Navorsingsverslag 2000/2001
8.
Prestasietoekennings ter bevordering van die PNS se visie en missie
Benewens finansiële skenkings vir navorsing, tegnologie-oordrag en beurse maak die PNS ook voorsiening vir prestasie toekennings. Die prestasietoekennings behels 'n finansiële bedrag van R5 000 asook 'n sertifikaat en het betrekking op vir die volgende kategorieë:
- Beste doktorale proefskrif.
- Beste magisterverhandeling.
- Beste wetenskaplike artikel.
- 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydra gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder.
Die eerste twee kategorieë het ten doel om nagraadse studente aan te spoor om te fokus op hoë kwaliteit studie onderwerpe wat bevorderlik is vir die PNS se oogmerke terwyl die derde kategorie ten doel het om navorsers aan te spoor om navorsingsresultate wat behaal is te publiseer.
Die vierde kategorie het ten doel om erkenning te verleen aan persone wat uitsonderlike bydraes gelewer het binne die tegnologie-oordragings veld.
Gedurende die verslagjaar is twee M-verhandelings en drie wetenskaplike artikels voorgelê vir oorweging terwyl twee persone genomineer is vir 'n prestasietoekenning. Die volgende drie toekennings is gemaak:
Erlanda Upton
"Development and evaluation of polymer coated urea as a potential slow-release urea supplement for ruminants.", M.Sc-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.
Dr T Brand
"The true metabolisable energy content of canola oilcake meal and full-fat canola seed for ostriches.", Wetenskaplike artikel, Hoofdirektoraat Landbou, Wes-Kaap (Elsenburg).
Mnr L Killian
PNS kontrakteur in die Wes-Kaap – Toekenning vir sy uitstekende hantering van die omvangryke navorsingsprogramme met sojabone en lupiene asook die bevordering van die verbouing van hierdie twee gewasse in hierdie provinsie.
Al drie toekennings is by gepaste geleenthede oorhandig.