Navorsingsverslag 2006/2007

4.

 

Projekte gefinansier


Die Proteïennavorsingstigting het gedurende 2006, 25 navorsingsprojekte befonds (sien bylae 1). Dit is vier minder as die vorige jaar. Agt van die 25 projekte was nuwe projekte terwyl 17 voortsettings van bestaande projekte was. Dit totale aantal aansoeke vir finansiering was 36 waarvan 11 nie goedgekeur is nie. Die belangrikste rede waarom hierdie aansoeke nie goedgekeur is nie is omdat die beoogde navorsing, volgens die oorwoë mening van die PNS, nie 'n betekenisvolle impak op Suid-Afrika se toekomstige proteïenvoorsiening en die doeltreffende benutting daarvan sou maak nie.

Ses projekte is gedurende die jaar afgehandel maar die finale verslae word eers in die eerste helfte van 2007 verwag.

Wat nuwe navorsingsprojekte betref, het die klem steeds op die bevordering van die plaaslike produksie van proteïen van plantaardige oorsprong geval, want al agt nuwe projekte het met meer doeltreffende produksie en benutting van sojabone, lupiene en canola in Suid-Afrika te make.

Vir 2007 is 34 aansoeke ontvang, waarvan 14 nuwe aansoeke is. Hierdie aansoeke sal in die volgende navorsingsaverslag verder toegelig word.