Navorsingsverslag 2009/2010
7.
Studiebeurse
Die PNS stel aan verdienstelike kandidate studiebeurse vir die verwerwing van 'n M-graad of D-graad beskikbaar. In die geval van 'n M-graad moet die voornemende kandidaat se studie-onderwerp versoenbaar wees met die PNS se visie, missie en doelwitte in die breë, terwyl 'n beurs vir die D-graad slegs oorweeg sal word indien die studie onderwerp 'n hoë prioriteit vir die PNS is. Met ander woorde, as so 'n studie onderwerp as 'n projek vir goedkeuring voorgelê word, moet dit aan al die kriteria voldoen en volgens die oordeel van die Tegnologiekomitee van hoë prioriteit wees.
Die PNS beskou studiebeurse ook as 'n belangrike hulpmiddel ter nastrewing van sy doelwitte. Dit behoort kapasiteit by afgestudeerdes te skep wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing. Hier word veral beoog navorsing wat die produksie van proteïen vir diereverbruik sal bevorder asook die optimale benutting daarvan deur diere.
Studente word ook aangemoedig om in samewerking met hul studieleiers die navorsingsresultate verder bekend te stel deur middel van die publikasie van wetenskaplike artikels en populêre artikels in erkende joernale of tydskrifte na voltooiing van hul studies. Verder word die bestuursopsommings van die tesisse en verhandelinge op die PNS se Webblad geplaas.
Dit is die PNS se mikpunt om 'n maksimum van agt beurse per jaar toe te ken waarvan minstens twee nuwe beurse moet wees.
Beurse vir die M-studie kan toegeken word oor 'n periode van twee studiejare, terwyl dit oor drie jaar kan strek vir die doktorale studie. Die beurskomitee van die PNS het veertien (14) beursaansoeke vir die 2009 akademiese jaar ontvang waarvan sewe (7) goedgekeur is. Van die sewe (7) wat goedgekeur is was vier (4) nuwe aansoeke. Die beursgeld beloop R35 000 per jaar. Beurse wat toegeken is vir die 2009 akademiese jaar is soos volg:
M.Sc-studie
- Mnr TL Khetani (tweede aansoek): "An evaluation of the effects of feed restriction on protein intake and its consequences on egg composition and incubation success in broiler breeder hens", Universiteit van KwaZulu-Natal.
- Me PT Mabulwana (tweede aansoek): "Determination of drought stress tolerance among soybean varieties by morphological and physiological characteristics", Universiteit van Limpopo
- Mnr SB Ruck (eerste aansoek): "The effect of protein in the diet of broiler breeders on egg fertility and hatchability", Universiteit van KwaZulu-Natal.
- Me J Patel (eerste aansoek): "Broiler breeder nutrition", Universiteit van KwaZulu-Natal.
- Mnr TR Olivier (eerste aansoek): "Monogastric nutrition", Universiteit Stellenbosch.
- Mnr EJ van der Westhuizen (eerste aansoek): "Animal (Meat) Science", Universiteit Stellenbosch.
PhD-studie
- Me BK Theeruth (tweede aansoek): "Evaluating an optimisation routine for the profitable feeding of growing pigs", Universiteit van KwaZulu-Natal.
Voltooide tesisse en verhandelinge ontvang
Gedurende hierdie verslagjaar is die volgende tesisse en verhandelinge van afgestudeerde beurshouers ontvang:
- Mnr W Visagie, "Essential amino acid requirements of goats", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
- Me M Kritzinger, "The effects of probiotics in gut health and protein utilisation in poultry", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
- Me MR Modiba, "Use of fermentation technologies to develop Jatropha curcas seed meal into animal stock feed", M.Sc Animal nutrition, Universiteit van Limpopo.
- Me BK Theeruth, "Selecting a suitable mathematical function to describe the time course of anorexia during pathogen challenge", M.Sc, Universiteit van KwaZulu-Natal.
- Mnr DB Strydom, "The economic impact of maize-based ethanol production on African Animal feed industry", M.Sc, Universiteit van die Vrystaat.