Navorsingsverslag 2016/2017
9. Prestasietoekennings ter bevordering van die pns se visie en missie
Die PNS gee ook erkenning op 'n jaarlikse grondslag aan indiwidue en organisasies wat 'n besondere bydrae gemaak het ter ondersteuning van die PNS se visie en missie asook die bereiking van sy doelwitte.
Toekennings word gemaak in die volgende kategorieë:
- Beste doktorale proefskrif;
- Beste magisters verhandeling;
- Beste artikel in 'n wetenskaplike tydskrif;
- 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder;
- 'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle rol gespeel het ter bevordering van die PNS se aktiwiteite; en
- 'n Organisasie/individu wat 'n besondere rol gespeel het om die PNS in die bereiking van sy doelwitte ter wille te wees.
Gedurende die verslagjaar is toekennings aan die volgende persone in drie van die kategorieë gemaak.
- Beste magisters verhandeling:
Me Anika Pieterse, Stellenbosch Universiteit - Beste artikel in ʼn wetenskaplike tydskrif:
Dr SC Lamprecht, LNR-NIPB - 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder:
Dr J Dreyer, PNS-Kontrakteur
Die toekennings is by gepaste geleenthede gedurende die verslagjaar gemaak.