Navorsingsverslag 2006/2007

10.

 

Slot


Die PNS se aktiwiteite sentreer grootliks om mense – navorsers, beleidmakers, betrokkenes en belangstellendes veral die werkgroepe, kontrak­teurs, personeel en trustees. As daar by enige van hierdie groeperings van mense iets skeef loop dan affekteer dit die gladde funksionering van die PNS in sy strewe om te voldoen aan sy visie en missie.

Die PNS wil sy opregte dank uitspreek teenoor elke individu wat die afgelope jaar 'n bydrae gemaak het, hoe groot of hoe klein ookal, tot die sukses van die PNS aksies die afgelope jaar. Hierdie aksies strek tot voordeel van die mense van Suid-Afrika en die land as geheel. Daardie groeperinge wat haakplekke ervaar, het 'n negatiewe impak op die PNS aksies, en indirek impakteer dit negatief op Suid-Afrika en sy mense. Ons vertrou dat sodanige groeperinge in staat gestel sal word om in die komende jare 'n meer positiewe bydrae te maak.

Die PNS sien daarna uit om met alle betrokke partye in die volgende jaar hartlik saam te werk.

GJH Scholtemeijer

VOORSITTER