vir gebruik op canola, maar loodsproewe wat in potte en ook onder veldtoestande uitgevoer is, met die plantgroeistremstowwe Primo Maxx® en Moddus® asook vloeibare seegrasekstrak (2015 op 3 lokaliteite, in the Swartland (2) en Suid-Kaap (1) veldproewe uitgevoer. Drie blaartoedienings (kontrole, Kelpak® en Moddus®) is getoets in kombinasie met vier plant populasie digthede (30, 60, 90 en 120 plante m-2).
Gedurende die 2015 groeiseisoen het beide Kelpak® en Moddus®) toedienings statisties betekenisvolle opbrengsverhogings tot gevolg gehad op die hoër reënval lokaliteite (Altona en Roodebloem) en veral in persele met hoër plantpopulasies. In vergelyking met die kontrole (onbespuite persele) is daar op beide lokaliteite opbrengsverhogings van 300-400 kg ha-1 waargeneem. Hoewel soortgelyke tendense ook op die laer reënval lokaliteit (Langgewens) waargeneem is, was verskille nie betekenisvol nie.
6.8
Stikstofbobemesting in canola: tyd van toediening en toedieningspeile
GA Agenbag
Vorige navorsingsprojekte in die Weskaap het getoon dat toedieningspeile van 80-120 kg N ha-1 en 15-30 kg S ha-1 deur canola benodig word om graanopbrengste van meer as 2.0 ton ha-1 te produseer in grond met lae organiese koolstofinhoude. Hierdie hoë bemestingsbehoeftes veroorsaak dat stikstof en swael dikwels die duurste produksiefaktor vir canola is.
Die doeltreffendheid van bemestingstoedienings word onder meer bepaal deur grondeienskappe, klimaatstoestande en ook deur tyd van toediening. Navorsing wat in Kanada gedoen is, toon dat hoewel die grootste opname van stikstof in canolaplante plaasvind van die 5-blaarstadium tot 50% blom (wat in die Wes-Kaap bereik word teen sowat 80-90 dae na plant), opname hoog bly tot 50% peulvulstadium wat in die Weskaap bereik word teen sowat 120-130 dae na plant. Hierdie resultate dui daarop dat stikstofbobemesting gedurende die blomstadium moontlik nodig mag wees in hoog produserende canolastande.
Ten einde optimale stikstoftoedieningstrategië vir canola wat onder verskillende grond en klimaatstoestande verbou word te ontwikkel, is veldproewe gedurende 2015 op 3 lokaliteite in die Swartland (2) en die Suidkaap (1) uitgevoer. Vier stikstofpeile (60, 90, 120 en 150 kg N ha-1), waarvan 20 kg N ha-1 met plant toegedien is, is vergelyk met 'n kontrole was geen stikstof toegedien is. Die res van die stikstof is toegedien op 30 dae na plant of verdeel tussen 30 en 60 of tussen 30, 60 en 90 dae na plant. Laasgenoemde het saamgeval met volle blomstadium.
Hoewel die Weskaap canola produserende gebied ondergemiddelde reënvaltoestande en 'n kort reënseisoen gedurende 2015 produksieseisoen ondervind het wat opbrengste op veral die lae reënval lokaliteit (Langgewens) benadeel het, het proefgemiddelde opbrengste gewissel vanaf 1682 kg ha-1 op Langgewens en 1890 kg ha-1 op Roodebloem tot 3294 kg ha-1 op die hoë reënval lokaliteit (Altona).
Op Langgewens is die hoogste graanopbrengs van 1723 kg ha-1 behaal met 'n totale stikstoftoediening van 90 kg N ha-1. Op Roodebloem (2013 kg ha-1) en Altona (3363 kg ha-1) is die hoogste opbrengste behaal met toedienings van 120 kg N ha-1. Weens algemeen lae opbrengste en swak reaksie op stikstofbemesting op Langgewens wat aan die lae reënval toegeskryf kan word, het die tyd van toediening van stikstofbobemesting nie graanopbrengs beïnvloed nie. Op Roodebloem is die beste resultate verkry met 'n toediening van 20 kg N ha-1 met plant en die res op 30 dae na plant. Op die hoë reënval lokaliteit, Altona, wat graanopbrengste van meer as 3000 kg ha-1 gelewer het, is die beste resultate verkry deur 20 kg N ha-1 toe te dien met plant en die res van die stikstof te verdeel tussen 30 en 60 dae na plant. Aangesien 2015 nie 'n normale reënvaljaar was nie is dit egter belangrik om die navorsing oor ten minste drie jaar te herhaal voordat 'n finale gevolgtrekking gemaak kan word.
6.9
Evaluasie van verkorte canolaproduksie periodes en die gebruik van alternatiewe gewasse op die volhoubaarheid van wintergraanproduksie onder bewaringslandbou praktyke op die Riversdal vlaktes
JA Strauss
Die jaar 2015 was die 4de produksie jaar van hierdie proef. Ses kontant gewasstelsels word getoets en sluit stelsels met verkorte rotasies met canola in, asook dekgewasse. 'n Totaal van 60 persele is geplant, dit sluit 3 herhalings van die 6 stelsels in. Elke gewas van elke rotasie is elke jaar teenwoordig. Riversdal het laat somerreën ontvang wat tot gevolg gehad het dat die proef op baie goeie grondvog geplant is. Die res van die produksie seisoen van April tot September het meer reën ontvang as die 2014 seisoen, maar was nog steeds 40mm minder as die langtermyn gemiddeld. Die goed verspreide reën en 'n koel September het bygedra tot goeie opbrengste.
Die canola cultivar 44Y87 is geplant teen 3 kg/ha. 'n Totaal van 53 kg N/ha is toegedien op elke perseel (23kg N/ha by plant en 30kg N/ha bobemesting). Canola opbrengs was gemiddeld 1420 kg/ha en olie-inhoude van oor die 40%. Hierdie was gemiddeld 10 kg/ha minder as in 2014.
Die koring cultivar SST027 is geplant teen 74 kg/ha. 'n Totaal van 53 kg N/ha is toegedien op elke perseel (23kg N/ha by plant en 30kg N/ha bobemesting). Opbrengste was gemiddeld 3598 kg/ha. Dit was 941 kg/ha meer as in 2014.
Die gars cultivar Erica is geplant teen 53 kg/ha. Opbrengste was gemiddeld 3610 kg/ha. Dit was 160 kg/ha minder as in 2014.
Die lupien cultivar Mandelup was nie beskikbaar nie en dit is vervang met 'n bitterlupien mengsel wat geplant is teen 110 kg/ha. Lupienopbrengs was gemiddeld 272 kg/ha.
Die hawer cultivar Saia en wieke is geplant teen 29 kg/ha en 42 kg/ha, onderskeidelik. Geen ander insette is aangegaan gedurende die seisoen nie en is die dekgewasse slegs doodgespuit net na die boeredag.
Die ekonomiese data van 2013, 2014 en 2015 is ingelees en 'n opsomming van die bruto marge vir die 3 jare en 'n 3-jaar gemiddelde sal in die volledige verslag beskikbaar wees.
6.10
Die ontwikkeling van 'n nematode biologiese beheermiddel vir mollusca (naakslakke en dopslakke) geassosieer met canola in Suid-Afrika
A Pieterse, JL Ross en AP Malan
Indringer Europese slakke (naakslakke en dopslakke) het beduidende ekonomiese peste geword in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaapse Provinsie, waar die klimaat gunstig is. Een gewas wat veral geteiken word, is Canola (Brassica napus), wat 'n winter-verbouingsgewas is en kommersieel geproduseer word as veevoer proteïene en olie. Canola word tussen Maart en Mei gesaai in die Wes-Kaap, met saailinge wat baie vatbaar tot slakskade is tydens die eerste vier weke na aanplanting. Die drie slak spesies wat besonder skade veroorsaak in Canola, is Milax gagates, Deroceras panormitanum en Deroceras reticulatum. Al drie hierdie naakslak spesies, is Europese eksotiese indringers. Huidige wyse vir beheer maak staat op die gebruik van chemiese slakdoders in korrelvorm, wat metaldehied en karbariel bevat, al is hierdie middels gereeld ondoeltreffend, sowel as toksies teenoor nie-teiken organismes, dit is dus noodsaaklik dat 'n biologiese-beheermiddel geïdentifiseer word. Die mees doeltreffende kommersiële metode vir die biologiese beheer van slakke in Europa is tans die gebruik van die slak-parasitiese nematode, Phasmarhabditis hermaphrodita. Dié produk, wat in Europa vanaf BASF beskikbaar is, word onder die handelsnaam Nemaslug® verkoop. Die produk verskaf beskerming teen verskeie landlewende slakke spesies, insluitende Agriolimacidae, Arionidae, Limacidae, Milacidae, en Vagnulidae. Tot hede kan Nemaslug® nie in Suid-Afrika verkoop word nie, as gevolg van wetgewing (gewysigde Wet 18 van 1989, in terme van die Landbou Plae Wet 36 van 1947) wat tans van toepassing is, wat bydra tot die belang van die ontwikkeling van 'n plaaslike biologiese beheer agent. Die betrokke projek beoog om plaaslike, nematode isolate te identifiseer, wat die potensiaal inhou om ontwikkel te word as 'n biologiese-beheermiddel vir slakke in Suid-Afrika. Verskeie nematode spesies is al geïdentifiseer deur middel van jaarlikse opnames in die Wes-Kaap. Uit die isolate wat tot dusver geïsoleer is deur middel van molekulêr- en morfologiese data, is die volgende spesies geïdentifiseer: Angiostoma margaretae; Angiostoma sp.; Caenorhabditis elegans; Mermithid sp.; en Phasmarhabditis spp. Verskeie verskillende nematode spesies wat belofte getoon het vir die beheer van slakke was die onderwerp van menigte patogenisiteit studies. Tans word die patogenisiteit van plaaslike isolate vergelyk met dié van die kommersiële Nemaslug® produk. Nuwe spesies word benoem en beskryf vir Suid-Afrika. Phasmarhabititis sp. is in die proses om in-vitro gekweek te word vir die doeleinde van massa-produksie. Daarbenewens is opnames wat daarop gemik is om verdere isolate te identifiseer, aangaande in die Provinsie. Ter afsluiting, is die betrokke projek daarop gemik om 'n inheemse biologiese slak-doder te ontwikkel, wat 'n beduidende impak sal hê op die landbou in Suid-Afrika.
6.11
Ontwikkeling van proteïen en fosfor voerbestanddele vanuit vis prosesseringsafval vir die dierevoer industrie
N Goosen
Die doel van die navorsing is om tegnologie te ontwikkel wat aangewend kan word om hoë-kwaliteit proteïen- en fosfor dierevoerbestanddele te vervaardig vanuit lae waarde vis prosseseringsafval wat afkomstig is vanaf visserye of akwakultuur. Deur die gepaste tegnologie tot stand te bring wat hoër-waarde dierevoerbestanddele vervaardig vanuit afvalprodukte, kan ekonomiese aansporing geskep word wat die benutting van afvalprodukte kan bevorder. Op hierdie manier kan meer waarde ontsluit word vanuit bestaande natuurlike hulpbronne, sonder om addisionele druk daarop te plaas. Die oorhoofse ondersoek is onderverdeel in drie aparte projekte en elkeen van hierdie projekte vorm die basis van 'n Meestersgraad studie.
Die eerste twee Meestersgraad studies het reeds alle laboratoriumondersoeke voltooi en rapportering van resultate (by wyse van Meestersgraad tesisse) is onderweg. Die derde projek het tydens Januarie 2016 afgeskop en die eksperimentele fase daarvan, wat groeiproewe en bio beskikbaarheid van voerbestanddele sal insluit, sal tydens September 2016 'n aanvang neem.
Die eerste twee Meesters projekte het daarop gefokus om tegnologie op laboratoriumskaal te ontwikkel om hoë-waarde produkte te herwin vanuit visprosseseringsafval. Die twee hoë-waarde produkte wat spesifiek geteiken was, is ensiematies gehidroliseerde proteïen en beenminerale (met klem op fosfate) vanuit die beenmateriaal. Beide die ensiematiese en mineraal-ekstraksie prosesse is op laboratoriumskaal ge-optimeer. Verder is gelatien-ekstraksie vanuit oorblywende beenmateriaal ook ondersoek, wat addisioneel is tot die oorspronklike oogmerke van die navorsing. In beide bogenoemde projekte word dit voorsien dat die eksamineringsproses van die Meestersgrade sal plaasvind tydens Desember 2016 en eksterne eksaminatore is reeds aangestel vir hierdie doel.
Goeie vordering word gemaak met die finale fase van die oorhoofse projek. Tydens hierdie fase sal die produkte wat ontwikkel is tydens die eerste twee Meestersondersoeke, gebruik word in diereproewe om die bio-beskikbaarheid daarvan te bepaal. Alle eksperimentele dieëte is reeds geformuleer en die eksperimentele bestanddele word tans berei. Voorbereiding van die voere sal binnekort begin en die eksperimentele diere is reeds aangevra by 'n verskaffer, sodat die diereproewe kan begin in September 2016. Dit word voorsien dat die diereproewe sal aanhou tot aan die einde van November 2016 en dat alle laboratorium- en data-analises tydens 2017 voltooi sal word. Tans is die oorhoofse projek op koers om die nodige resultate te lewer binne die aanvanklik beplande tydsraamwerk.
6.12
Bestuurstrategieë vir sojaboonsiektes wat in Suid-Afrika in die grond oorgedra word
YT Tewoldemedhin en SC Lamprecht
Tydens die opnames gedoen in Suid-Afrika tydens kultivarproewe en op boere se landerye, is 71 fungus- en oömesietspesies waargeneem in sojaboonkrone, -hipokotiele, -saadlobbe en -wortels. Van die 71 fungus- en oömesietspesies is Fusarium (F. begoniae, F. graminearum, F. oxysporum en F. solani) onder die spesies wat wortelvrot veroorsaak, terwyl Pythium spp. en R. solani (P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum, R. solani AG-2-2 IIIB en R. solani AG-4 HG-III) wortelvrot en/of saailingverwelk veroorsaak. Sclerotium rolfsii is egter aangemeld as oorsaak vir suidelike roes en Diaporthe / Phomopsis spp.-kompleks lei tot stamroes in Suid-Afrika. Daar is gemeld dat dié sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word opbrengsverliese van tot 70% veroorsaak. In sekere gevalle veroorsaak dit selfs plantverlies en opbrengsverliese van tot 100% wat aangemeld is by uiters vatbare sojaboonkultivars. In ander lande is dit duidelik dat geïntegreerde bestuurstrategieë, wat minstens saadbehandeling, weerstand / verdraagsaamheid en behoorlike wisselbou insluit, noodsaaklik is om sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word volhoubaar te bestuur. Dit is dit dus net so noodsaaklik in Suid-Afrika. Hoewel bestuurstrategieë in ander lande getoets is, is dit nog nie behoorlik getoets en toegepas in Suid-Afrika nie. Gevolglik is drie bestuurstrategieë verlede jaar onder kweekhuistoestande evalueer. Onder die swamdoders wat evalueer is, is potensiële swamdoders wat geskik en doeltreffend is as sojaboonsaad-behandeling geïdentifiseer. Van die kultivars wat evalueer is, is die kultivars wat die meeste weerstand / verdraagsaamheid bied ten opsigte van sojaboonpatogene ook geïdentifiseer. Voorgewasse (wisselbougewasse) wat nie gashere is nie, of wat 'n mate van verdraagsaamheid toon teenoor sojaboonpatogene, is ook geïdentifiseer en dit dui daarop dat dit geskik is as wisselbougewasse. Die resultate van dié navorsing moet egter geverifieer word om seker te maak dat dit betroubaar is. Die doel van die studie waaroor verslag gedoen word, was om die kweekhuis-essaieertoetse te herhaal vir die beheer van verwelking voor en na opkoms, wortelvrot, suidelike roes en stamroes by sojabone, deur ondersoek te doen na:
- swamdodersaadbehandeling,
- siftingstoetse wat kommersieel beskikbaar is vir Suid-Afrikaanse sojaboonkultivers ten opsigte van weerstand / verdraagsaamheid; en
- siftingstoetse van voorafgaande gewasse as wisselbougewasse om die druk van siektes te verlig.
Apron XL (aktiewe bestanddeel mefenoksaam), Celest XL (aktiewe bestanddeel fludioksoniel + mefenoksaam), DynastyCST (aktiewe bestanddeel asoksistrobien + fludioksoniel + mefenoksaam), Maxim Quatro (aktiewe bestanddeel tiabendasool + asoksistrobien + fludioksoniel + mefenoksaam), EverGol Energy (aktiewe bestanddeel penflufeen + protiokonasool + metalaksiel) en 'n mengsel van Apron XL (aktiewe bestanddeel mefenoksaam) + Celest XL (aktiewe bestanddeel fludioksoniel + mefenoksaam) is evalueer as swamdoders wat gebruik word as saadbehandeling, om te bepaal wat die invloed daarvan is op oorlewing, groei en wortelvrot onder saailinge in grond wat besmet is met Fusarium spp. (F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani), Pythium spp. (P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum) en Rhizoctonia solani (AG-2-2 IIIB en AG-4 HG-III).
Resultate wat verkry is oor die behandeling van saad met swamdoders ten opsigte van die oorlewing van saailinge wat gekweek is in grond wat besmet is met belangrike patogene wat in die grond oorgedra word, toon dat verwelking voor en na opkoms doeltreffend beheer kan word met Evergol, DynastyCST, Maxim Quatro en 'n mengsel van ApronXL en CelestXL. Evergol en Maxim Quatro is egter doeltreffender teen Fusarium spp. Hoewel saadbehandeling met Apron XL (aktiewe bestanddeel mefenoksaam) doeltreffend was om die skade wat veroorsaak word deur Pythium spp. te verlig, was dit nie doeltreffend teen ander sojaboonsiektespesies wat in die grond oorgedra word nie. Celest XL was egter doeltreffend om skade wat veroorsaak word deur R. solani AG-2-2IIIB en AG-4 HGIII te verminder. Hoewel dit verwelking van sojabone wat veroorsaak word deur Pythium spp. verminder het, was dit nie so doeltreffend soos die mengsel van Apron XL en Celest XL nie. Dit was verrassend dat DynastyCST en Maxim Quatro nie so doeltreffend was soos die mengsel van Apron XL en Celest XL nie, aangesien die aktiewe bestanddele ook fludioksiel en mefenoksaam insluit. Tydens die besoek aan die saadbehandelingsfasiliteit in Argentinië, het dr M. Scandiani egter daarop gewys dat die aktiewe bestanddeel, asoksistrobien in DynastyCST én Maxim Quatro die ontkieming van saad nadelig beïnvloed. In Argentinië gebruik hulle dus 'n produk wat bekend is as Maxim Evolution. Die produk bevat dieselfde drie aktiewe bestanddele wat in Maxim Quatro voorkom, maar dit bevat nie asoksistrobien nie. Daar is gemeld dat Maxim Evolution baie doeltreffender is as Maxim Quatro. Ons pogings om 'n monster van Maxim Evolution uit Argentinië in te voer vir navorsingsdoeleindes was ongelukkig nie suksesvol nie.
Sewe-en-twintig sojaboonkultivars is onder kweekhuistoestande evalueer ten opsigte van belangrike sojaboonpatogene wat in die grond oorgedra word (Diaporthe phaseolorum var. meridionale, Phomopsis longicolla, F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani, F. virguliforme, P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum), R. solani AG-2-2 IIIB en R. solani AG-4 HG-III, Sclerotinia sclerotiorum and Sclerotium rolfsii) wat in die grond oorgedra word, om weerstand / verdraagsaamheid onder kultivars wat kommersieel beskikbaar is in Suid-Afrika te bepaal. Die resultate wat verkry is tydens die bio-essaieertoetse van die kultivars, was dit duidelik dat daar verskille is in kultivarverdraagsaamheid / -weerstand teen die sojaboonpatogene wat in die grond oorgedra word en ingesluit is in dié studie. Kultivar soy8 was een van die kultivars wat die vatbaarste was vir F. solani, S. rolfsii en alle Pythium- en Rhizoctonia-spesies. Verder verskil kultivars ten opsigte van die manier hoe dit reageer op verskillende spesies. Kultivar soy13 het byvoorbeeld die grootste weerstand getoon teen alle Fusarium spp. en die meeste van die Pythium spp. en R. solani AG-2-2IIIB, maar was uiters vatbaar vir R. solani AG-4 HGIII en matig vatbaar vir Sclerotium rolfsii. Tydens die siftingsbioessaieertoetse wat gedoen is met die kultivars, is verskillende mates van weerstand / verdraagsaamheid teenoor P. longicolla en D. phaseolorum var. meridionale onder die kultivars gevind. Dit wil voorkom asof al die kultivars wat evalueer is, vatbaar is vir Fusarium virguliforme, M. phaseolina en S. sclerotiorum. Kennis van die belangrikste patogeen / patogene in die grond is dus noodsaaklik wanneer 'n kultivar met weerstand / verdraagsaamheid teenoor siektes wat in die grond oorgedra word gekies word om aangeplant te word in 'n landery wat bekend is vir 'n bepaalde probleem met 'n siekte wat in die grond oorgedra word. Dit is noodsaaklik omdat die meeste van die kultivars verskillend reageer op verskillende patogene wat siektes veroorsaak en in die grond oorgedra word.
In die proses om te bepaal of sojaboonpatogene wat in die grond oorgedra word (F. begoniae, F. graminearum, F. negundis, F. oxysporum, F. solani, P. aphanidermatum, P. heterothallicum, P. irregulare, P. ultimum), R. solani AG-2-2 IIIB en R. solani AG-4 HG-III) die gewasse wat voor sojabone aangeplant word (wisselbougewasse) beïnvloed, is ses gewasse geïdentifiseer en evalueer tydens bio-essaieertoetse onder kweekhuistoestande. Die resultate van die navorsing het daarop gedui dat droëbone net deur twee Pythium spp. (P. aphanidermatum en P. heterothallicum) beïnvloed word, asook deur twee R. solani AG-spesies (AG-2-2IIIB and AG-4 HGIII). Verder word sonneblom, sorgum en koring ook beïnvloed deur Pythium en R. solani. Dié patogene veroorsaak aansienlike verwelking en wortelvrot by die gewasse. Dit is interessant om te noem dat waargeneem is dat die meeste van die patogene wat by die studie ingesluit is, beduidende verwelking veroorsaak by geelmielies. Witmielies is egter nie beïnvloed deur die teenwoordigheid van die patogene in die grond nie, behalwe deur R. solani AG-2-2IIIB. Indien daar dus nie ander bestuurstrategieë toegepas word nie, is dit belangrik om sojabone af te wissel met witmielies om die besmettingsdruk vir die daaropvolgende sojaboonaanplanting te verminder sonder om die produksie van die voorgewas aansienlik te benadeel.
Drie bestuurstrategieë is evalueer. Die navorsing oor twee jaar het gelei tot die identifikasie van moontlike geskikte en doeltreffende swamdoders (onder die swamdoders wat evalueer is) as saadbehandeling vir sojabone. Kultivars wat weerstand bied of verdraagsaam is ten opsigte van die belangrikste sojaboonpatogene, is ook geïdentifiseer. Verder is voorgewasse (wisselbougewasse) wat nie gashere is nie, of wat 'n mate van weerstand bied / verdraagsaamheid toon teen die sojaboonpatogene is ook evalueer. Die ideale praktyk om sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word te bestry, is om die beste van die drie strategieë te kombineer. Dit verseker die volhoubaarheid van die bestuurspraktyk met aansienlike laer insetkoste. Die resultate van die studie moet egter geverifieer op landerye word om te bevestig dat dit betroubaar is. Gevolglik sal die swamdoders wat kommersieel beskikbaar is en evalueer is, gebruik word om te bepaal of dit sojaboonsiektes wat in die grond oorgedra word op landerye kan beskerm. Drie verteenwoordigende persele, een elk in koel, matige en warm sojaboonproduksiegebiede, sal gekies word. Op elke perseel sal die saad van drie sojaboonkultivars behandel word met vier swamdoders en elke proefneming sal drie keer herhaal word.
6.13
Geprojekteerde proteïenbehoeftes vir dierlike verbruik in Suid-Afrika
D Strydom¹, W de Jager¹ en E Briedenhann²
Regoor die wêreld groei die bevolkingsgetalle teen 'n drastiese tempo. Hoër inkomste geleenthede in die stedelike gebiede lok meer mense na die stede en daarmee tesame is daar hoër inkomste wat hierdie mense tot hul beskikking het om te spandeer. Hoër inkomste verhoog dan ook die vraag na proteïenryke en beter kwaliteit voedselsoorte. Weens populasie groei is die grootste uitdaging vir die mensdom om dieselfde hoeveelheid voedsel te vervaardig in 40 jaar as wat geproduseer is in die laaste 8 000 jaar.
Suid-Afrika ondervind tans dieselfde uitdagings en dit is belangrik om 'n poging aan te wend om die menslike aanvraag na dierlike proteïen te voorsien en om selfonderhoudend te raak by die verskaffing van proteinbronne. Die kritieke skakeling bestaan tussen die menslike vraag na proteïen, die aantal diere wat geslag moet word en die voer wat nodig is om die diere te voer. Suid-Afrika kort 'n besluitnemingsstelsel wat kan help met die besluitnemingsproses om akkurate en relevante resultate te lewer en om uiteindelik selfonderhoudend te raak in die verskaffing van proteïen.
In hierdie studie is dinamiese data gegenereer deur die BFAP model te integreer met die APR-model.
Daarom is die nuwe APR_OPT model in staat om die minimale voer koste te bereken en om steeds die nodige voedingsbehoeftes te bevredig in elke dier kategorie. Hierdie studie het ten doel om die skakeling tussen die industrieë te bestuur en te kwantifiseer in terme van beskikbaarheid.
Die spesifieke doelwitte is om die APR-model te dupliseer en opdateer om sodoende die basislyn resultate vir die periode 2015-2024 te genereer en te voorspel met die geïntegreerde BFAP data en om vas te stel wat nodig is om selfonderhoudend proteïenbronne te produseer in die toekoms.
Veevoerverbruik sal na verwagting toeneem met 'n gemiddeld van 2,54% per jaar tot 14.630 miljoen ton teen 2024. Totale proteïen gebruik vir veevoere sal na verwagting toeneem van 1.98 miljoen ton in 2015 tot 2.806 miljoen ton teen 2024, met 'n 4,63% gemiddelde verhoging per jaar.
Suid-Afrika se selfvoorsiening van proteïne vir veevoer doeleindes sal toeneem vanaf 60% (2015) tot 79% (2024).
TabelPersentasie groei wat nodig is vir plaaslike proteïen produksie om sekere doelwitte te bereik teen 2024 | |||
---|---|---|---|
Geprojekteerde totale proteïen verbruik 2024 |
Jaarlikse vereiste groeikoers vir die plaaslike produksie van 1 190 917 ton |
Lokale oliekoek hoeveelheid | Persentasie van geprojekteerde verbruik |
Ton | % | Tonn | % |
2 805 516 | 0.67% | 1 262 482 | 45% |
2 805 516 | 4.59% | 1 683 310 | 60% |
2 805 516 | 8.52% | 2 104 137 | 75% |
2 805 516 | 12.45% | 2 524 964 | 90% |
2 805 516 | 15.05% | 2 805 516 | 100% |
Plaaslike groei op geskatte totale proteïen groei | |||
2 805 516 | 9.57% | 2 216 358 | 79% |
Figuur
Totale proteïen versus ingevoerde proteïen
6.14
Inkomste- en kosteramings van sojabone en canola en enkele mededingende gewasse
SG Ferreira
Die Proteïennavorsingstigting (PNS) se hoofdoelstellings is enersyds die vervanging van ingevoerde proteïen vir diereverbruik met plaaslik geproduseerde proteïen, en andersyds die beter benutting van proteïen. Hierdie doelstellings word bevorder deur die befondsing van navorsing asook tegnologie-oordrag.
Die PNS konsentreer tans op twee gewasse naamlik soja en canola. Dit is baie belangrik om relatiewe winsgewendheid van hierdie en kompeterende gewasse te bekom.
Inkomste / kosteramings is van groot nut aangesien dit ʼn belangrike voorligtings en bestuurshulpmiddel is en dit ook aangewend kan word vir strategiese beplanning en beleiddoeleindes.
Inkomste / kosteramings van gewasse was voorheen maklik bekombaar van die Departemente van Landbou en sommige agribesighede. Die meeste staatsdepartemente doen nie meer die studies op 'n gereelde basis nie en is die inligting waaroor hulle beskik meestal verouderd.
PNS het gevolglik Agriconcept (Edms.) Bpk. versoek om die inkomste / kosteramings vir geselekteerde graangewasse in die Somerreënvalgebied op ʼn deurlopende basis te bepaal.
Studiegebied en inligtingsbron
Streke asook bron van inligting word in die volgende tabel aangebied.
Tabel 1Gebied | Besproeiing | Droëland | Bron |
---|---|---|---|
Noordwes provinsie | |||
MGK gebied | X | MGK | |
NWK gebied | X | NWK | |
Mpumalanga provinsie | |||
Trichardt | X | Groepbespreking | |
Piet Retief | X | Groepbespreking | |
Loskop besproeiingskema | X | MGK | |
KwaZulu-Natal | |||
Bergville / Winterton | X | Groepbespreking | |
Bloedrivier | X | Groepbespreking | |
Vrystaat | |||
Reitz gebied | X | VKB | |
Noord-Kaap provinsie | |||
GWK gebied | X | GWK |
Metodiek
Die PNS geniet tans samewerking van agribesighede binne die Somerreënvalgebied. MGK, NWK, GWK en VKB stel jaarliks inkomste / koste begrotings op vir 'n wye reeks gewasse wat binne hul bedieningsgebiede geproduseer word. Die doel met hierdie begrotings is om as instrument te dien vir beplanningsdoeleindes asook om as hulpmiddel te dien vir krediet beoordeling. Hulle voorsien jaarliks, teen ongeveer Augustus, inkomste / kosteramings van gewasse vir die doel van hierdie studie. Agriconcept evalueer hierdie inligting, maak nodige aanpassings indien nodig en word dan herverpak sodat dit op 'n vergelykbare basis aangebied kan word. Ten einde die inkomste / kosteramings in 'n standaard formaat, wat vergelykbaar is te kan aanbied, word daar gepoog om detail inligting by agribesighede te bekom. Die inligting word egter in 'n opsommende formaat aangebied sonder om detail inligting beskikbaar te stel. Die PNS poog om 'n tipiese medium- tot langtermyn situasie te reflekteer. Seisoenskommelings word dus nie in ag geneem nie.
Agribesighede in sommige gebiede bied nie landbou-ekonomiese dienste aan nie. PNS bekom inligting in hierdie gebiede deur middel van groepbesprekings. 'n Klein groepie boere word betrek om die inligting te bekom. Die inligting word verwerk sodat inkomste / kosteramings opgestel kan word. Die inligting word jaarliks aangepas met nuutste pryse of deur middel van prysindekse. Daar word gepoog om groepbesprekings elke drie tot vier jaar te herhaal aangesien struktuur veranderings in die bedryf mag plaasvind.
Begrotingsformaat
Die begroting word soos volg saamgestel:
- Bruto inkomste
Die verwagte opbrengs per gewas asook die bruto prys word as basis gebruik om bruto inkomste te bereken. Safex genoteerde pryse is aangewend ten einde bruto inkomste vir soja, mielies, koring en sonneblom te bereken terwyl Soill beramings t.o.v. canolapryse aangewend word vir begrotingsdoeleindes. GWK het 'n raming van grondboonpryse gemaak. Die Bruto pryse op 06.11.2014 vir termynkontrakte is soos volg:
Gewas Bron Termynkontrak vir lewering gedurende Termynkontrakprys (R/ton) Soja SAFEX Mei 2016 5 380 Mielies SAFEX Julie 2016 2 946 Koring SAFEX Desember 2016 4 650 Sonneblom SAFEX Julie 2016 5 880 Pryse vir canola en grondbone is soos volg:
Gewas Bron Lewering gedurende Geraamde prys (R/ton) Grondbone GWK April/Mei 2016 10 930 Canola SOILL November/Desember 2016 4 550 - Netto prys by plaashek
Die netto prys per ton by die plaashek verteenwoordig die bruto prys min bemarkingskoste. Bemarkingskoste sluit die volgende items in:
- Vervoerdifferensiaal (verkry vanaf Safex)
- Graaddiskonto vir koring (Safex formule)
- Hanteringsfooi
- Makelaarsfooi of bemarkingskommissie
- Verskansingskoste
- Drogingskoste
- Statutêre heffing vir koring
Vervoerkoste van plaas tot by silo is deur Agriconcept geraam met inagneming van afstand van plaas tot silo.
Dit is aanvaar dat produkte onmiddellik na oes gelewer word sodat opbergingskoste nie ter sprake is nie.
- Vooroes- en oeskoste
Vooroeskoste word in die aangehegde begrotings uiteengesit en het nie veel verduideliking nodig nie. Oeskoste sluit slegs brandstof en reparasies in. Indien produsente van kontrakteursdienste gebruik maak word dit as koste gebruik.
Waardevermindering word nie as 'n koste-item ingesluit nie. Meganisasiekoste sluit slegs brandstof en herstelkoste in.
- Vergelykende opbrengste
ʼn Vergelyking tussen opbrengste vir die verskillende streke word in Tabel 6.2 en Tabel 6.3 aangebied.
Tabel 6.2Vergelyking graanopbrengste vir die verskillende streke, besproeiing Streek Sojabone Mielies Koring Grondbone Canola Sojabone as persentasie van mielies Ton per ha % Noordwes provinsie MGK gebied (Brits) 4.00 12.00 5.50 - - 33% Mpumalanga provinsie Loskop besproeiingskema 4.00 12.00 5.50 - - 33% KwaZulu-Natal Bergville 4.00 12.00 6.00 - - 33% Noord-Kaap provinsie GWK gebied 4.00 13.50 7.50 3.00 3.50 30% Vergelyking graanopbrengste vir die verskillende streke, droëland produksie Gebied / Produk Sojabone Mielies Sonneblom Koring Sojabone as persentasie van mielies Ton per ha % Noordwes provinsie NWK gebied Koster (streek 1) 2.00 3.50 2.00 - 57% Lichtenburg (streek 2) 1.50 3.50 1.50 - 43% Mpumalanga provinsie Trichardt (presisie) 2.50 8.90 - - 28% Piet Retief 2.50 6.50 - - 38% KwaZulu-Natal Bloedrivier 2.00 4.50 - - 44% Vrystaat Reitz gebied 2.00 5.00 2.25 2.50 40% Vanaf Tabelle 6.2 en 6.3 word afgelei dat daar ʼn redelike konstante verhouding, met die uitsondering van Koster en Kinross, bestaan tussen sojaboon- en mielieopbrengste vir die verskillende streke.
6.15
PNS webtuiste
GJH Scholtemeijer, M du Preez en Y Papadimitropoulos
Die Bemarkingskomitee en veral aksies ten opsigte van die Webblad het die afgelope jaar baie aandag geniet. Spesiale vermelding moet gemaak word van die sogenaamde Poems Sagteware "PRF/OPDT Electronic Management System". Die Poems Sagteware stel die administrasie in staat om vanaf een program beheer uit te oefen oor afgehandelde projekte, projek- en beursaansoeke, goedgekeurde beurse en projekte, befondsing en 'n sentrale kontaklys. Die Poems stelsel bied ook 'n soekfunksionaliteit wat gebruikers in staat stel om algemene inligting en nuusbrokkies op die PNS Webblad en op die Poems databasis van projekte, wat as "publiek" gemerk is, op te spoor. Sekere inligting wat nie beskikbaar gestel word in die openbare domein nie word as privaat gemerk en is slegs toegangklik via die PNS se databasis. Die Raad spreek sy dank en waardering uit teenoor Mev Du Preez en die personeel wat betrokke was vir die harde werk wat gedoen is.
Een van die maatstawwe om die gebruikerswaarde van die webblad te bepaal is die aantal besoekers asook tyd gespandeer op die webblad en aantal bladsye besoek. Onderstaande statistieke dui die getal besoekers per verslagjaar aan sedert die aanvang van die webblad.
Verslag jaar | Unieke besoekers Rou waardes* * |
Unieke besoekers Google waardes |
||
---|---|---|---|---|
Besoekers | Bladsye | Bladsye per besoek | ||
2004 | 1 691 | |||
2005 | 3 285 | |||
2006 | 4 552 | |||
2007 | 5 404 | 3 041 | 10 838 | 2.79 |
2008 | 11 104 | 5 274 | 18 829 | 2.82 |
2009 | 10 194 | 6 610 | 27 341 | 3.18 |
2010 | 11 812 | 6 054 | 23 347 | 2.98 |
2011 | 12 357 | 5 511 | 24 258 | 3.29 |
2012 | 16 306 | 6 909 | 28 206 | 3.12 |
2013 | 54 739 | 8 767 | 34 284 | 2.97 |
2014 | 54 590 | 10 189 | 39 363 | 3.03 |
2015 | 35 653 | 12 519 | 45 078 | 3.60 |
* Rou waardes dui op die totale interaksies soos gemeet deur die webbediener terwyl die Google waardes slegs die besoekers meet wat deur middel van 'n webblaaier koppel aan die webwerf. Besoekers wat weer aan die webwerf koppel word nie weer getel as hulle met dieselfde webblaaier koppel nie.