Navorsingsverslag 2000/2001

7.

 

Studiebeurse


Studiebeurse word gesien as 'n belangrike hulpmiddel ter nastrewing van die PNS se doelwitte. Deur beurse beskikbaar te stel vir nagraadse studie word verdienstelike kandidate die geleentheid gebied om 'n M- of D-graad te verwerf. Kwalifikasies van so 'n aard behoort kapasiteit te skep by diesulkes wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing in proteïenvoorsiening en/of proteïenbenutting ten opsigte van dierevoeding.

Gedurende die afgelope verslagjaar het die beurskomitee enkele aanpassings in die riglyne vir beurstoekennings aanbeveel wat deur Raad van Trustees aanvaar is en toegepas is met die keuring van die 2001 aansoekers. Van die aanpassings is dat dit bevestig is dat 'n M-graad voldoende opleiding is vir 'n persoon om hom as navorser te bekwaam en derhalwe sal 'n beurs vir 'n D-graad slegs toegeken word indien die studie onderwerp van besondere belang is vir die PNS. Die beursgeld vir 2001 is ook aangepas vanaf R14 000 per jaar tot R17 000 per jaar per kandidaat.

Die beurskomitee van die PNS het elf beursaansoeke vir die 2000 akademiese jaar ontvang waarvan ses aansoekers aan die kriteria voldoen het en aan wie beurse toegeken is.

Dit is die mikpunt van die PNS om 'n maksimum van agt beurse per jaar toe te ken waarvan minstens twee nuwe beurse moet wees. Van die ses beurse wat toegeken is vir die 2000 akademiese jaar, is 4 eerste aansoekers. Onderstaande aansoekers het beurse met 'n totale waarde van R84 000 ontvang:

M.Sc studies

  1. Mnr JH du Plessis (tweede aansoek): "Optimale verspreiding en verwerking van oliesade onder verskillende ekonomiese toestande in Suid-Afrika", Universiteit van die Vrystaat.
  2. Mnr J van E Nolte (tweede aansoek): "An evaluation of degradable protein and non-protein nitrogen on intake and digestion by Dohne Merino sheep fed wheat straw", Universiteit Stellenbosch.
  3. Mnr GDJ Scholtz (eerste aansoek): "Lusern graderingstelsel", Universiteit van die Vrystaat.
  4. Mnr JD Thornton (eerste aansoek): "Comparison of different RDP and UDP ratio's on intake and milk production efficiency in Saanen goats fed a complete diet", Universiteit Stellenbosch.

PhD studies

  1. Mnr S Tyiso (eerste aansoek): "Developmental and maturation – drying effects on the biochemistry (lipid, protein lipid hydroperoxides, antioxidants) of soybean seeds", Universiteit van KwaZulu-Natal.
  2. Mnr JR Sara (eerste aansoek): "The formulation of a nutritional feed for prawn mariculture in KZN", Universiteit van KwaZulu-Natal.

Die PNS is tevrede dat die beursontvangers aan die kriteria van verdienstelikheid voldoen het.