Navorsingsverslag 2016/2017
4. Proteïenbronne
Indeks
- 4.1 Internasionaal
- 4.2 Plaaslike produksie van proteïen
- 4.2.1 Algemeen
- 4.2.2 Sojabone
- 4.2.3 Canola
- 4.2.4 Sonneblom
- 4.2.5 Ander proteïenbronne
- 4.3 Pers van olie- en proteïensade
- 4.3.1 Volvetvervaardigers
- 4.3.2 Oliepersbedryf
- 4.4 Verbruikers van proteïen
- 4.4.1 Veevoervervaardigers
- 4.4.2 Pluimvee en varke
- 4.4.3 Menslike verbruik
4.1 Internasionaal
Globale omgewing
Globale saamgestelde dierevoerproduksie, soos vervaardig in 32 241 voermeulens in 131 lande, het in 2015 met 1,6% toegeneem na 995.57 miljoen ton, wat opplaasvermenging wat op 'n geraamde 300 miljoen ton te staan kom insluit.
Pluimveevoer oorheers steeds die mark met 'n geraamde 3,2% groeikoers en 'n 47% markaandeel van globale voerproduksie.
China behou sy plek as die voorste dierevoerprodusent met 'n produksie van 180 miljoen ton, met die Verenigde State van Amerika wat in die tweede plek volg met 174 miljoen ton, en Brasilië wat die derde plek inneem met 'n produksie van 69 miljoen ton. Suid-Afrika neem die 22e plek in op die ranglys van globale voerproduksievolumes.
'n Merkbare neiging is 'n vermindering in die aantal voermeulens en 'n toename in voerproduksievolumes, wat dui op konsolidasie en kapitalisering op ekonomie van skaal.
Die produksie van die roumateriale wat hoofsaaklik in dierevoerproduksie gebruik word, naamlik mielies en sojabone, het op hoë vlakke gebly, met die situasie wat na verwagting sal voortduur. Globale mielieproduksie het in 2015-2016 te staan gekom op 969 miljoen ton, en sal na verwagting in 2016-2017 toeneem na meer as 'n biljoen ton.
In 2015-2016 sal sojaboonproduksie volgens vooruitskouings te staan kom op 312 miljoen ton, teenoor die vorige jaar se 320 miljoen ton. Na verwagting sal produksie toeneem in 2016-2017, hoewel globale verbruik waarskynlik gaan toeneem tot soveel as 324 miljoen ton, wat kan lei tot 'n geringe verstewiging in pryse.
Suid-Afrika
Die graan- en oliesadesektor het 'n uitdagende besigheidsomgewing in 2016 beleef, waarvan die gevolge deurgesyfer het na die dierevoerbedryf. Die ernstige droogte wat gepaard gegaan het met die El Niño-weerpatroon het baie lae opbrengste tot gevolg gehad. Die prys van die twee hoofbestanddele wat gebruik word in dierevoerproduksie, te wete mielies en sojabone, het dramaties toegeneem as gevolg van 'n verskuiwing in die vraag- en aanboddinamika. Toenames in die invoervolumes van sojabone, sojaboonoliekoek en mielies het tot gevolg gehad dat pryse aansienlik hoër was as in die vorige jaar. Die African Growth and Opportunity Act (AGOA), wat voorsiening maak vir heffingvrye invoere van 65 000 ton hoendervleis uit die VSA, en die eskalasie van heffingvrye hoendervleisinvoere vanuit Europa, het 'n verdere bedreiging gebied vir plaaslike dierevoervolumes.
Invoere van pluimveevleis het in 2016 te staan gekom op 560 155 ton, wat 'n 17% jaar-op-jaar toename verteenwoordig teenoor dié van 2015, met 'n gevolglike negatiewe effek of plaaslike pluimveeproduksie en 'n gepaardgaande afname in voerproduksie.
Soos gerapporteer deur die 'Animal Feed Manufacturers' Association (AFMA), het voervolumes in Desember jaar-op-jaar met 5,3% gedaal, wat, indien geëkstrapoleer tot die einde van Maart 2017, 'n jaarlikse voerproduksie van 6,6 miljoen ton tot gevolg sal hê in vergelyking met die 6,9 miljoen ton van 2015-2016. Dit verteenwoordig 'n 4,3% jaar-op-jaar afname. Nasionale voerproduksie sal na verwagting met meer as 5% jaar-op-jaar afneem. Opgedateerde nasionale voerverbruikstatistiek sal teen die laaste helfte van 2017 beskikbaar wees.
Mielieverbruik in dierevoer het tot en met April 2017 afgeneem vanaf 5,52 miljoen ton na 5 miljoen ton, wat 'n afname van 10,4% verteenwoordig teenoor die vorige jaar (SAGIS).
Oliekoekverbruik deur AFMA-lede het vanaf Desember 2015-2016 tot Desember 2016-2017 afgeneem vanaf 1,044 miljoen ton na 1,008 miljoen ton. Sojaboonoliekoekverbruik het insgelyks afgeneem vanaf 708 duisend ton na 687 duisend ton, wat 'n daling van 3% verteenwoordig.
4.2 Plaaslike produksie van proteïen
4.2.1 Algemeen
Soos die geval was vir dekades is plantaardige proteïen steeds die grootste bron van proteïen vir dierevoeding in Suid-Afrika. Sonneblom is al vir baie jare 'n groot steunpilaar terwyl sojabone tans dieselfde omvang aanneem as sonneblom. Gedurende die afgelope jaar het die rekord oes van sojabone van meer as 1,3 miljoen ton vir die eerste keer die hoogste opbrengs ooit van sonneblom verby gesteek. Hektaargewys egter is sonneblom steeds beter af as sojabone. Katoen en canola vul bogenoemde goed aan terwyl vismeel net gebruik word waar werklik nodig, hoofsaaklik vanweë prys.
4.2.2 Sojabone
Die sojaboonbedryf het die afgelope drie jaar, jare van uiterstes beleef (sien grafiek 1). In 2014/15 is sojabone geproduseer op 687 300 hektaar wat die meeste ooit in Suid-Afrika was. Vir die eerste keer is ook meer as 1 miljoen ton tewete 1 070 000 ton geproduseer. Hierdie jaar is gevolg deur 'n abnormale droë jaar met opbrengs van slegs 742 000 ton, maar in 2016/17 is alle vorige rekords geslaan. 'n Oes van 1 316 370 ton is geproduseer op 573 950 hektaar met 'n opbrengs van 2,29 ton per hektaar wat die hoogste ooit was. Die enigste vorige keer wat die gemiddelde opbrengs per hektaar meer as 2 ton per hektaar bereik het was 2,17 ton per hektaar in 2008/09 (sien grafiek 2).
Die verhouding tussen sojabone en mielies wat aangeplant word in 'n wisselboustelsel gee 'n goeie aanduiding van die potensiële uitbreiding van sojaproduksie in 'n spesifieke streek. Die PNS voel dat die eerste doelwit 'n verhouding van 70:30 moet wees (figuur 3). Hierdie figuur gee 'n goeie aanduiding van die huidige stand van sake beide per provinsie sowel as Suid-Afrika in geheel. Hoewel KwaZulu-Natal en Mpumalanga steeds uitbreidings kan akkommodeer is die grootste potensiaal egter in die Vrystaat en Noordwes provinsie. Om die Vrystaat se 17% sojabone na 34% te verhoog impliseer 'n verdubbeling van hektaar en tonne wat 'n ekstra 240 000 hektaar en 500 000 ton sojabone impliseer. As die huidige verhouding van 82:18 soos in 2017 na net 70:30% verhoog sal 956 666 hektaar sojabone verbou word. Dit is egter Noordwes provinsie wat die meeste aandag trek en na die suksesse van die afgelope jaar verwag ons dat die uitbreiding van sojaboonaanplantings in Noordwes provinsie met rasse skrede sal toeneem (sien Figuur 3).
GRAFIEK 1


Weeg & Wen Kompetisie
Hierdie kompetisie ten opsigte van mielies en sojabone is aangebied en bestuur deur Du Pont / Pioneer in die somerreënvalgebied en is versterk deur deelname daaraan deur John Deere, Syngenta, Sanlam, Santam, First National Bank, Senter 360 en is ook ondersteun deur die PNS.
Ten spyte van 'n uiters droë jaar (droogste in 93 jaar) in Suid-Afrika het verskeie produsente aan die kompetisie deelgeneem. Ten opsigte van sojabone was daar vier (4) kategorieë en groot pryse is aangebied.
Vir sojabone was die wenners soos volg:
Sojaboon onder besproeiing | Gerrit Roos | Belfast | 5,23 ton/ha | |
Sojaboon droëland – Ooste | Pieter van Vuuren | Standerton | 3,96 ton/ha | |
Sojaboon droëland – Weste | Armand de Villiers | Fochville | 3,0 ton/ha | |
Sojaboon KwaZulu-Natal | MW Stein | Dundee | 4,03 ton/ha |
Hierdie kompetisie moedig produsente aan om deur innoverend te dink die hoogste opbrengs per hektaar te behaal.
Die kompetisie sal voortgesit word in 2017/18.
4.2.3 Canola
Inleiding
Die canolaproduksieseisoen van 2016 is gekenmerk deur onsekerhede, verwagtinge en 'n "grand" finale vir die Wes- en Suid-Kaap streke. Verseker was dit ook 'n jaar waarin canola se vermoë om van uiterste droogte toestande te herstel, weereens bevestig word. Die hoogtepunt was verseker die hoogste gemiddelde opbrengste nog van 1.82 ton per hektaar vir die Suid-Kaap en 1.71 ton per hektaar vir die Swartland wat die totale tonne gelewer op 105 460 ton te staan bring.
FIGUUR 1Aanplantings
Die 2016 aanplantings van canola was laer as die 2015 seisoen en kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die verhoogde vraag na gars in die Suid-Kaap gebied en onsekere reënval in die Swartland. 'n Totaal van 68 075 hektaar word geplant in vergelyking met die 78 050 hektaar in 2015. Wanneer die reënvalsyfers van die twee gebiede in ag geneem word, bevestig dit net die uitsonderlike vermoë van canola om droogtetoestande te kan oorleef en sodanig te herstel om rekord opbrengste te lewer. Ingesluit is Fig 2 en Fig 3, onderskeidelik die reënvalsyfer vir Langgewens en Tygerhoek. Ondanks goeie reën in Maart en April wat goeie planttoestande verseker het en goeie vestiging veroorsaak het, het vanaf 1 Mei tot 8 Junie baie min reën voorgekom. Die canola het hierdie onseker toestande oorleef en baie goed herstel.
FIGUUR 2Cultivarevaluasie en saadopbrengsresultate
Die inligting in die Swartland- en Ruens 2016, bevestig die uitsonderlike opbrengste wat behaal is.
TABEL 1Langgewens | Darling | Eendekuil | Philadelphia | Grasrug | Swartland | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Belinda | 3889 | b | 2181 | bcdef | 2142 | bcd | 1721 | def | 2981 | cde | 2798 | cde |
CB Agamax | 3796 | bc | 2393 | abcd | 2092 | bcde | 2134 | abc | 3034 | bcd | 2829 | cde |
CB Tango | 3889 | b | 2158 | bcdef | 2237 | abc | 1685 | def | 3149 | bc | 2858 | bcd |
Hyola 50 | 3858 | b | 2469 | abc | 1947 | cdefg | 2001 | abcd | 3036 | bcd | 2828 | cde |
Diamond | 4289 | a | 2330 | abcd | 2380 | ab | 2257 | ab | 3480 | a | 3120 | a |
CHYB2644 | 4355 | a | ||||||||||
Konv.-gem. | 4013 | 2306 | 2160 | 1959 | 3136 | 2887 | ||||||
44Y84 | 3014 | f | 1971 | cdef | 2032 | cdef | 1632 | ef | 2595 | f | 2403 | g |
44Y87 | 3375 | def | 2265 | abcde | 1893 | defg | 1175 | g | 3175 | bc | 2677 | def |
44Y89 | 3763 | bc | 2354 | abcd | 2451 | a | 1950 | abcde | 3037 | bcd | 2901 | bc |
44Y90 | 3870 | b | 2463 | abc | 2075 | cdef | 1928 | bcde | 3338 | ab | 2936 | abc |
45Y88 | 3674 | bcd | 2537 | ab | 1913 | defg | 1805 | bcde | 3287 | ab | 2853 | cd |
45Y91 | 3849 | b | 2713 | a | 2015 | cdef | 2281 | a | 3577 | a | 3038 | ab |
Hyola 575 CL | 3863 | b | 1710 | f | 1906 | defg | 2096 | abc | 3159 | bc | 2660 | ef |
Hyola 577 CL | 3476 | cde | 1788 | ef | 1716 | g | 1630 | ef | 3041 | bcd | 2505 | fg |
43Y85 | 2229 | abcde | 1799 | fg | 1949 | abcde | 2920 | cde | ||||
CL-gem. | 3611 | 2225 | 1978 | 1827 | 3151 | 2747 | ||||||
CB Atomic HT | 3529 | bcde | 1774 | ef | 1847 | efg | 1670 | def | 2872 | cdef | 2505 | fg |
Hyola 555 TT | 3546 | bcde | 1710 | f | 2003 | cdefg | 1546 | f | 2781 | def | 2510 | fg |
Hyola 559 TT | 3362 | def | 1921 | def | 2073 | cdef | 1845 | def | 2726 | ef | 2520 | fg |
Granite TT | 3249 | ef | ||||||||||
TT-gem. | 3421 | 1801 | 1974 | 1654 | 2793 | 2512 | ||||||
Proef gem. | 3703 | 2174 | 2031 | 1835 | 3079 | 2746 | ||||||
kv | 6.02 | 13.89 | 8.63 | 11.44 | 5.93 | 185.62 | ||||||
kbv | 369.8 | 502.36 | 291.58 | 349.29 | 304.27 |
Napier | Klipdale | Riversdal | Swellendam | Witsand | Suid-Kaap | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Belinda | 3530 | ab | 3469 | ab | 2773 | abcde | 3697 | a | 2568 | bcd | 3207 | abc |
CB Agamax | 3226 | bcde | 3274 | bcd | 2808 | abcd | 2997 | bcde | 2436 | d | 2948 | de |
CB Tango | 2908 | cdefg | 2506 | fg | 2511 | cdef | 2899 | de | 2466 | cd | 2658 | fgh |
Hyola 50 | 2783 | efg | 2697 | ef | 2355 | defg | 3420 | abc | 1922 | h | 2635 | fgh |
Diamond | 3333 | bc | 3234 | bcd | 3242 | a | 3749 | a | 2967 | a | 3305 | ab |
CHYB2644 | 3262 | bcd | 2587 | cdef | ||||||||
Konv.-gem. | 3174 | 3036 | 2713 | 3353 | 2472 | 2951 | ||||||
44Y84 | 3036 | cdef | 3001 | cde | 2415 | cdefg | 2703 | e | 2182 | efg | 2667 | fgh |
44Y87 | 2958 | cdef | 3216 | bcd | 1968 | g | 3426 | abc | 2080 | gh | 2730 | fg |
44Y89 | 2950 | cdefg | 3276 | bcd | 3165 | ab | 3702 | a | 2685 | b | 3156 | bc |
44Y90 | 3521 | ab | 3253 | bcd | 2864 | abc | 3753 | a | 2660 | bc | 3210 | abc |
45Y88 | 3291 | bc | 3532 | ab | 2592 | cdef | 3702 | a | 2383 | de | 3100 | cd |
45Y91 | 3938 | a | 3780 | ab | 2863 | abc | 3481 | ab | 2777 | ab | 3368 | a |
Hyola 575 CL | 2996 | cdef | 2481 | fg | 2730 | bcde | 3312 | abcd | 2445 | cd | 2793 | ef |
Hyola 577 CL | 3129 | bcdef | 2950 | de | 2358 | defg | 3356 | abcd | 2163 | fg | 2791 | ef |
43Y85 | 2774 | fg | 2728 | ef | 2770 | e | 2362 | def | ||||
CL-gem. | 3177 | 3135 | 2619 | 3356 | 2415 | 2977 | ||||||
CB Atomic HT | 2838 | defg | 2585 | fg | 2311 | efg | 3084 | bcde | 2140 | g | 2592 | gh |
Hyola 555 TT | 2771 | fg | 2485 | fg | 2391 | cdefg | 2748 | e | 2191 | efg | 2517 | h |
Hyola 559 TT | 2803 | efg | 2348 | fg | 2368 | defg | 2921 | cde | 2005 | gh | 2489 | h |
Granite TT | 2500 | g | 2172 | fg | ||||||||
TT-gem. | 2728 | 2473 | 2310 | 2918 | 2112 | 2533 | ||||||
Proef gem. | 3081 | 2989 | 2582 | 3278 | 2378 | 2885 | ||||||
kv | 8.85 | 6.53 | 11.04 | 0.38 | 5.48 | 180.29 | ||||||
kbv | 451.61 | 324.95 | 473.16 | 511.41 | 216.99 |
Die verskeidenheid van hoogs kompeterende cultivars, konvensioneel, TT (Triasien Tolerent) en CL (Clearfield), wat aan produsente beskikbaar is, is vir die PNS 'n mylpaal wat behaal is en het die verhoudings wat met instansies in Australië, Europa en Kanada gebou is, verseker die verlangde resultate gelewer. Suid-Afrikaanse produsente is beslis nie meer afhanklik van die "tweede beste" cultivars nie.
Opvallend ook is die kompeterende opbrengste van die TT en veral die CL cultivars met die konvensionele cultivars. Die fokus is verseker op CL baster cultivars, nie net vir beter opbrengsvermoë nie, maar ook vir beter groeikragtigheid en onkruid bestuurseienskappe.
Roundup Ready cultivars sal verseker 'n baie groot rol kan speel, veral in die Swartland, waar die bestuur van onkruiddoderweerstandbiedende raaigras 'n groter probleem raak.
Saadbeskikbaarheid
Die beskikbaarheid van voldoende saad van die bes presterende cultivars blyk nie meer 'n groot probleem te wees nie. Saadbestellings is en bly 'n uitdaging vir die saadmaatskappye aangesien bestellings reeds 'n jaar vooruit gemaak moet word. Canola het met reg sy plek as "cash crop" wisselbougewas op die meeste canolaproduserende plase ingeneem en vir hierdie boere is saadbestellings vooruit nie meer 'n probleem nie.
Siektebestuur
Produsente word deurlopend bewus gemaak met behulp van artikels en die Canolafokus oor die bestuur van siektes. Produsente is en word aanbeveel oor die gebruik van cultivars met 'n goeie swartstamweerstand. Dit blyk nie 'n groot probleem tydens 2016 te wees nie.
Die beheer en bestuur van sclerotinia is 'n groot faktore wat bydra tot opbrengsverlaging. Bespuiting met die middel Prosaro word voorkomend gedoen en 'n opvolgbespuiting word deur die klimaat / reënval bepaal. Verskeie artikels het in die media, Canolafokus en in opleidingsgesprekke met chemiese verteenwoordigers plaasgevind. Sclerotinia opleiding is 'n fokusarea van die Canolabeplanningskomitee en bly 'n groot uitdaging.
Canolasimposium 2016
Die Canolasimposium wat op 19 Julie 2016 by Agri Mega terrein te Bredasdorp en op 20 Julie 2016 te Kronenburg, Paarl plaasgevind het, was die hoogtepunt van canola 2016. Die volledige program en aanbiedings is hier beskikbaar. Die aanbiedings was uitstaande, leersaam en rigtinggewend. Baie positiewe kommentaar is van alle rolspelers ontvang.
Tegnologie-oordrag en opleiding
Ses uitgawes van die Canolafokus het gedurende 2016 verskyn, elk met artikels en inligting wat relevant is tot die suksesvolle verbouing van canola. Hierdie werk deur Prof André Agenbag, Mnre Piet Lombard, Jannie Bruwer en Me Izane Leygonie is van onskatbare waarde vir die canolaprodusente.
Verskeie artikels in die Landbouweekblad, Landbou Burger en ander populêre media het ook verskyn. Hierdie voertuig word met groot sukses gebruik om aktuele onderwerpe wat produksie kan beïnvloed aan te spreek. Prof André Agenbag se artikels oor bemesting en bo-bemesting in canola, Mnr Chris Cumming se artikels oor onkruidbestuur en die beheer van sclerotinia was maar enkeles. Die resultate wat met canolaproduksie behaal word is die resultaat van volgehoue opleiding en verspreiding van inligting.
Die opleiding en verhoudings met chemiese verteenwoordigers is krities belangrik en is in 2016 'n opleidingsgeleentheid vir die Suid-Kaap gereël. Die belangstelling en bywoning was baie goed en lewendige interaksie het plaasgevind.
Tyd | Beskrywing | Aanbieder |
---|---|---|
09h00-09h30 | Registrasie, tee/koffie en toebroodjies | |
09h30-10h00 | Verwelkoming en inleiding | Mnr Andries Theron, Onder-voorsitter PNS |
10h00-20h40 | Cultivarkeuse en riglyne vir vestiging | Mnr Piet Lombard, Departement Landbou: Wes-Kaap |
10h40-11h20 | Bemestingaspekte van belang | Prof André Agenbag, PNS |
11h20-12h00 | Die invloed van onkruiddoders op opvolggewasse | Mnr Chris Cumming, PNS |
12h00-12h30 | Sclerotniabeheer | Mnr Jannie Bruwer, Bayer AgriScience |
12h30-13h00 | SOILL terugvoering oor 2015 oes, asook tydigheid van platsny | Mnr Franco le Roux, SOILL |
13h00-13h10 | Bedankings | Mnr Gerhard Scholtemeijer, Voorsitter PNS |
13h10 | Middagete |
Canola in Somerreënvalgebied
Die PNS het amptelik begin met canolaproewe in die somerreënvalgebied. Die lokaliteite Groblersdal en Beestekraal is gekies vir hierdie nuwe aksie.
Die proewe behels vier cultivars en drie plantdatums onder besproeiing en word hanteer deur Mnr Willie Jonker (PNS-kontrakteur). Die vier cultivars is die bestes uit 'n vorige cultivarproef wat as loodsproef geplant was en behels die volgende groeiseisoenlengtes (1 kort groeiseisoen, 2 medium kort groeiseisoen en 1 medium groeiseisoen). Die plantdatums verteenwoordig 'n plantvenster wat kan inpas in die heersende gewasproduksiestelsel.
In die seisoen 2016/17 is 'n hoë opbrengs van 5,8 ton/ha behaal en die 2017/18 seisoen beloof nog beter opbrengste.
Indien hierdie proewe suksesvol is kan dit 'n nuwe gewaskeuse open vir produsente wat grootliks kan bydrae tot hoër inkomste per hektaar.
Die resultate van die canola-opbrengskompetisie is vervat onder projekte waarvan elders in die verslag gerapporteer word.
4.2.4 Sonneblom
In verlede jaar se navorsingsverslag is aangedui dat sonneblom 'n gewas is waarvan die opbrengs styg of daal na aanleiding van klimaatsomstandighede. Die afgelope twee jaar is tipiese voorbeelde daarvan. In 2015/16 is daar op 718 000 hektaar 755 000 ton sonneblom verbou terwyl 2016/17 'n goeie jaar was wat op die vorige jaar se vorige gemiddelde jaar gevolg het is 874 595 ton geproduseer op 635 750 hektaar. Dit word aangetoon in grafiek 1. In dieselfde grafiek blyk dit ook dat daar weinig verskil is tussen die 5 jaar gemiddelde en 10 jaar gemiddelde opbrengste wat ook blyk uit figuur 2 waar opbrengs per hektaar uitgedruk word oor etlike jare.
Die Vrystaat is steeds die provinsie wat die grootste oppervlakke onder sonneblom plant naamlik 400 000 hektaar in 2015/16 en 330 000 hektaar in 2016/17 – in beide gevalle meer as 50% van die totale oppervlakte onder sonneblom beplant. Noordwes provinsie volg in die tweede plek met geen ander provinsie wat naby die twee provinsies kom hetsy oppervlakte of opbrengs per hektaar.
GRAFIEK 1

4.2.5 Ander proteïenbronne
Oliesadeprosesseerders
Suid-Afrikaanse sojaboonproduksie het in 2016-2017 te staan gekom op 741 550 ton, terwyl 755 000 ton sonneblom in dieselfde tydperk geproduseer is. Die bedryf het in die jaar geëindig Februarie 2017 die plaaslike sojaboonoes plus sojabooninvoere van 271 098 ton geprosesseer, met 852 308 ton sojabone wat gepers is (gemiddeld 71 000 ton per maand); 98 718 ton wat as volvetsoja beskikbaar gestel is; en 23 875 ton wat aangewend is in voedsel vir menslike verbruik.
Sojaboonpryse het deur die loop van die jaar geneig na invoerpariteit eerder as uitvoerpariteit, hoofsaaklik weens die droogte wat die sojaboonoesgrootte nadelig geraak het. Sojaboonpersmarges was uiters swak in 2016, met die sojaboonpersbedryf wat 'n moeilike jaar beleef het. Die geskatte sojaboonopbrengs van 1 340 370 ton in 2017-2018 sal die situasie verlig en gunstige persmarges kan verwag word.
Met die uitsondering van een voermaatskappy het die Suid-Afrikaanse voerbedryf die kwaliteit van talle plaaslike oliesadeprosesseerders heelhartig aanvaar, met goeie resultate wat behaal word met plaaslikgeproduseerde sojaboonoliekoek, wat teen 'n betekenisvolle afslag verhandel teenoor ingevoerde sojaboonoliekoek. Hierdie scenario dien tot die voordeel van die sukkelende plaaslike dierevoer- en pluimveebedrywe.
Die sonneblomprosesseringsbedryf het in die jaar geëindig 695 470 ton sonneblom gepers: 'n gemiddeld van 58 000 ton per maand. Sonneblompersmarges was oor die algemeen aansienlik beter as dié van sojabone. Die verwagte groot sonneblomopbrengs van 821 970 ton in 2017 sal die vraag na ingevoerde sonneblomoliekoek uitskakel en ook 'n styging in persmarges en laer sonneblomoliekoekpryse vir voermeulens tot gevolg hê.
4.3 Pers van olie- en proteïensade
4.3.1 Volvetvervaardigers
Die gebruik van volvetsoja in die veevoerbedryf is 'n gegewe. Die hoeveelhede varieer van jaar tot jaar na aanleiding van die totale beskikbaarheid van hoofsaaklik proteïenbronne. Gedurende die afgelope jaar is 98 722 ton volvetsoja geproduseer wat 18,9% minder is as die 121 763 ton wat in die ooreenstemmende periode van die vorige jaar geproduseer is.
4.3.2 Oliepersbedryf
Oliesaadverwerkers
Gedurende 2016/17 was die Suid-Afrikaanse produksie 741 550 ton en sonneblomsaad 755 000 ton. Die bedryf het vir die jaar geëindig Februarie 2017, die plaaslike sojaboonoes plus die ingevoerde 271 098 ton verwerk. Daarvan is 852 308 ton sojabone ('n gemiddeld van 71 000 ton per maand) gestuur om gepers te word, 98 718 ton vir volvet-soja en 23 875 ton vir menslike verbruik.
Sojaboonpryse vir die jaar het geneig tot invoerpariteit eerder as uitvoerpariteit, hoofsaaklik weens die droogte wat die grootte van die soja-oes beïnvloed het. Die persmarge vir sojabone was besonder swak in 2016. Die sojaboonpersbedryf het 'n moeilike jaar beleef. Die hoë geraamde sojaboon-oesgrootte van 1 340 370 ton vir 2017/18 sal dié situasie verlig, met gesonde persmarges wat verwag kan word.
Die Suid-Afrikaanse voerbedryf, buiten vir 'n enkele voermeulemaatskappy, het die gehalte van baie plaaslike oliesaadpers aanvaar, met goeie sojaboonmeelresultate wat ervaar is teen 'n aansienlike laer prys as ingevoerde sojaboonmeel. Dié situasie lei tot 'n aansienlike voordeel vir 'n dierevoer- en pluimveebedryf in Suid-Afrika.
Die sonneblompersbedryf het 695 470 ton vir die jaar gepers tot einde Februarie 2017 ('n gemiddeld van 58 000 ton per maand). Persmarges vir sonneblom was beter as vir sojabone. Die groot geraamde sonneblomoes van 821 970 ton vir 2017 sal die vereiste vir sonneblomoliekoekinvoer uitskakel, Persmarges verhoog en laer sonneblommeelpryse verseker vir voermeulens.
4.4 Verbruikers van proteïen
4.4.1 Veevoervervaardigers
Globale omgewing
Saamgestelde voerproduksie wat vervaardig is deur 32 241 voermeulens in 131 lande het in 2015 met 1,6% toegeneem tot 995,57 miljoen ton saamgestelde voer. Indien voer wat op plase gemeng word by die syfer gevoeg word, word die syfer geraam op 1,4 miljard ton.
Pluimveevoer domineer steeds die mark teen 'n jaarlikse groeikoers van 3,2% en 'n markaandeel van 47% vir globale voerproduksie.
Sjina bly die voorste voerprodusent teen 180 miljoen ton met die VSA kort op sy hakke teen 174 miljoen ton. Brasilië staan derde met 69 miljoen ton. Suid-Afrika is 22ste op die ranglys vir wêreldwye globale voerproduksievolumes.
Die tendens is dat die getal voermeulens gaan afneem terwyl voervolume steeds gaan toeneem. Dit dui op 'n konsolidasie om grootte te benut teen die grootste voordeel.
Die produksie van die belangrikste grondstowwe vir dierevoer, mielies, vleis en sojabone bly steeds teen hoë vlakke en die tendens sal na verwagting volgehou word. Globale mielieproduksie het vlakke van 969 miljoen ton behaal in 2015/16, maar sal na verwagting toeneem tot meer as 'n miljard ton in 2016/17.
Die raming vir sojaboonproduksie in 2015/16 is 312 miljoen ton, laer as die 320 miljoen ton vir die vorige jaar. Produksie sal na verwagting toeneem in 2016/17, maar globale verbruik sal waarskynlik ook toeneem tot soveel as 324 miljoen ton. Dit kan lei tot 'n effense verstewiging van pryse.
Suid-Afrika
Die sake-omgewing vir 2016 was besonder moeilik vir die graan- en oliesaadbedryf. Die gevolge het deurgefilter na die voerbedryf. Die ernstige droogte wat veroorsaak is deur die El Niño-effek het gelei tot baie lae gewasproduksie. Pryse vir die twee belangrikste bestanddele van die voerbedryf, mielies en sojabone, het dramaties toegeneem weens die verandering in die dinamiek van vraag en aanbod. Verhogings in invoervolumes van sojabone, sojaboonmeel en mielies het gelei tot pryse wat aansienlik hoër was as pryse vir die vorige jaar. Die voerbedryfvolumes is ook bedreig deur die implementering van die Wet op Afrika-groei en -geleentheid (WAGG). Dit het vereis dat 65 000 ton hoender Suid-Afrika belastingvry kon bereik, bo en behalwe die stygende belastingvrye volumes wat Suid-Afrika kon bereik uit Europa.
Ingevoerde pluimveevleis het 560 155 ton bedra vir 2016 en vergeleke met 2015 is dit 'n toename van 17% vir die jaar. Dit het plaaslike pluimveeproduksie negatief beïnvloed met 'n gevolglike afname in voerproduksie.
Voervolume wat aangemeld is deur die Veevoervervaardigersvereniging (AFMA) was laer vir die jaar, soos gemeet in Desember, teen 5,3% en geëkstrapoleer tot die einde van Maart 2017. Dit beteken 'n jaarlikse voerproduksie van 6,6 miljoen ton, vergeleke met 6,9 miljoen ton vir 2015/16 en weerspieël 'n afname van 4,3% vir die jaar vergeleke met die vorige jaar. Nasionale voerproduksie gaan na verwagting met meer as 5% afneem van jaar tot jaar. Die bygewerkte nasionale voerverbruiksyfers sal beskikbaar wees teen die laaste helfte van 2017.
Mielieverbruik vir dierevoer het afgeneem tot 5 miljoen ton tot en met April 2017, vergeleke met 5,52 miljoen ton vir die vorige jaar, of 'n verteenwoordigende afname van 10,4% (SAGIS).
Oliekoekverbruik vir AFMA-lede het afgeneem van 1,044 tot 1,008 miljoen ton van Desember 2015/16 tot Desember 2016/17. Sojaboonmeelverbruik het soortgelyk afgeneem van 708 000 tot 687 000 ton, 'n afname van 3%.
4.4.2 Pluimvee en varke
4.4.2.1 Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV)-Administrasie
Prof Gous rapporteer dat die plaaslike pluimveebedryf tans ineenstort, met talle negatiewe faktore wat pluimveeprodusente erg benadeel. Hy sê die bedryfsorganisasie beleef moeilike tye, met die hoof uitvoerende beampte wat sy pos verlaat het, en die waarnemende amptenaar wat sukkel om die mas op te kom. Hy noem dat beide Rainbow en Astral hul lidmaatskap van die organisasie opgeskort het.
4.4.2.2 Braaikuikenbedryf
Die Suid-Afrikaanse Pluimveebedryf het waarskynlik die swakste jaar in die geskiedenis behaal. Die finale invoersyfer vir 2016 is 560 000 ton pluimveeprodukte wat R5,5 miljard bedra met 240 000 ton porsies met bene in, ter waarde van R3,6 miljard. Die totale invoer is 1,3 keer die grootte van Astral, ons grootste produsent van braaikuikens. RCL Foods (Rainbow Chicken Limited) moes gevolglik 'n derde van sy produksiefasiliteite sluit en 1 300 van sy werknemers afdank. Baie van die kleiner braaikuikenprodusente, wat nie gespesialiseerde produkte verkoop nie, het ook nou die bedryf verlaat en dit het tot heelwat meer werkverliese gelei.
Daar is bewys dat die Suid-Afrikaanse braaikuikenbedryf geslagte hoenders kan voorsien teen laer pryse as die meeste van die Europese lande, ten spyte van die hoër koste van mielies en sojabone vir ons produsente. Dit gaan dus nie daarom dat ons minder doeltreffend is met die produksie van braaikuikens nie, maar dat lande in die Europese Unie vleis wat hulle nie wil hê nie op ons afdwing. Die ingevoerde vleis word verkoop teen dieselfde of hoër pryse vergeleke met ons plaaslike produsente se pryse. Die algemene publiek baat dus nie eers by die invoere nie.
Die wêreldwye pluimveebedryf gaan gebuk onder probleme. Voëlgriep (AI) het vir die eerste keer in Europa sy verskyning gemaak teen die einde van Oktober 2016 en vinnig versprei na 17 Europese lande. Verpligte vernietiging van pluimvee het begin in Hongarye, Frankryk en Ierland. Daarna het dit versprei na Rusland. Miljoene voëls is in Japan en Sjina vernietig om te probeer om die verspreiding van die siekte te voorkom. Daarna het die griep vroeg in 2017 kop uitgesteek in vier Amerikaanse state, insluitend Georgia. In Brasilië is uitvoere ook swaar getref deur 'n skandaal wat gegaan het oor vleis wat salmonella bevat het, asook braaikuikenvleis wat versprei is met varkkoppe, suur om die reuk van vrot vleis te verberg en karton tussen die vleis.
Mens wonder of die invoer van hoendervleis na Suid-Afrika sal voortgaan indien die lande nie die siekte kan uitwis nie. In so 'n geval sal die pryse van braaikuikenvleis vinnig baie duur word weens die afname in die produksie van plaaslike braaikuikens.
Wetgewing om die hoeveelheid soutwater wat by braaikuikens gevoeg kan word te beperk tot 15%, het die bedryf verder belas.
Die omstandighede in die pluimveebedryf kon baie anders gewees het indien die bedryf 'n doelgerigte poging aangewend het om hoenderborsies uit te voer na die res van die wêreld. Die beesvleisbedryf lyk asof dit sukses behaal het met sy uitvoerinisiatief, terwyl die varkbedryf ook besig is om die hoeveelheid vleis wat uitgevoer word uit Suid-Afrika te verhoog.
4.4.2.3 Suid-Afrikaanse Varkprodusentevereniging (SAVPO)
Anders as die pluimveebedryf, het die varkbedryf 'n winsgewende jaar gehad en dit sal waarskynlik voortgesit word in 2017. Varkpryse het hoër geword weens die afname in die getal varke (ongeveer 240 000 varke in November 2015 tot ongeveer 215 000) wat geslag is, terwyl die laer mielie- en sojaboonpryse ook gelei het tot laer voerpryse. Hoë pryse vir beesvleis het gehelp om die prys vir varkvleis hoog te hou en dit sal waarskynlik volgehou word terwyl die beeskuddes weer opgebou word na die droogte wat oor die afgelope drie jaar geheers het. Die internasionale prys van varkvleis het gedurende die jaar gedaal, maar weens die swakker waarde van die rand het die hoeveelheid vark wat ingevoer word in die land konstant gebly terwyl uitvoere gedurende die jaar met 5% toegeneem het.
4.4.3 Menslike verbruik
Gedurende 2016 is 'n wysiging aan die wet op die Bemarking van Landbouprodukte, 1996, (Wet nr 47 van 1996) aangebring en is statutêre maatreëls ingestel waarvolgens vervaardigers van produkte van oliesade vir beide menslike- en dierlikeverbruik maandeliks opgawes aan SAGIS moet verskaf van hul produksie. In die publikasie van SAGIS onder die opskrif "Soybean Flours and Meals/Textured Vegetable Protein" blyk dit duidelik dat die voorheen algemeen aanvaarde syfer van net meer as 2000 ton produkte per maand wat hoofsaaklik na die bakkerybedryf gegaan het, inderdaad nou net meer as 3000 ton per maand beloop. Dit sal dus veilig wees om te aanvaar dat sojaboonprodukte vir menslike verbruik (eetbare olie uitgesluit) tussen 36 000 en 40 000 ton per jaar beloop. Die Oliesade Advieskomitee (OAK) en Olie- & Proteïensade Ontwikkelingstrust (OPOT) befonds tans etlike projekte wat die bevordering van sojaboonprodukte vir menslike verbruik ten doel het.