Navorsingsverslag 2009/2010
8.
Prestasietoekennings ter bevordering van die PNS se visie en missie
Benewens finansiële skenkings vir navorsing, tegnologie-oordrag en beurse maak die PNS ook voorsiening vir vyf (5) kategorieë van prestasietoekennings. Die prestasietoekennings het betrekking op die volgende kategorieë:
- Beste doktorale proefskrif;
- Beste magister verhandeling;
- Beste wetenskaplike artikel;
- 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie en missie te bevorder; en
- 'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle rol gespeel het ter bevordering van die PNS se aktiwiteite.
Die wenners van die eerste vier kategorieë ontvang tans 'n bedrag van R6 000 plus 'n sertifikaat terwyl die wenner in die vyfde kategorie 'n sertifikaat en 'n toepaslike geskenk ontvang.
Die eerste twee kategorieë het ten doel om nagraadse studente aan te moedig om te fokus op hoë kwaliteit studie onderwerpe wat bevorderlik is vir die PNS se oogmerke terwyl die derde kategorie ten doel het om navorsers aan te spoor om navorsingsresultate wat behaal is te publiseer. Die vierde kategorie het ten doel om erkenning te verleen aan persone wat uitsonderlike bydraes gelewer het om die doelwitte van die PNS te bevorder met die fokus op tegnologie-oordrag. Met die vyfde kategorie word beoog om erkenning te gee aan Raadslede wat oor 'n lang periode 'n betekenisvolle rol in die PNS se aktiwiteite gespeel het.
Geen nominasies is ten opsigte van doktorale proefskrifte ontvang nie. Die volgende toekennings is wel aan verdienstelike kandidate gemaak:
Beste magister verhandeling
Me E Heyneke, "Interaction between SO2 fumigation and drought stress on growth, photosynthesis and symbiotic nitrogen fixation in soybean, studied in an open top chamber facility", Noordwes-UniversiteitBeste artikel in 'n wetenskaplike tydskrif
Dr PDR van Heerden, "Regulation of respiration and the oxygen diffusion barrier in soybean protect symbiotic nitrogen fixation from chilling-induced inhibition and shoots from premature senescence", Newcastle Universiteit'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se doelwitte te bevorder
Mnr F Joubert, Produsent in die Riversdal omgewing'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die PNS se aktiwiteite
Mnr GJH Scholtemeijer
Al die toekennings is reeds by gepaste geleenthede aan die ontvangers oorhandig.