Navorsingsverslag 2005/2006
4.
Projekte gefinansier
Die Proteïennavorsingstigting het gedurende 2005, 29 navorsingsprojekte befonds (sien Bylae I). Dit is dieselfde aantal as die vorige jaar. Agt (8) van die 29 projekte was nuwe projekte terwyl 21 voortsettings van bestaande projekte was.
Vyf (5) projekte is gedurende die jaar afgehandel maar die finale verslae word eers in die eerste helfte van 2006 verwag.
Wat nuwe navorsingsprojekte betref, het die klem steeds op die bevordering van die plaaslike produksie van proteïen van plantaardige oorsprong geval, want al ses (6) nuwe projekte het met die doeltreffende produksie en benutting van canola, sojabone en fababone in Suid-Afrika te make.
Vir 2006 is 28 aansoeke ontvang waarvan 11 nuwe aansoeke is. Hierdie aansoeke sal in die volgende verslag aangespreek word.