Navorsingsverslag 2014/2015

8.

 

Studiebeurse


Die PNS beursskema is in 1994 goedgekeur en die eerste beurs vir nagraadse studie is toegeken vir die 1995 akademiese jaar. Daar kan met trots teruggekyk word oor 'n periode van 20 jaar waartydens 'n totaal van 68 beurse vir M- en D-studies toegeken is aan verdienstelike kandidate. Die beursskema het ten doel om verdienstelike kandidate op te lei om nadat hul afgestudeer het en hul in staat te stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing. Hier word veral beoog navorsing wat die produksie van proteїen vir diereverbruik sal bevorder asook die optimale benutting daarvan deur diere.

Die beursskema kan tot dusver as baie suksesvol beskryf word as in ag geneem word dat oor die hele periode slegs 2 studente nie hul studies voltooi het nie en hul beursgelde terugbetaal het. Dit dui ook daarop dat die keuringsproses van kandidate deur die PNS toegepas, baie effektief was. Tans onderneem die PNS ook 'n ondersoek om te bepaal in watter werksituasie afgestudeerdes hulle bevind.

Studente word ook aangemoedig om in samewerking met hul studieleiers die navorsingsresultate bekend te stel deur middel van publikasies in wetenskaplike joernale en/of populêre tydskrifte. Bestuursopsommings van tesisse en verhandelinge word ook op die PNS webtuiste se databasis geplaas.

Beurse vir die M-studie kan toegeken word vir 'n periode van twee studiejare terwyl dit toegeken kan word vir drie jaar vir die doktorale studie.

Beurse wat vir hierdie jaar toegeken is deur die Beursekomitee wat 'n sub-komitee van die Bemarkingskomitee is, is soos volg:

M.Sc studies

  1. Mnr LL Eksteen (tweede aansoek): "Die gebruik van groeireguleerders in canola", Universiteit Stellenbosch.
  2. Mnr H Schuurman (tweede aansoek): "Dierevoeding", Universiteit Stellenbosch.
  3. Me TC Maluleke (tweede aansoek): "Plant Cystatins and insect resistance: Inhibition of insect midgut cysteine proteases by plant cystatins and their role in plant insect resistance", Universiteit van Pretoria.
  4. Me GC Buitendach (tweede aansoek): "Animal nutrition", Universiteit van die Vrystaat.

PhD studies

  1. Me M du Plessis (tweede aansoek): "Molecular markers for drought tolerance in soybean", Universiteit van Pretoria.

Voltooide verhandelings ontvang

Gedurende die verslagjaar is die volgende verhandelinge van beurshouers ontvang wat hul studies suksesvol voltooi het.

  1. Mnr PD Carstens: "Studies to develop a mathematical optimisation model to describe the effect of nutrition on the growth of ostriches (Struthio camelus var. domesticus)", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
  2. Me MP Genis: "The effect of dietary energy content and the provision of a Beta-adrenergic agonist in the diet on the production and meat quality of South Africa mutton merino feedlot lambs", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
  3. Me L van Emmenes: "Evaluation of phytase enzymes on performance, bone mineralisation, carcass characteristics and small intestinal morphology of boilers fed maize soya bean diets", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
  4. Mnr R Steyn: "When does a market qualify as a niche market: A canola case study", M.Sc, Universiteit van die Vrystaat.
  5. Me GA Tesselaar: "Development of a mathematical optimization model for breeding ostriches: Identification of possible factors affecting feed intake and production", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.
  6. Mnr LL Eksteen: "Reducing height and lodging in canola (Brassica napus L.) using plant growth regulators", M.Sc, Universiteit Stellenbosch.