Navorsingsverslag 2005/2006
8.
Studiebeurse
Studiebeurse word beskou as 'n belangrike hulpmiddel ter nastrewing van die PNS se doelwitte.
Deur studiebeurse beskikbaar te stel vir nagraadse studie word verdienstelike kandidate die geleentheid gebied om 'n M- of D-graad te verwerf. In die geval van 'n M-graad moet die voornemende kandidaat se onderwerp van studie versoenbaar wees met die PNS se visie, missie en doelwitte in die breë terwyl 'n beurs vir die D-graad slegs oorweeg sal word indien die studieonderwerp 'n hoë prioriteit vir die PNS is. Kwalifikasies van so 'n aard behoort kapasiteit te skep by afgestudeerdes wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing wat die produksie van proteïen vir diereverbruik sal bevorder, asook die optimale benutting daarvan deur diere.
Die PNS doen ook alles in sy vermoë om toe te sien dat die resultate van die tesisse en verhandelings, die potensiële gebruikers daarvan sal bereik. Dit word gedoen deur studente en promotors aan te moedig om te publiseer in die vorm van populêre en/of wetenskaplike artikels.
Daar word gepoog om 'n maksimum van agt beurse per jaar toe te ken waarvan minstens twee nuwe beurse moet wees. Die beurskomitee van die PNS het elf (11) beursaansoeke vir die 2005 akademiese jaar ontvang waarvan agt (8) goedgekeur is. Die beursbedrag is R25,000 per beurs per jaar. Beurse vir M-studie kan toegeken word oor 'n periode van twee (2) jaar terwyl dit drie (3) jaar is vir die doktorale studies.
Van die elf aansoeke was drie voortsettingsaansoeke en agt (8) nuwe aansoeke. Een van die voortsettingsaansoekers het egter nie voortgegaan met die aansoek nie omdat sy reeds haar verhandeling voltooi het. Die beurse wat toegeken is vir 2005, is soos volg:
M.Sc studie
- Me ER Malleson (tweede aansoek): "The effect of ruminal pH on protein degradation", Universiteit van Pretoria.
- Me Z Bester (tweede aansoek): "Evaluating a liquid rumen protected methionine source using different techniques", Universiteit van Pretoria.
- Mnr W Visagie (eerste aansoek): "Essential amino acid requirements of goats", Universiteit Stellenbosch.
- Mnr J Fourie (eerste aansoek): "Use of enzymes for vegetable protein sources in poultry", Universiteit Stellenbosch.
- Me M Kritzinger (eerste aansoek): "The effects of probiotics in gut health and protein utilization in poultry", Universiteit Stellenbosch
- Mnr ML Mushiloane (eerste aansoek): "Effect of dietary lysine to protein ratio on intake, digestibility, egg size and quality of naked neck", Universiteit van Limpopo.
- Mnr TD Mohlapo (eerste aansoek): "Effect of protease enzymes supplementation on productivity of indigenous and broiler chickens", Universiteit van Limpopo.
PhD studie
- Mnr DJ Hanekom (eerste aansoek): "Plantvoeding – Stikstofstudies op canola", Universiteit Stellenbosch.
Drie van die kandidate naamlik Mnre Mushiloane, Mohlapo en Hanekom aan wie beurse toegeken is, het dit nie opgeneem nie en is daar uiteindelik slegs vyf (5) beurse vir die 2005 akademiese jaar toegeken. Die PNS is tevrede dat die beursontvangers, sowel as die onderskeie studieonderwerpe aan die kriterium van verdienstelikheid voldoen.
Gedurende hierdie verslagjaar is die volgende tesisse / verhandelings van afgestudeerde beurshouers ontvang:
- Dr H Fourie
- "Identification and verification of soybean genotypes resistant to M.incognita race 2 (greenhouse, micro plot and field trials)".
- "Identification and validation of genetic markers associated with this resistance trait (breeding and biotechnology)" PhD, Catholic University of Leuren Belgium.
- Mnr D Backhouse: "Poultry nutrition (specifically broiler breeder nutrition and lighting)", M.Sc studie, Universiteit van KwaZulu-Natal;
- Me N Smith: "Gebruik van canola en lupiene in dieëte vir braaikuikens, volstruise en varke", M.Sc studie, Universiteit Stellenbosch.