Navorsingsverslag 2007/2008
9.
Prestasietoekennings ter bevordering van die PNS se visie en missie
Benewens finansiële skenkings vir navorsing, tegnologie-oordrag en beurse maak die PNS ook voorsiening vir vyf (5) kategorieë van prestasietoekennings. Die prestasietoekennings het betrekking op die volgende kategoerieë:
- Beste doktorale proefskrif;
- Beste magister verhandeling;
- Beste wetenskaplike artikel;
- 'n Persoon wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se visie- en missie te bevorder.
- 'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle rol gespeel het in die PNS se werksaamhede.
Die wenners van die eerste vier kategorieë ontvang tans 'n bedrag van R5 000 plus 'n sertifikaat terwyl die vyfde kategorie wenner 'n sertifikaat en toepaslike geskenk ontvang.
Die eerste twee kategorieë het ten doel om nagraadse studente aan te moedig om te fokus op hoë kwaliteit studie onderwerpe wat bevorderlik is vir die PNS se oogmerke terwyl die derde kategorie ten doel het om navorsers aan te spoor om navorsingsresultate wat behaal is te publiseer. Die vierde kategorie het ten doel om erkenning te verleen aan persone wat uitsonderlike bydraes gelewer het om die doelwitte van die PNS te bevorder met die klem op tegnologie oordrag. Met die vyfde kategorie word beoog om erkenning te gee aan Raadslede wat oor 'n lang periode 'n betekenisvolle rol in die PNS se aktiwiteite gespeel het.
Die volgende toekennings is wel aan verdienstelike kandidate gemaak:
Beste wetenskaplike artikel
Mnr R Strauss, "Ranking of dark chilling tolerance in soybean genotypes probed by Chlorophyll a fluorescence transient O-J-I-P".'n Indiwidu wat 'n uitsonderlike bydrae gemaak het om die PNS se doelwitte te bevorder:
Mnr PJA Lombard, Departement van Landbou: Wes-Kaap'n Raadslid wat oor tyd 'n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die PNS se aktiwiteite:
Mnr SJ Malherbe
Ten opsigte van Doktorale proefskrifte en Magistersverhandelinge is geen nominasies gemaak nie.
Twee van die toekennings is reeds by gepaste geleenthede aan die wenners oorhandig.