REPORTS ARCHIVES RESEARCH REPORTS 2014/2015 2014 PROJEKTE GEFINANSIER
Navorsingsverslag 2014/2015
5.
Projekte gefinansier
Die Proteïennavorsingstigting het gedurende 2014/2015 15 navorsingsprojekte befonds (sien Bylae I). Dit is vier (4) minder as die vorige jaar. Vier (4) van die 15 projekte was nuwe projekte terwyl 11 voortsettings van bestaande projekte was. Die totale aantal aansoeke vir finansiering was 35 waarvan tien (10) afgekeur is.
Nege (9) projekte (sien Bylae II) is gedurende die jaar afgehandel maar die finale verslae word eers in die eerste helfte van 2015 verwag.
Vir 2015/2016 is 20 aansoeke ontvang waarvan ses (6) nuwe aansoeke is. Hierdie aansoeke sal in die volgende navorsingsverslag verder toegelig word.