Navorsingsverslag 2016/2017

6.   Projekte wat suksesvol afgehandel is of waarmee vordering gemaak is (Bylae I en II)

6.1   Evaluasie van sojaboonelitelyne onder Suid-Afrikaanse toestande

GP de Beer en WF van Wyk
Kontrakteurs, Proteïennavorsingstigting

Die afgelope seisoen was sojabooneliteproewe geplant te Potchefstroom, Bethlehem, Ukulinga, UP (Hatfield), Brits en Stoffberg.

Die proewe van die verskillende instansies was geplant soos volg:

Proef 1: (INTA)

Al tien lyne wat verlede seisoen geplant was, was hierdie seisoen weer aangeplant. Vier kontroles waarvan 3 van die vorige seisoen en 1 nuwe een was geplant. Die lyne van INTA se groeiseisoenlengtes het gewissel vanaf 'n MG 4.0 tot 'n MG 6.0.

Die proewe van INTA was geplant te Potchefstroom op die 7 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 574kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 3 232 kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 932kg/ha.

Die proef te Bethlehem was geplant op die 29 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 054kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 rsf met 3 857kg/ha en die lyn met die laagste met 2 205kg/ha.

Die proef te Ukulinga was geplant op die 23 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 745kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 3 335kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 928kg/ha.

Die proef te UP was geplant op die 2 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 543kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 5 716kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 3 590kg/ha.

Die proef te Brits was geplant op die 23 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 982kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 4 576kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 213kg/ha.

Die proef te Stoffberg was geplant op die 10 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 923kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 4 949kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 3 255kg/ha.

Proef 2: (EMBRAPA koud)

Vyftien nuwe lyne vir die koue lokaliteite was geplant die afgelope seisoen saam met vier kontroles. Die lyne van Embrapa (koud) het gewissel van 'n MG 4.8 tot MG 6.8.

Die proewe van Embrapa was geplant te Potchefstroom op die 7 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 000kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 4 040kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 2 220kg/ha.

Die proef te Bethlehem was geplant die 29 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 914kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 3 850kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 2 276kg/ha.

Die proef te Stoffberg was geplant op die 10 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 019kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 4 945kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 3 002kg/ha.

Proef 2: (EMBRAPA warm)

Vyftien nuwe lyne vir die warm lokaliteite was geplant die afgelope seisoen saam met vier kontroles. Die lyne van Embrapa (warm) het gewissel van 'n MG 5.0 tot MG 6.8.

Die proef te Ukulinga was geplant op die 28 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 453kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 3 058kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 409kg/ha.

Die proef te UP was geplant op die 2 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 146kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 6 335kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 2 898kg/ha.

Die proef te Brits was geplant op die 23 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 960kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was met 4 681kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 2 620kg/ha.

Proef 3: (INIA)

Al vier lyne van die vorige seisoen plus twee nuwes was hierdie seisoen weer geplant saam met vier kontroles waarvan 3 van die vorige seisoen en 1 nuwe een was. Die lyne van INIA se groeiseisoenlengtes het gewissel van MG 4.2 tot MG 7.4.

Die proewe van INIA was geplant te Potchefstroom op die 15 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 255kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was NS 7211 R met 5 216kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 187kg/ha.

Die proef te Bethlehem was geplant die 29 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 007kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 3 848kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 989kg/ha.

Die proef te Ukulinga was geplant op die 29 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 956kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 3 704kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6164 R met 2 389kg/ha.

Die proef te UP was geplant op die 17 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 514kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 5 437kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 465kg/ha.

Die proef te Brits was geplant op die 23 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 142kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 4 641kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 253kg/ha.

Die proef te Stoffberg was geplant op die 10 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 849kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 59653 RSF met 4 334kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6164 R met 3 176kg/ha.

Proef 4: (EEAOC)

Al twaalf lyne wat verlede seisoen geplant was, was hierdie seisoen weer aangeplant. Vier kontroles waarvan 3 van die vorige seisoen en 1 nuwe een was geplant. Die lyne van EEAOC se groeiseisoenlengtes het gewissel vanaf 'n MG 4.5 tot 'n MG 7.0.

Die proewe van EEAOC was geplant te Potchefstroom op die 7 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 621kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 4 332kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 2 800kg/ha.

Die proef te Bethlehem was geplant op die 29 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 796kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 3 903kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 289kg/ha.

Die proef te Ukulinga was geplant op die 24 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 2 291kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 2 876kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 1 714kg/ha.

Die proef te UP was geplant op die 2 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 276kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 5 084kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 049kg/ha.

Die proef te Brits was geplant op die 23 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 773kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 4 504kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 2 567kg/ha.

Die proef te Stoffberg was geplant op die 10 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 3 666kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs was DM 5953 RSF met 4 547kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs met 2 080kg/ha.

Proef 4: (EEAOC ext)

Twaalf lyne was geplant hierdie seisoen slegs te UP saam met vier kontroles waarvan 3 nuwes is en 1 van die vorige seisoen was. Die lyne van EEAOC se groeiseisoenlengtes het gewissel van MG 4.5 tot MG 6.5.

Die proewe van EEAOC (ext) was geplant te UP op die 2 November 2016 met 'n gemiddelde opbrengs van 4 424kg/ha. Die lyn met die hoogste opbrengs met 5 702kg/ha en die lyn met die laagste opbrengs was LS 6240 R met 3 752kg/ha.

6.2   Etiologie en populasie struktuur van macrophomina phaseolina (houtskoolvrot) van sonneblom en sojabone in Suid-Afrika

E Jordaan en JE van der Waals
Universiteit van Pretoria

Hierdie navorsing ondersoek die interaksie tussen aspekte van die omgewing, gasheer gewas (sonneblom en sojabone) en Macrophomina phaseolina wat houtskool vrot veroorsaak in Suid-Afrika. Die hoof doel van hierdie werk is om die drywers van die siekte beter te verstaan ten einde 'n besluit ondersteunings stelsel te ontwikkel vir die beheer van houtskoolvrot. In vitro proewe, patogeen identifikasie, karakterisering en groenhuis potproewe sal gebruik word om 'n geheelbeeld te skep van hierdie siekte in SA. Die resultate van die in vitro proewe is reeds in vorige verslae bespreek. Ongelukkig was ons genoodsaak om die beplande produsent opname uit te laat. Ons het nie genoeg vraelyste terug ontvang om statisties korrekte afleidings te kan maak rondom produsent persepsies, voorkoms van die siekte en gevolglike beheer maatreëls in Suid-Afrika nie. Na onvoorsiene terugslae, is isolaat identifikasie tans aan die gang.

Die effek van droogte op houtskoolvrot insidensie en ergheidsgraad en daaropvolgende oes verlies is met behulp van 'n potproef ondersoek. Alhoewel die resultate nog nie statisties geanaliseer is nie, wys resultate vanuit die waterspanningsproef dat daar geen siekte was op sonneblom of sojabone tydens saailing stadium nie. Die stamme was wel gekoloniseer tot en met 1cm vanaf die wortelsone, selfs in die plante wat nie onder waterspanning was nie, wat daarop dui dat droogte nie noodsaaklik is vir infeksie nie. Kolonisasie tot en met 2cm vir sojaboon en 3cm vir sonneblom bo die wortelsone is tydens blom gemeet. Geen siekte is tydens blom opgemerk by sonneblom nie, wat heel moontlik toegeskryf kan word aan 'n tolerante kultivar. Die sojabone was siek tydens blom in beide die waterspannings en geen waterspannings behandelings – laasgenoemde met 'n laer ergheidsgraad. Siekte insidensie en ergheidsgraad was hoog met oes in die sonneblom en sojabone wat geïnokuleer en onder waterspanning was. Terselfdertyd was daar kolonisasie tot en met 3cm in al die geïnokuleerde plante ongeag die water behandeling. Die opbrengste van die sonneblom en sojabone wat onder waterspanning was (ongeag of hulle geïnokuleer was), was die helfte minder as opbrengste van die kontrole plante (nie geïnokuleer en nie onder waterspanning). Die plante wat geïnokuleer was, maar nie waterspanning ondervind het nie, het soortgelyke opbrengste gehad as die kontrole. 'n Tweede potproef het die effek van ureum en kalksteen ammonium nitraat (KAN) op siekte ontwikkeling in kultivars met verskillende groei klasse getoets. Die stikstof was voor plant toegedien teen die aanbevole hoeveelheid (15kg/ha vir sojaboon en 50kg/ha vir sonneblom) en die helfte van die aanbevole hoeveelheid. Lang en medium groei klas kultivars was gekies vir die sojaboonproef, terwyl medium en medium-laat kultivars gekies was vir die sonneblomproef. Alhoewel die resultate nog nie statisties ge-analiseer is nie, blyk dit of groei, stam wydte, totale stikstof en hoeveelheid saad/peule ongeaffekteer was deur die patogeen onder die verskillende stikstof en kultivar behandelings nie. Die patogeen het die sonneblom en sojaboon stamme gekoloniseer tot en met 3cm vanaf die wortel sone in al die behandelings. In die lang groei klas sojaboon met geen stikstof behandeling nie, was geen siekte en hoër opbrengste opgemerk. Hoër siekte insidensie en ergheidsgraad was geassosieer met ureum toedienings in sojabone. Die sonneblom proewe het laer siekte insidensie en ergheidsgraad getoon in die medium-laat kultivar, terwyl siekte hoër was in die medium kultivar ongeag stikstof toediening. Daarbenewens was daar geen siekte in die medium-laat kultivar met KAN teen helfte van die aanbevole hoeveelheid asook met ureum teen die aanbevole hoeveelheid.

Historiese weerdata, literatuur studies en verskeie berekeninge is gebruik om die besluit-ondersteuningstelsel saam te stel. Die optimale groei temperature vir Suid-Afrikaanse M. phaseolina isolate was bepaal om tussen 25 en 30⁰C te wees. Tesame met die droogtes en water beperkings, verwag ons dat hierdie siekte baie meer gaan voorkom in die toekoms. Aangetekende uitbrake van houtskoolvrot op sojaboon of sonneblom in terme van lokaliteit of jaar van uitbraak is skaars. Nie te min, gedurende die 2011/2012 groeiseisoen waar 'n oes verlies van ongeveer 60% in mielies aangeteken was. Daarom word die model vir die besluit-ondersteuningstelsel gebaseer op mielie data en sal die 2011/2012 insident gebruik word om die model te bekragtig. Daarna kan die model aangepas word vir sonneblom en sojaboon gewasse.

Toekomstige navorsing kan fokus op epidemiologiese aspekte van die siekte om die besluit-ondersteuningstelsel op te skerp vir die moontlike gebruik op plaasvlak. 'n Leek artikel oor hierdie siekte en die navorsing was gepubliseer in "The Conversation in Augustus 2016" (theconversation.com). Na voltooiing van die projek sal die inligting gepubliseer word in wetenskaplike joernale, artikels in die plaaslike media soos byvoorbeeld die Landbouweekblad en Oilseeds Focus, en dit sal aangebied word by boeredae.

6.3   Navorsing oor Lecanicillium muscarium as mikroparasiet vir die sojaboonroesfungus, Phakopsora pachyrhizi en die gebruik daarvan vir die biologiese beheer van sojaboonroes

KS Yobo
Universiteit van KwaZulu-Natal

Tydens dié studie is 'n isolaat, N-08, 'n mikoparasietfungus, geïsoleer by die Assagay-koffieplaas in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is daar waargeneem as die parasiet wat Hemileia vastatrix, die agent wat koffieroes veroorsaak, aanval. Volgens morfologiese en molekulêre navorsing is die N-08-isolaat geïdentifiseer as Lecanicillium muscarium en dit is opgeneem in die nasionale versameling van fungi (opnamenommer PPRI 13715).

Navorsing met gesamentlike inenting van L. muscarium en P. pachyrhizi is gedoen by die siektetuin van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Plantpatologie-afdeling. Waarneming met die Omgewingskanderingselektronmikroskoop (ESEM) het gedui op 'n mikofiliese aantrekking tussen L. muscarium en P. pachyrhizi. Lang muscarium-fialide is waargeneem waar dit die P. pachyrhizi-urinodiniospore binnegedring en styf om die P. pachyrhizi wring.

In vitro-navorsing om die uitwerking van die L. muscarium-stam N-08 op P. pachyrhizi, die sojaboonroesfungus te toets, is gedoen. Die L. muscarium-stam N-08 is per ligmikroskoop en ESEM waargeneem waar dit P. pachyrhizi koloniseer. Laboratoriumtoetse is gedoen om te bepaal wat die uitwerking is op onderskeie groeitoestande (temperatuur, kunsmatige groeimedia, natuurlike substrate en UV-strale) en hoe dit die groei van 'n kolonie en die produksie van konidia beïnvloed. Optimalisering van groeitoestande is een van die wesenlike aspekte wat oorweeg moet word om 'n doeltreffende biologiese beheeragent te produseer. L. muscarium-stam N-08 groei die beste teen temperature van tussen 21 en 25ºC. Die hoogste radiale groei is waargeneem teen 24ºC (46.54 mm). V8-sap-agar was die beste medium vir koloniegroei teen 'n gemiddelde waarde van 42.75, gevolg deur SDA teen 37.86 mm. Waar die isolate blootgestel is aan UV-lig, het die resultate nie gedui op 'n aansienlike verskil tussen die onderskeie media op miseliumgroei nie. Die hoogste konidiaproduksie was by giersgraan (4.2 x 109 konidia/ml) gevolg deur koringvesel (3.2 x 109 konidia/ml) en pêrelgars (2.9 x 109 konidia/ml).

Die optimale dosisvlak vir siektebeheer is evalueer in die kweekhuis en tydens veldproewe. Daar is gevind dat 106 en 108 konidia/ml doeltreffender was en 106 konidia/ml is gekies as optimale dosis vir die toepassing tydens veldproewe.

Die uitwerking van L. muscarium op sojaboonroes in die veld is evalueer. Twee veldproewe is gedoen (2014/2015 en 2015/2016) by die Ukulinga-navorsingsplaas. Vergeleke met die beheergroep wat geënt is met die patogeen, het al drie die L. muscarium-dosisse (104, 106, 108 konidia/ml) en die swambeheer (Score) die erns van die siekte onderskeidelik laat afneem met 73.3%, 88.2%, 89.1%, en 90%. Die Vorderingskurwe vir die siekte binne die gebied (Area Under the Disease Progress Curve) vir die onderskeie behandelings was: 1ste proef, Score (172.2 eenhede), 108 konidia/ml (186.2 eenhede), 106 konidia/ml (202.16 eenhede), 104 (457.8 eenhede) en die beheer wat geënt is met die patogeen (1 716.8 eenhede). 2de proef, Score (259.7 eenhede), 108 (284.9 eenhede), 106 (319.9 eenhede), 104 (462.7 eenhede) en die beheer wat geënt is met die patogeen (1 053.5 eenhede). Behandelde persele het 'n groter verhoogde opbrengs getoon vergeleke met die beheer wat geënt is met die patogeen. Die gewig van die droë saad het egter nie aansienlik verskil tussen die behandelde L. muscarium-stam N-08 en saad op persele wat met Score behandel is as swamdoder nie.

6.4   Chemiese manipulasie van vegetatiewe groei, reproduktiewe groei en ontwikkeling, sowel as graanopbrengs in canola

GA Agenbag
Universiteit Stellenbosch

Canola (Brassica napus L.) is een van die belangrikste bronne van plantolies in die wêreld en ook in Suid Afrika is dit besig om te ontwikkel in 'n belangrike gewas. Hoewel canola graanopbrengste in Suid Afrika oor die afgelope aantal jare 'n toename getoon het weens gebruik van bastertipe cultivars en verbeterde produksietegnieke, is opbrengste per hektaar steeds laag in vergeleke met belangrike canola produserende lande soos Kanada.

Laer as verwagte graanopbrengste kan toegeskryf word aan verskeie faktore soos lae en oneweredige plantpopulasies, asook faktore soos insekte plae, ondoeltreffende plantvoedingsbestuur, onkruidbeheer en oesverliese. Hoewel die hoogste graanopbrengste in Suid Afrika behaal word met vroeë aanplantings op vrugbare grond, het dit welig groeiende plante tot gevolg wat veroorsaak dat plante in digte plantestande dikwels omval gedurende die peulvulstadium.

Navorsingsresultate vanaf Australië toon dat korter plante minder geneig is om om te val as hoog groeiende plante. Deur stamlengtes te verkort en koepelstruktuur te verander deur gebruik van plantgroeistremstowwe, is plante nie alleen minder geneig om, om te val, maar word 'n meer kompakte peulkoepel ontwikkel wat beter deurlig is, meer egalig ryp word, en minder oesverliese deur die oopspring van peule toon.

Tans is geen plantgroeistremstowwe in Suid Afrika geregistreer vir gebruik op canola, maar loodsproewe wat in potte en ook onder veldtoestande uitgevoer is, met die plantgroeistremstowwe Primo Maxx® en Moddus® asook vloeibare seegrasekstrak (Kelpak®) het belowende resultate getoon. Om hierdie rede is daar gedurende 2015 en 2016 op 3 lokaliteite in die Swartland (2) en Suid-Kaap (1) veldproewe uitgevoer. Drie blaartoedienings (kontrole, Kelpak® en Moddus®) is getoets in kombinasie met verskillende plant populasies, tye van toediening asook toedieningsdosisse.

In teenstelling met die 2015 seisoen waartydens groeitoestande weens 'n lae reënval nie baie gunstig was, maar groot behandelingsreaksies verkry is, het die toediening van Kelpak® en Moddus® tydens die blomknopstadium nie opbrengsverhogings tot gevolg gehad, ongeag die plantpopulasie, op enige van die lokaliteite gedurende die gunstige toestande van 2016. Toedienings van 4.0 L Kelpak® per hektaar tydens die verskyning van blomknoppe en met aanvang van die blomperiode het egter die graanopbrengs op beide Altona en Langgewens verhoog. Moddus® toedienings van 0.4 en 0.8 L per hektaar tydens bogenoemde groeistadia het egter graanopbrengs met soveel as 380kg ha-1 verhoog op Langgewens. Soortgelyke maar veel kleiner verhogings is ook op Roodebloem waargeneem.

Hierdie resultate toon dat beide Kelpak® en Moddus® beter resultate lewer in jare waartydens groeitoestande nie optimaal is nie.

6.5   Stikstofbobemesting in canola: tyd van toediening en toedieningspeile

GA Agenbag
Universiteit Stellenbosch

Vorige navorsingsprojekte in die Wes-Kaap het getoon dat toedieningspeile van 80-120kg N ha-1 en 15-30kg S ha-1 deur canola benodig word om graanopbrengste van meer as 2.0 ton ha-1 te produseer in grond met lae organiese koolstofinhoude. Hierdie hoë bemestingsbehoeftes veroorsaak dat stikstof en swael dikwels die duurste produksiefaktor vir canola is.

Die doeltreffendheid van bemestingstoedienings word onder meer bepaal deur grondeienskappe, klimaatstoestande en ook deur tyd van toediening. Navorsing wat in Kanada gedoen is, toon dat hoewel die grootste opname van stikstof in canolaplante plaasvind van die 5-blaarstadium tot 50% blom (wat in die Wes-Kaap bereik word teen sowat 80-90 dae na plant), opname hoog bly tot 50% peulvulstadium wat in die Wes-Kaap bereik word teen sowat 120-130 dae na plant. Hierdie resultate dui daarop dat stikstofbobemesting gedurende die blomstadium moontlik nodig mag wees in hoog produserende canolastande.

Ten einde optimale stikstoftoedieningstrategië vir canola wat onder verskillende grond en klimaatstoestande verbou word te ontwikkel, is veldproewe gedurende 2015 en 2016 op 3 lokaliteite in die Swartland (2) en die Suid-Kaap (1) uitgevoer. Vier stikstofpeile (60, 90, 120 en 150kg N ha-1), waarvan 20kg N ha-1 met plant toegedien is, is vergelyk met 'n kontrole waar geen stikstof toegedien is. Die res van die stikstof is toegedien op 30 dae na plant of verdeel tussen 30 en 60 of tussen 30, 60 en 90 dae na plant. Laasgenoemde het saamgeval met volle blomstadium.

In teenstelling met 2015, het die meeste canola produserende gebiede in die Wes-Kaap gemiddelde reënvaltoestande gedurende 2016 produksieseisoen ondervind wat saam met koel toestande gedurende September veroorsaak het dat hoë canola opbrengste in die algemeen behaal is. Proefgemiddeldes het gewissel vanaf 1 681kg ha-1 op die lae reënval lokaliteit (Langgewens) tot 3 300kg ha-1 op die hoë reënval lokaliteit (Altona), terwyl 'n proefgemiddelde van 1 877kg ha-1 op die Suid-Kaapse lokaliteit (Roodebloem) behaal is.

Op die hoë reënval lokaliteit (Altona), is die hoogste graanopbrengs van 3 420kg ha-1 behaal met 'n totale stikstoftoediening 120kg ha-1 waarvan 20kg N ha-1 met plant toegedien is en die res (100kg N ha-1) verdeel is tussen bo-bemestings op 30 en 60 dae na plant. Op Roodebloem is die hoogste opbrengs van 2 228kg ha-1 ook met 'n totale toediening van 120kg N ha-1 verkry maar met slegs een bobemesting op 30 dae na plant. Op Langgewens (lae reënval lokaliteit) is die hoogste opbrengs van 1 779kg ha-1 behaal met 'n toediening van 90kg N ha-1 en wel met bo-bemestings op 30, 60 en 90 dae na plant.

Die resultate toon dat die optimale toedieningspeil en veral die optimale verdeling verskil tussen lokaliteite en waarskynlik ook oor jare. Maatstawwe sal dus ontwikkel moet word om produsente te help om gedurende verskillende jare op 'n gepaste stikstoftoedieningstrategie te besluit.

6.6   Canola Opbrengskompetisie 2016

GA Agenbag
Proteïennavorsingstigting

Die PNS Canola Opbrengskompetisie is gedurende 2016 vir die tweede jaar suksesvol aangebied en is gekenmerk deur baie strawwe mededinging en goeie opbrengste is deur al die deelnemers behaal.

In die Swartland het 14 produsente deelgeneem en was die gemiddelde opbrengs 2.03 ton per hektaar oor 'n totale oppervlakte van 459 hektare. In die Suid-Kaap was die gemiddelde opbrengs van die deelnemers 2.34 ton per hektaar oor 'n totale oppervlakte van 272 hektare en het 8 van die 11 deelnemers opbrengste van meer as 2.0 ton per hektaar behaal.

Mnr Dirk Lesch van Elim Boerdery naby Malmesbury is as die Swartlandse wenner en Mnr Pieter Beukes van Yahshua Boerdery naby Caledon as wenner in die Suid-Kaap aangewys.

Mnr Lesch het 'n opbrengs van 2.66 ton per hektaar behaal op 'n oppervlakte van 18.7 hektaar met die DuPont-Pioneer canola-cultivar 45Y88 wat op 26 April geplant is teen 'n plantdigtheid van 2kg saad per hektaar, terwyl mnr Beukes sy wen-opbrengs van 3.09 ton per hektaar behaal het op 'n oppervlakte van 15.7 hektaar. Soos Mnr Lesch het sy keuse ook geval op die cultivar 45Y88 wat op 27 April geplant is teen 'n plantdigtheid van 4kg saad per hektaar.

6.7   Canola tegnologie-oordrag

GA Agenbag
Proteïennavorsingstigting

Die tydige oordrag van tegnologie en produksie-inligting is baie belangrike tegnieke om te verseker produsente die bes moontlike tegnieke toepas om sodoende maksimum opbrengste te behaal. Om hierdie rede word canola-inligtingsdae jaarliks aangebied deur die PNS. Gedurende 2016 is die derde jaarlikse canola-opleidingsdag vir Landboukundiges en adviseurs van die Landbou-chemiese bedryf aangebied. Tydens hierdie dag is lesings aangebied oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe maar spesiale aandag is gegee aan die beheer van siektes soos Sclerotinia. Hierdie inligting het beslis bygedra tot die suksesvolle beheer van hierdie siekte gedurende 2016 en algemeen meer optimale toepassing van produksietegnieke wat veroorsaak het dat opbrengste van meer as 2 ton per hektaar deur verskeie produsente behaal is.

6.8   Evaluasie van verkorte canolaproduksie periodes en die gebruik van alternatiewe gewasse op die volhoubaarheid van wintergraanproduksie onder bewaringslandbou praktyke op die Riversdal vlaktes

JA Strauss
Departement van Landbou: Wes-Kaap

2016 was die 5de jaar van die volgehoue kontantgewas produksie stelsel navorsing by die Riversdal proefperseel. Ses kontantgewas stelsels word getoets en sluit ook verkorte canola rotasie stelsels en dekgewasse in. Die proef beslaan 60 persele. Al ses hierdie stelsels word 3 keer herhaal en al die gewasse van elke stelsel is elke jaar teenwoordig.

Net meer as 200mm reën is gedurende die somer en herfs op Riversdal gemeet met die gevolg dat daar aan die einde van April in genoegsame vog geplant kon word. Ongelukkig was daar 'n probleem met die reëndata wat van die LNR se weerstasies ontvang word en kon daar nie 'n akkurate seisoensverspreiding bepaal word nie. Die gevoel was dat daar effens minder as die normale hoeveelheid geval het in die tydperk April tot September. Die Departement van Landbou Wes-Kaap het intussen ons eie weerstasies op die perseel ingerig.

Die canolacultivar Hyola 555 is op Riversdal geplant teen 3.9kg/ha. Die totale hoeveelheid stikstof wat toegedien is, was 45kg N/ha (24kg N/ha met plant en 'n 21kg N/ha topbemesting). Canolapersele wat na die peuldekgewas geplant is het nie die topbemesting ontvang nie. Die gemiddelde canola-opbrengs op Riversdal was 2 275kg/ha en die olie inhoud was deurgaans bo 43%. Die opbrengste het gewissel tussen 1 324kg/ha en 2 833kg/ha. Die 2016 gemiddelde opbrengs was 855kg/ha meer as in 2015 (1 420kg/ha) en 845kg/ha meer as in 2014 (1 430kg/ha). Canola wat na die peuldekgewas geplant word het sedert 2013 elke jaar die canola in die ander stelsels geklop, selfs daar waar die ander stelsels ekstra bobemesting gekry het.

6.9   Ondersoek na die potensiaal van inheemse nematodes vir die beheer van slakke in canola

A Pieterse, JL Ross en AP Malan
Universiteit Stellenbosch

Europese slakke (naak- en dopslakke) het 'n belangrike pes geword in Suid-Afrika en veroorsaak veral skade in canola lande in die winter maande. Die plaaslike produksie van canola is 'n belangrike doelwit vir die Proteïennavorsingstigting, aangesien dit die mees suksesvolle metode is vir grootskaalse produksie van proteïen vir dierevoeding in die Wes-Kaap. Dit is dus noodsaaklik dat hierdie gewas beskerm word. Slakke word tans hoofsaaklik beheer deur die gebruik van slakpille. Soos met enige beheermiddel is daar egter nadele aan verbonde, soos dat dit soms in te groot hoeveelhede aangewend word en in die omgewing beland, of die slakke ontwikkel 'n weerstand teen die chemikalieë. Dit is ook soms giftig vir ander diere waarvoor die slakpille nie bedoel is nie. Dit is daarom belangrik dat 'n biologiese beheermiddel gevind word. Die gebruik van nematodes wat slakke parasiteer is 'n moontlike omgewingsvriendelike alternatief.

Volgens navorsing is daar tans agt nematode families wat assosieer met slakke, naamlik Agfidae, Alaninematidae, Alloionematidae, Angiostomatidae, Cosmocercidae, Diplogastridae, Mermithidae en Rhabditidae. Tot op hede is Phasmarhabditis hermaphrodita die enigste nematode wat in Europa suksesvol ontwikkel is as 'n biologiese beheer agent van slakke. Die nematode was kommersieel vrygestel in 1994 deur MicroBio Ltd, Littlehampton, UK (Becker Underwood, nou BASF) met die handelsnaam Nemaslug® en word tans verkoop in vyftien verskillende Europese lande. Volgens huidige wetgewing kan Nemaslug® nie verkoop of gebruik word in Suid-Afrika nie. 'n Opname was daarom gedoen van slak-nematodes in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika met die doel om 'n plaaslike nematode te vind wat dodelik is vir indringer slakke.

Altesaam 1944 slakke was versamel van 12 verskillende studie areas. Nadat die slakke identifiseer is, is hul lewendig dissekteer en ondersoek vir inwendige nematodes. Nematodes was dan geïdentifiseer deur gebruik te maak van morfologiese en molekulêre tegnieke (18S rRNA). Nematodes was gevind by sewe van die 12 studie areas en 8% van die slakke wat versamel was, was geïnfekteer deur nematodes. Ses nematode spesies was gevind, naamlik Angiostoma margaretae, Angiostoma sp. SA1, Caenorhabditis elegans, 'n mermitid sp. SA1, Phasmarhabditis sp. SA3 en Phasmarhabditis papillosa (voorheen na verwys as Phasmarhabditis sp. SA4). Van die ses spesies wat gevind is, was vier voorheen onbeskryfde spesies. Die ontdekking van onbeskryfde Phasmarhabditis spesies toon die belangrikheid daarvan om nog opnames te doen van slak-parasitiese nematodes in Suid-Afrika.

Die vermoë van die nematodes om voort te plant op ontbindende organiese materiaal was getoets in die laboratorium. Die gevolgtrekking was dat slegs P. papillosa gemaklik sy lewenssiklus kon voltooi in sulke omstandighede. Phasmarhabditis papillosa was toe volledig beskryf en word onderskei van ander nematodes deur die kenmerkende vorm en lengte van die wyfie se stert asook die aanwesigheid van mannetjies. Filogenetiese analise het getoon dat P. papillosa geplaas word in 'n monofilitiese klade met Phasmarhabditis sp. SA2 (ook gevind in Suid-Afrika), P. papillosa (VSA stam) en die slak-parasitiese nematode Angiostoma dentiferum.

Phasmarhabditis papillosa was toe gekweek met een spesifieke bakteriese spesie. Vyf bakteriese spesies was versamel van die ingewandes van slak gashere, geïdentifiseer deur gebruik te maak van 16S rRNA geenvolgordes en hul patogenisiteit getoets deur dit direk in die slakke in te spuit en die sterftes te monitor. Kluyvera sp. het die hoogste sterftesyfer veroorsaak in slakke en was gekies as die bakteria om P. papillosa mee te kweek. Kulture met P. papillosa en Kluyvera sp. was verbeter deur die groei van die nematodes te toets by temperature wat wissel tussen 15°C en 25°C, met die gevolgtrekking dat 15°C die optimale temperatuur is.

Die resultate van hierdie projek is aangebied by nasionale en internasionale byeenkomste. Die plaaslike Geïntegreerde Plaagbestuur vergaderings wat gehou word by Universiteit Stellenbosch dien as 'n skakel tussen navorsing en die nywerheidsektor en was al voorheen 'n suksesvolle metode om kennis oor te dra aan die eindgebruiker. Die projek was ook aangebied by Universiteit Stellenbosch se jaarlikse Navorsingsdag, waar die student wat deur die PNS befonds is, 'n toekenning ontvang het vir beste aanbieding. Die student het ook 'n toekenning ontvang vir beste aanbieding by die 21ste simposium van die Nematologiese Vereniging van Suidelike Afrika wat gehou is in Durban in Mei 2017. Die student het 'n opsomming van haar M.Sc projek by die simposium aangebied wat aansienlike belangstelling gelok het van beide navorsers en die industrie. Die student, wat befonds was deur die PNS, het in 2016 gegradueer met cum laude, en het intussen befondsing verkry van die WNNR om die projek voort te sit as 'n PhD studie.

Die resultate van hierdie projek is gepubliseer in eweknie-hersiene joernale. Drie artikels is reeds aanvaar, met 'n vierde een in oorweging. Twee populêre artikels is ook gepubliseer, een in die Suid-Afrikaanse Vrugte Joernaal en 'n ander in die 'Scottish Farmer'.

Met die identifikasie van 'n plaaslike nematode en gekweek is met 'n hoogs patogeniese bakterie spesie, behels die volgende fase die optimalisering van produksie sisteme en die ontwikkeling van 'n geskikte formulasie metode. Verdere patogeniteitstoetse is ook noodsaaklik om vas te stel watter slakke is vatbaar asook wat die impak sal wees op nie-geteikende spesies. Die finale fase van die projek is om 'n in-diepte besigheidsplan vir die produk te ontwikkel, sodat aansoek gedoen kan word vir toekomstige regeringsbefondsing, asook om toekomstige beleggers te lok wat kan help met die finale grootskaal kommersialisering fase, gevolg deur die finalisering van die projek.

6.10   Die ontwikkeling en evaluasie van proteïen- en fosfaat voerbestanddele vanuit vis-prosesserings byprodukte

N Goosen
Universiteit Stellenbosch

Die navorsing in hierdie projek het beoog om tegnologie te onwikkel wat in staat is om lae-waarde byprodukte vanuit die vis prosesseringsbedryf te omskep in hoër-waarde en hoë kwaliteit proteïen- en fosfaat dierevoerbestanddele en om dan hierdie bestanddele se prestasie te evalueer in voedingsproewe. Optimale benutting van beperkte mariene hulpbronne is van wêreldwye belang en 'n land soos Suid-Afrika wat oor ryk visbronne beskik, kan baat vind by verdere ontsluiting van die ekonomiese potensiaal van haar natuurlike visbronne.

Deur die verloop van die navorsingsprojek is tegnieke suksesvol ontwikkel en optimeer om gehidroliseerde proteïene en beenminerale te herwin vanuit byprodukte wat tipies in die Suid-Afrikaanse vis prosesseringsbedryf voorkom. Hierdie gehidroliseerde proteïene en beenminerale is toe getoets as bronne van proteïen en fosfate onderskeidelik, deur van die skerptandbaber (Clarias gariepinus) as modelspesie gebruik te maak. Tans is alle eksperimentele werk vir die hele projek voltooi en laboratorium- en statistiese analise word uitgevoer om die biobeskikbaarheid van die nuwe voerbestanddele vas te stel, sowel as hul vermoë om goeie produksie prestasie en gesondheid van die eksperimentele diere te verseker.

Die resultate wat verkry is tydens die studie is besonder bemoedigend. Bo en behalwe die aanvanklike doelstellings, het die navorsing ook daarin geslaag om 'n hoë-waarde fosfaatmineraal te verkry wat soms gebruik word in mediese toepassings en daar is begin met ondersoeke om ook gelatien vanuit die visbene te herwin. Daar word tans gesprekke gevoer met 'n moontlike industrievennoot om 'n loodsaanleg te ontwerp en om markstudies op die gehidroliseerde proteïene en fosfate te voltooi. Verder is die kwaliteit en nut van die navorsing bevestig deur die aanvaarding van twee konferensie-aanbiedings: een by die Wêreld Akwakultuurvereniging Kongres in Kaapstad tydens Junie 2017, en 'n verdere aanbieding by die Europese Akwakultuur Kongres in Dubrovnik, Kroasië tydens Oktober 2017. By beide kongresse gaan die voedingsaspekte van die voerbestanddele aangebied word aan 'n internasionale gehoor en dit is waarskynlik dat beide aanbiedings as volwaardige wetenskaplike artikels gepubliseer sal word. Teen die einde van 2017 sou 3 nagraadse studente hul kwalifikasies verwerf het deur die navorsing wat hulle as deel van hierdie projek voltooi het.

6.11   Bestuurstrategieë vir sojaboonsiektes wat in Suid-Afrika in die grond oorgedra word

YT Tewoldemedhin en SC Lamprecht
LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming

Behandeling van saad is 'n baie belangrike deel van geïntegreerde bestuurstrategieë om veldgewasse te beskerm teen siektes wat in die grond oorgedra word. Opnames in die belangrikste sojaboonproduksiegebiede in 2010/11, 2011/12 en 2013/13 het daarop gedui dat baie belangrike patogene wat in die grond oorgedra word, teenwoordig is in sojabone in Suid-Afrika. Baie van die patogeenspesies soos Fusarium, Pythium en Rhizoctonia, beïnvloed die oorlewing van saailinge en die vestiging van sojaboongewasse. Beskerming van saailinge teen dié patogene is ondersoek in kweekhuisproewe wat in 2014/15 en 2015/16 gedoen is om behandeling van saad met swamdoders te evalueer en te bepaal hoe doeltreffend dit werk teen saailingverwelk en wortelvrot wat veroorsaak word deur die belangrikste patogene wat in die grond voorkom. Drie van die doeltreffendste behandelings is gekies vir evaluering in veldproewe. Die huidige navorsing het gevolglik die evaluering van Evergol (TR1), Celest XL+Apron XL (TR2), Maxim Quatro (TR3) en onbehandelde saad (TR4) op drie sojaboonkultivars, naamlik DM 6.8i.RR, PAN 1454R en SSS 5052 behels in onderskeie produksiegebiede. Bethlehem is gekies as koel gebied, Potchefstroom as matige gebied en Groblersdal as warm produksiegebied. Die buitelugproewe by Groblersdal en Potchefstroom is besproei en die proefneming by Bethlehem is aangeplant onder droëlandomstandighede. Grondmonsters is verkry by die onderskeie proewe om soortgelyke toetse as vir die kweekhuistoestande te doen, vir die evaluering van die behandeling van die drie kultivars. Oorlewing van die saailinge by Bethlehem was aansienlik hoër na behandeling met Evergol en Celest XL+ Apron XL, vergeleke met saad wat nie behandel is nie. Dieselfde tendens is waargeneem by Groblersdal en Potchefstroom, hoewel daar geen beduidende onderskeid was ten opsigte van die oorlewing van saailinge na die onderskeie behandelings by die persele nie. In grond wat verkry is by Bethlehem en wat nie gepasteuriseer is onder kweekhuisomstandighede nie, het al drie behandelings die oorlewing van saailinge aansienlik verbeter na behandeling met TR1 en TR2. Dit het gelei tot die hoogste oorlewingskoers. Vir Groblersdal-grond het TR1 en TR2 ook oorlewing aansienlik verbeter, maar vir grondmonsters wat verkry is in Potchefstroom was TR2 baie doeltreffender as TR1 en TR3 vir beter oorlewing. Hoewel die oorlewing van saailinge ses weke na aanplant die hoogste was by Bethlehem en Groblersdal vir DM 6.8iRR en PAN 1454R, was die opbrengste die hoogste by Bethlehem en Potchefstroom. Ongelukkig het swaar reënval en voëlskade by Groblersdal gelei tot baie lae opbrengste in die veldproef. Dit wil dus voorkom asof die oorlewing van saailinge nie altyd die grootste verband hou met opbrengste onder veldtoestande nie en dat ander faktore ook opbrengste beïnvloed. By Potchefstroom het die behandeling van saadkultivar DM 6.8iRR met Evergol (TR1) die opbrengs met 4.5% verbeter, terwyl behandeling met Celest XL + Apron XL (TR2) die opbrengs met 17.8% verbeter het. Die opbrengs van kultivar PAN 1454R na behandeling met TR1 het egter die graanopbrengs verbeter teen 34.5% en behandeling met TR2 teen 13.3%

Algehele verbetering in opbrengs vir die twee kultivars wat gekombineer is by Bethlehem, was 18.4% vir TR1 en 6.3% vir TR3, asook 16.6% vir TR1 en 16.0% vir TR2 by Potchefstroom, vergeleke met die beheergroep (saad wat nie behandel is nie – TR4). Hoewel die verhogings nie statisties beduidend is nie, is dit biologies beduidend. Dit toon die groot invloed wat saadbehandeling kan hê op opbrengs, maar ook dat elke soort behandeling verskillende kultivars anders beïnvloed. Oorlewing van SSS 5052-saailinge was aansienlik laer as die oorlewing van die ander twee kultivars by al die persele. Dit is ook interessant om te meld dat die opbrengs vir SSS 5052 by Potchefstroom aansienlik hoër was vir die onbehandelde beheergroep as die drie groepe wat met swamdoders behandel is. Dit bevestig die vermoede dat die kultivar ongelukkig dubbel behandel is, met die gevolglike swak prestasie van die saad op die persele. Behandeling van saad met Evergol (TR1) het die groei van saailinge onder kweekhuistoestande aansienlik belemmer by saailinge wat jonger as twee weke oud was. Ten spyte van die traer groei onder die jong saailinge het die behandeling van die saad egter gelei tot 'n aansienlik verbeterde oorlewing van die saailinge en opbrengs. Dit het ook voorgekom asof dit doeltreffender was vir die beheer van Fusarium-spesies, patogene wat sojaboonsaailinge beïnvloed, vergeleke met Celest XL + Apron XL. Pasteurisasie van die grond en behandeling van saad met TR1, TR2 en TR3 het die erns van saadlobtoestande en wortelvrot vir al drie kultivars aansienlik verbeter onder kweekhuistoestande. Behandelde saad wat aangeplant is om te bepaal wat die invloed is van behandeling op die voorkoms van fungi wat in die grond oorgedra word, het daarop gedui dat F. equiseti en P. longicolla steeds as twee van die agt potensiële patogene by onbehandelde saad geïsoleer kon word na behandeling met TR1. B. maydis, F. equiseti, F. temperatum, F. verticillioides, Phomopsis sp. en P. longicolla kon ook steeds geïsoleer word na behandeling met TR2 en F. equiseti en P. longicolla kon geïsoleer word na behandeling met TR3. Behandeling van die oppervlak het baie van die fungi wat in grond oorgedra word uitgeskakel, maar F. equiseti en P. longicolla kon steeds geïsoleer word nadat saadoppervlakke behandel is. Dit is ook belangrik om daarop te let dat fungi wat in die grond oorgedra word soos F. verticillioides en P. longicolla aansienlik meer geïsoleer is by saailinge wat in gepasteuriseerde grond geplant is as by saailinge wat in ongepasteuriseerde grond geplant is. Dit dui op die oordrag van die patogene van saad tot saailinge. Die kweekhuistoets wat gedoen is om die invloed van potensiële patogeenfungi wat geïsoleer is van saad en saailinge te bepaal nadat behandelde saad in veldgrondmonsters geplant is, dui daarop dat die fungi wat oorlewing beduidend verlaag, F. andiyazi, F. cerealis, F. oxysporum, P. longicolla en al die Pythium spp., insluit. Behandeling van saad met TR1 en TR2 het die oorlewing van saailinge aansienlik vergroot by grond wat geënt is met F. andiyazi. Hoewel behandeling van saad met TR3 ook oorlewing aansienlik verbeter het, was dit minder doeltreffend. Behandeling van saad met TR2 was ook minder doeltreffend vergeleke met TR1 en TR3 ten opsigte van oorlewing in grond wat geënt is met F. oxysporum. In geval van P. longicolla en al die Pythium spp., het al drie behandelings (TR1, TR2 en TR3) saailingverwelk doeltreffend beheer. Vir die huidige navorsing het geen van die Rhizoctonia-isolate wat verkry is gelei tot aansienlike verwelking nie. Saadbehandeling met swamdoders is 'n algemene praktyk vir die bestuur van patogene wat in grond, saad en saailinge oorgedra word. Die evaluering van saadbehandeling vir die beheer van siektes wat in die grond oorgedra word, onder kweekhuistoestande, help om enkele patogene te evalueer. Dit is belangrik om te bepaal hoe doeltreffend dit is teen sekere van die belangrikste patogene wat in grond voorkom. Die produkte is egter uiteindelik bedoel vir die bestuur van patogene wat in die grond voorkom onder veldtoestande en daarom is dit noodsaaklik om die behandeling van saad te evalueer tydens veldproewe. Dit is bekend dat daar 'n komplekse groep patogene is wat in grond voorkom en wat sojabone beïnvloed. Die komplekse samestelling verskil in die onderskeie produksiegebiede en dit word beïnvloed deur verskillende soorte grond en klimaatstoestande. Dié verslag maak dit ook duidelik dat daar interaksie is tussen saadbehandeling en kultivar. Dit kan dus voordeliger wees om sekere kultivars te behandel en ander nie. Sekere saadbehandelings is beter geskik vir sekere produksiegebiede as vir ander gebiede. Die uitdaging is om saadbehandeling wat doeltreffend is vir die vestiging en opbrengs van die meeste kultivars in die meeste produksiegebiede te bepaal vir droëlandlanderye en landerye onder besproeiing. In die 2017/18-seisoen gaan die drie saadbehandelings weer evalueer word vir die drie sojaboonkultivars in koel, matige en warm produksiegebiede, om te bevestig dat saadbehandeling moontlik die oorlewing van saailinge en die graanopbrengs van sojabone in Suid-Afrika kan verbeter.

6.12   Prestasie van 'n skyf- en tandoopmaker, grondkwaliteit, oesresbestuur en stikstoftoediening saam met die saad van canolaproduksie

PA Swanepoel, PJG le Roux en GA Agenbag
Universiteit Stellenbosch

Canola word in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika, onder Mediterreense klimaatstoestande, verbou. Alhoewel meeste boere bewaringsboerderypraktyke in die area volg, kan die opbou van oesreste van die vorige gewas problematies vir canolavestiging raak. Oesreste belemmer tandoopmaker-effektiwiteit. Daarom het boere skyfoopmakers begin oorweeg. Teoreties behoort skyfoopmakers deur oesreste te sny. Die doel van die studie is om vestiging van canola met 'n tand- en skyfoopmaker, deur oesreste op grond van hoë en lae kwaliteit, te evalueer. Proewe was op Langgewens Navorsingsplaas (33.2765 S 18.7048 E), waar bewaringsboerdery vir die laaste 20 jaar gevolg was, uitgevoer. Drie faktore was in 'n gesplete perseelontwerp evalueer, i.e. grondkwaliteit (hoog en laag as heelpersele), oopmaker (tand of skyf as gesplete persele) en oesrespeil (laag, medium en hoog, binne in gesplete persele gevestig), en in vier blokke herhaal. Grondkwaliteit was met die sg. 'Soil Management Assessment Framework' en Solvita grondgesondheidtoets evalueer. Na vestiging op 25 Mei 2016, was grond mikroreliëf gemeet. Grondversteuring, plantpopulasie digtheid, biomassaproduksie en opbrengs is bepaal. Die tandoopmaker het die grond meer (p<0.05) as die skyf versteur. Daar was 'n hoër (p<0.05) plantpopulasie digtheid wanneer canola met 'n tandoopmaker gevestig was vir op al drie oesrespeile, wat meer effektiewe vestiging aandui. Canola wat met die skyfoopmaker gevestig was, het egter goed gekompenseer na die einde van die groeiseisoen. Die verskil (P<0.05) in biomassaproduksie by 30 dae na vestiging tussen tand- en skyfoopmakers, was teen fisiologiese volwassenheid van die plant uitgeskakel en geen verskille (P>0.05) tussen behandelinge was sigbaar nie. Geen verskil (P>0.05) in opbrengs was tussen behandelinge waargeneem nie. Die proef behoort vir drie jaar herhaal te word voordat gevolgtrekkings gemaak word.

6.13   Geprojekteerde proteïenbehoeftes vir dierlike verbruik in Suid-Afrika

D Strydom¹, W de Jager¹ en E Briedenhann²
Universiteit van die Vrystaat¹ / Proteïennavorsingstigting²

Die groei in die binnelandse beskikbaarheid van oliekoek is 'n goeie aanduiding wat die PNS kan gebruik om te bepaal of sy doelwitte behaal word ten opsigte van steun vir die bedryf deur middel van navorsing, nuwe tegnologie en die oordrag van tegnologie. Die teikens wat in die toekoms behaal moet word sodat die PNS kan voortgaan om die aansienlike vooruitgang te behaal, vereis projeksies van die toekomstige vraag na oliekoek en wat vereis gaan word om selfvoorsiening te behaal, asook projeksies oor wanneer die teikens waarskynlik behaal gaan word. Die APR-model word saam met BFAP-data gebruik om dié projeksies te bereken.

Tabel 1
Historiese gebruik van oliekoek (Plaaslike en ingevoerde sojabone wat in Suid-Afrika verwerk is)
Jaar Plaaslike sojabone (ton) Totale oliekoek (ton) Plaaslik %
2008/2009 565 181 1 664 916 33.9
2009/2010 701 030 1 743 137
2010/2011 624 912 1 857 391 41.3
2011/2012 766 927 1 856 360 41.3
2012/2013 760 321 1 877 671 40.5
2013/2014 913 356 1 889 979 48.3
2014/2015 1 197 604 1 914 330 62.6
2015/2016 1 238 120 1 965 291 63.0
Tabel 2
Plaaslike produksie vergeleke met ingevoerde sojaboonkoek
Plaaslike sojaboonoliekoek Plaaslike sojabone Total sojaboonoliekoek Plaaslik
Van plaaslike sojabone Produksie (vereis) Vereistes
Jaar Ton %
2015 563 578 741 550 1 324 436 42.6
2020 1 216 000 1 600 000 1 537 927 79.1
2025 1 596 000 2 099 000 2 112 764 75.5

Volgens die model gaan voervereistes toeneem van 11 736 738 ton tot 14 624 422 ton in 2025 en 12 767 149 ton in 2020. Oliekoekvereistes gaan toeneem van 1 965 291 ton tot 2 074 931 in 2020 en 2 561 503 ton in 2025. Sojaboon-oliekoekvereistes gaan 1 537 927 ton wees teen 2020 en 2 112 764 ton teen 2025.

Die pluimveesektor speel 'n belangrike rol in oliekoek en veral die verbruik van sojaboon-oliekoek. Groei en volhoubaarheid in die pluimveebedryf sal 'n belangrike rol speel in oliekoekvereistes.

Indien Suid-Afrika self 79% van die oliekoekvereistes wil voorsien teen 2020, moet die land 1,6 miljoen ton sojabone produseer en om self 76% van die vereiste te produseer teen 2025, moet die land 2,1 miljoen ton sojabone produseer.

6.14   Inkomste- en kosteramings van sojabone en canola en enkele mededingende gewasse

SG Ferreira
Proteïennavorsingstigting en Agriconcept

Die navorsingsverslag van 2015/16 het 'n volledige uiteensetting gehad van die samestelling en funksionering van inkomste- en kosteramings. Mnr SG Ferreira van Agriconcep het egter aangedui dat hy nie meer in staat is om genoemde inkomste- en kosteramings te doen vanweë werkdrukte. Die PNS het hom tot Graan SA en BFAP gewend in 'n poging om ook duplisering uit te skakel maar steeds dieselfde formaat te handhaaf waaraan almal oor soveel jare reeds gewoond geraak het. Daar sal in die volgende navorsingsverslag in groter besonderhede gerapporteer word oor die nuwe benadering en sal enige veranderinge wat aangebring is uitgelig word.

Die PNS wil graag sy dank oordra aan Mnr Ferreira vir al die jare wat hy betrokke was om hierdie baie belangrike projek namens die PNS in stand te hou.

6.15   PNS webtuiste

M du Preez en Y Papadimitropoulos
Proteïennavorsingstigting en Tigme.com

Dit is met trots dat die PNS se nuwe webtuiste op 1 Desember 2016 lewendig gemaak is. Die uitleg is meer visueel en kleurvol met groot banier-foto's bo-aan elke bladsy wat nuwe publikasies en interessanthede op die webtuiste adverteer.

Webtuiste inhoud

Die Proteïennavorsingstigting se webtuiste bestaan in totaal uit 'n fenomenale 800+ bladsye waar maandelikse groei soos nuwe inligting bygevoeg word. Die totaal sluit uit dinamiese bladsye, soos byvoorbeeld die navorsingsdatabasis indeks ("Research Database") wat dinamies nog verdere bladsye programmaties saamstel wanneer 'n indeks-opskrif gevolg word.

Daar is ook gefokus om die afdeling met die fotogallery en videos – gepubliseer op YouTube – uit te brei.

Webtuiste struktuur

Met die ontwikkeling van PNS se nuwe webtuiste, is ook opgradeer na HTML5 in kombinasie met die bestaande HTML4. Die doel met hierdie kombinasie is omrede HTML5 nog nie 100% deur al die webblaaier en soek-enjins geïmplementeer word nie, hoewel dit toenemend met elke sagteware opgradering toegepas word.

Die skakelstruktuur is ook aangepas om vinniger toeganklik te wees. Meeste van die inligting op die webtuiste het baie diepte met vloeiende sub-afdelings. Voorheen is 'n bladsy met inligting gelaai met elke skakel wat gevolg word soos die besoeker dieper delf na inligting. Nou kan die besoeker indelf op die skakels en die bladsy-inligting word eers gelaai op die verlangde skakel.

Soek-enjin sigbaarheid

In April 2016 het Google hulle algoritme om meer voorkeur aan webtuistes te gee wat "mobile ready" of "mobile first" is geïmplementeer. Hierdie was een van die dryfvere om die Proteïennavorsingstigting se webtuiste op te gradeer en elke bladsy is getoets om mobiel-aanpasbaar te wees, tot selfs gekompliseerde data-tabelle.

'n Verdere belangrike vereiste van soek-enjins – hoewel nog nie offisieel in plek gestel nie – is dat enige webtuiste wat inligting vanaf die publiek inwin dit deur middel van aanlyn vorms, SSL-sertifikate moet installeer. Dit was voorheen slegs vereis van webtuistes wat aanlyn-verkope gedoen het.

Die maklikste plek om te sien of 'n sekuriteit-sertifikaat in plek is op 'n webtuiste, is om die protokol vooraan die webadres te vergelyk:

http:// Geen sekuriteitsertifikaat en enkripsie installeer
https:// SSL ("Secure Sockets Layer") sekuriteitsertifikaat met enkripsie is installeer

Aangesien PNS se webtuiste aanlyn aansoek- en subskripsie-vorms benut, is hierdie sekuriteitsertifikaat en enkripsie installeer op PNS se domein.

Met die implementering van Proteïennavorsingstigting se nuwe webtuiste, is SEO ("Search Engine Optimisation") ook meer per bladsy verfyn volgens die nuutste bekende soekenjin algoritmes. Dit sluit onder meer in beter omskrywende lêer-name vir foto's, diagramme en figure, programmatiese foto-beskrywings (nie sigbaar vir die algemene webtuiste besoeker nie) en ingeboude meta foto identifisering en omskrywings ("embedded meta data").

Statistieke van besoeke

Een van die maatstawwe om die gebruikerswaarde van die webtuiste te bepaal is die aantal besoekers asook tyd gespandeer op die webtuiste en aantal bladsye besoek. Onderstaande statistieke dui die getal besoekers per verslagjaar aan sedert die aanvang van die webtuiste.

Verslagjaar Unieke besoekers
Rou waardes *
Unieke besoekers
Google-waardes
Besoekers Bladsye Bladsye per besoek
2004 1 691
2005 3 285
2006 4 552
2007 5 404 3 041 10 838 2.79
2008 11 104 5 274 18 829 2.82
2009 10 194 6 610 27 341 3.18
2010 11 812 6 054 23 347 2.98
2011 12 357 5 511 24 258 3.29
2012 16 306 6 909 28 206 3.12
2013 54 739 8 767 34 284 2.97
2014 54 590 10 189 39 363 3.03
2015 35 653 12 519 45 078 3.60
2016 31 674 8 733 53 811 4.47

* Rou waardes dui op die totale interaksies soos gemeet deur die webbediener terwyl die Google waardes slegs die besoekers meet wat deur middel van 'n webblaaier koppel aan die webwerf. Besoekers wat aan die webwerf koppel word nie weer getel as hulle met dieselfde webblaaier koppel nie.