Navorsingsverslag 2006/2007

8.

 

Studiebeurse


Die beurskomitee van die PNS het twaalf beursaansoeke vir die 2006 akademiese jaar ontvang waarvan sewe aansoekers aan die kriteria voldoen het en aan wie beurse toegeken is. Met hierdie studiebeurse word dit beoog om verdienstelike kandidate die geleentheid te bied om 'n M- of D-graad te verwerf wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing in proteïen voorsiening en/of proteïen benutting ten opsigte van dierevoeding.

In die geval van die M-graad moet die voornemende kandidaat se studieonderwerp verband hou met die PNS se visie, missie en doelwitte. 'n Kan­didaat wat reeds oor 'n M-graad beskik en aansoek doen vir 'n beurs om 'n D-graad te behaal se opleiding word as voldoende beskou om hoë ge­halte navorsing te onderneem. 'n Beurs vir die D-graad sal dus slegs oorweeg word indien die studieonderwerp 'n hoë prioriteit is vir die PNS.

Studente word ook aangemoedig om in samewerking met hul studieleiers die navorsingsresultate verder bekend te stel deur middel van die publi­kasie van wetenskaplike en/of populêre artikels in erkende joernale of tydskrifte na voltooiing van hul studies.

Dit is 'n mikpunt van die PNS om 'n maksimum van agt beurse per jaar toe te ken waarvan minstens twee, nuwe beurse moet wees. Van die sewe beurse wat toegeken is vir 2006 akademiese jaar, is vier nuwe aansoekers.

Onderstaande aansoekers het beurse ter waarde van R30 000 per beurs per jaar ontvang. Beurse vir die M-studie kan toegeken word vir 'n periode van twee jaar terwyl dit drie jaar is vir die doktorale studie.

M.Sc studie

  1. Mnr W Visagie (tweede aansoek): "Essential amino acid requirements of goats", Universiteit Stellenbosch.
  2. Mnr J Fourie (tweede aansoek): "Use of enzymes for vegetable protein sources in poultry", Universiteit Stellenbosch.
  3. Me M Kritzinger (tweede aansoek): "The effects of probiotics in gut health and protein utilization in poultry", Universiteit Stellenbosch.
  4. Me MR Modiba (eerste aansoek): "Animal nutrition: Use of fermentation technologies to develop Jathropa curcas seed meal into animal stockfeed", Universiteit van Limpopo.
  5. Mnr SF Magoda (eerste aansoek): "Poultry nutrition (alternative protein sources for laying hens)", Universiteit van KwaZulu-Natal
  6. Mnr H Nienaber (eerste aansoek): "The effect of minimal pH on protein degradability", Universiteit van Pretoria.
  7. Mnr D Mellet (eerste aansoek): "Unravelling of the relationship between changes in the synthesis, transport, partitioning and catabolism of ureides in response to dark chilling and its relationship to premature nodule senescence" (Plant stress physiology), Noordwes-Universiteit.